Blog

(Witblitz + 4×4) x Parma = GROOT KAK

Deesdae fassineer klein goedjies my meer en meer in die lewe. ‘n Voorbeeld hiervan is die manier hoe ‘n rustige, onskuldige snoekbraai kan ontaard in totale chaos en onmenslike anargie.

Sit gou jou koppie koffie neer en verbeel jou die volgende: Woensdagaand en die kole is stadig maar seker besig om hulle gat te sien in die koue aand luggie. Die brannas, wyn, bier & snoek is iets van die verlede en hier sit ons soos ‘n politieke party sonder planne. Jou gat jeuk om iets te doen, maar om nou ‘n kuierplek in te voeter gaan net te veel admin wees.

“Kom ons gaan jag ystervarke boys!!”

Bliksem dit is mos nou nie ‘n slegte idee nie. Almal vlieg die hekkie uit en is op Parma se 4×4. Die wetter en Marli is voor terwyl ek, Soutie (Neill) en Nicholl stupid genoeg is om die koue agter op die bakkie aan te pak. Gewapen met ‘n halwe ton droppers (geteerde heiding pale) is ons reg om ystervark sy ewigheid in stuur. Ons moet die bleddie goed nou net kry.

Dit is net modder, beeskak en skreeuende bande en ons is oppad om chaos te gaan soek. 200m later stop Parma en sit die 4×4 caps van die 3.0 Isuzu aan. O f*k mag ons nou net genade kry want die knaap gaan nou vere vir ons voel!! Terug in die bakkie druk die knaap so 2L bottel coke deur die middel venstertjie: “Boys ietsie vir die koue. Geniet!”

‘n Dop kan mos nou net die ding vir ons wees. Soos Soutie daai eerste sluk vat kan ek sien dat hy so net duskant die dood omdraai. Parma, die bliksem, het die goed gemix met ‘n halwe bottel Witblitz.

Nog voor ons kan hanna en kla dat die goed ons gaan vrekmaak trek die aap daar weg dat dit voel of my siel my liggaam verlaat. Dit is nou presies wat gebeur as ‘n knaap te veel Rally games op PS2 speel.

“Julle manne moet teen daai veld skyn met daai torch want ek dink daai bliksems loop daar”, gil die ding van voor af. Fok sjomma, ek is tans besig om te klou vir my lewe en voel eintlik ‘n vere wat in daai veld loop. Weereens kom die bakkie tot stilstand. Links van ons is ‘n moerse sandput waar hulle al hulle sand vandaan kry. “Kom ons kyk gou hoe trek hierdie knaap se 4×4”. En voor ons kan poep of skinder f*k daai knaap daar in met daai bakkie. Na die eerste rondte toe dog ek die lewendige hel het ons nou kom haal want die hemel kan nie soveel vrees in ‘n mens invoeter nie.

10min later en daai 2L Witblitz premix is amper klaar. Nou kuier ons maar vir die dood want Parma is op ‘n oorlogspad en ons dom wetters is saam met hom. Marli moet ook maar net vasklou en sorg dat Parma se skaaphond nie uitvoeter by ‘n venster nie. Deur die sandput en teen een van die velde uit en nou word daar gekyk hoe hard daai bakkie kan hol op ‘n plek waar daar nie eers 2% kans van ‘n pad is nie.

“My ma ry beter as dit jou sleg moer!” gil die suipende Soutie hier links van my. Is jy nou heel kêns jou mal ding??? En soos die woorde Parma tref skiet ons die wal af en nou weet ek die dood gaan ons kom haal. Mis ‘n moerse bees in die donker en ek reken daai ding het sy melk weggeskrik toe ons flatout verby hom kom in die veld. Na ‘n paar wille draaie word daar gou gestop vir die nodige angs pee. “OK Marli dit is nou jou beurt. Vat jy ons terug huis toe” haak ou Parma af.

Nou bulle, ek smaak my girl baie, maar om in die pikdonker in ‘n veld te sit en te weet ons is kilometers van die naaste huis en dat as ons vanaand gaan vasval dit ‘n moerse job gaan wees om uit te kom, was ek maar lugtig oor hierdie idee.

Woeps waps en Marli en Parma ruil plekke. Dinge word woes beduie daar voor en alla Parma styl sleep ons skreeuende tyres daar weg.

VANAAND VREK ONS WRAGTIG!!!!!

Premix is nou al LANKAL klaar en ons suip sommer nou die ander helfte van die Witblitz skoon uit die bottel. Die enigste manier wat ons vannag ‘n Ystervark gaan dood kry is as ons hom perongeluk doodry, want geen mens op hierdie bakkie sal nou agter ‘n ding kan aanhol nie.

Parma verduidelik en Marli sleep net op bevele. Dinge word flatout gedoen en ons lewensduur word korter elke kilometer wat die bakkie nog op sy wiele is. Kontoere op en kontoere af en ons moet maar net klou. Na te veel angsaanvalle reken Parma hy sal nou maar oorvat en die spyker die kis inslaan en kyk hoe vinnig hy terug kan kom by die plaas. Na so +/- ‘n uur is ons terug op die plaas. Ons is gebroke en dit lyk of ons nou net vir die bleddie Filistyne weggejaag het.

Witblitz bly maar ‘n bliksem, maar Parma in ‘n 4×4 is menslik die grootste bliksem wat ek ken.

Plant daai pedal teen die vloer bulle!!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *