Blog

Vicky poep ‘n toeris bang

Die einde van die jaar is amper op ons, maar die naweke is nogsteeds volstoom vol avonture.

Was Vrydagaand by Chain Reaction se “Year End” funksie en aai dit was vir jou ‘n goeie ene gewees. Vog het geloop soos water en daar was ‘n hele wildsplaas gebraai.

Saterdagmiddag en vier van ons (Parma, Vicky, Marli & ek) sleep in Stoffel (Parma se bakkie) Kaap Punt toe. Was nog net een keer daar gewees en dit was jare terug so dit tel nie eintlik nie. Die dag is stunning en die windjie wil wil so sy kop uit steek. By Houtbaai aan gekom loop ons die ouens van Bugaloo raak en nes dinge mos maar is bevind ons onsself op ‘n halfuur trip met die wete dat ons môreoggend (Sondagoggend) ‘n uur trip in Gordansbaai gaan doen saam met die ouens.

Terug op die pad word daar gou gestop vir iets vir die pens by Simonstad voor ons die laaste paar km Kaap Punt toe aan pak. Daar aan gekom kan mens voel die liggaam het so effens houe gevat van die boot ryery en die agter op die bakkie in die wind sit het ook nie die storie gehelp nie.

Die plek is gepak met toeriste en dit voel skoon of ek in ‘n ander land is. Met Vicky en Parma wat seker 20 woorde in Engels saam kan praat en verstaan beteken dit ons loop net so goed en wel doof ‘n plek in want die goed verstaan niks nie.

Maar dinge is nie 110% pluis nie. Die mae is nie so lekker nie en dinge begin grom hier van onder waar dit nie gegrom moet word as daar mense naby is nie. Vic begin trane in sy oë kry soos hy sy innerlike stamina probeer uitoefen op sy pens om hierdie onmenslike gasse wat nou begin opbou onder beheer te kry. Daai vis en chips wat ons geëet het speel nie nou mooi saam nie.

Maar hey elke sport het mos maar sy beserings. Nes ons die voetpaaidjie begin kry ons die bordjie wat sê dat dit Kaap Punt en al daai blablabla is. Kamera word gegee vir die eerste toeris (Japeneese knaap), elkeen kry sy spot, WK vlag wapper mooi in die wind en …KRRRRRRRRRRRRRR!!!

OH MY HEL!!!

“Vat DEKKING!!”

Almal spat uit mekaar en breuk uit van die lag. Vicky die lae bliksem het so wrinty waar ‘n monster van ‘n Brakpan poep gelos nes daar twee toeriste verby hom gegaan het. Toe daai kanon skoot afgaan het hulle amper in die bosse geval soos hulle gelag het. Vicky was soos ieder gewoonte slik en kalm.

“Wat? Hoekom lag almal dan nou so? Kom ons probeer gou weer om hierdie fototjie te neem…”

Nou vra ek jou met trane in my oë – daai arma twee knape is vir die res van hulle lewe gescar met daai klank. As hulle weer terug is in Japan land gaan dit al wees waaroor hulle gaan chat by hulle volgende rys braai.

Die trippe op en terug van die lughuis was maar scarry met die dat my en Parma se mae ook begin vlam vat het. Ou arme Marli moes maar net toeriste kalmeer en help met asma pompies waar sy kon.

Afrika is nie vir sussies nie boeta!! O ja die view van Kaap Punt was ook stunning gewees. Amper vergeet ek daai ene…

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *