Blog

Soutie se bachelors

’n Vrydagmiddag meeting het ontaard in ’n paar bottels wyn…huk. So toe hierdie knaap by die huis instap later daai middag het juffrou Gluur vir my gekoekeloer.

Dit was die begin van ’n naweek wat my letterlik hemel en grond toe geneem het. Die geleentheid – Soutie se bachelors, en as so wetter die dag trou weet jy dinge gaan hard wees.

Vrydagaand en ek (klaar effe aangeklam van my vroeër wyn ekspedisie) en Paul kom uiteindelik by De Uijlenes aan. Die res van die brakke was alreeds besig om die pap dik aan te maak en ek het onmiddellik tuis gevoel in my toestand.

…ek gaan nie probeer om te onthou wat die res van die aand gebeur het nie…eerlik ek probeer dit nog dood dink. Maar flashbacks wat my snags laat wakker skrik:

  • BAIE baie brannas & shots…EISH
  • Kaalgat by die foefie slide af
  • Vries my knaters amper af in die verdomde koue water
  • In ’n bed wakker geword met al my key besittings…NICELY DONE HENRY!
  • Kêrels en “wyfie kêrels” daai Saterdag word ek wakker en die eerste ding wat my tref is dat ek besef ek lewe en dit is ’n moerse probleem, want toe tref die 2de ding my: een ma-grenslose, onvergeetlike, astofokkennomiese babalas.

Paul het sommer wakker geword met ’n koppie koffie in die hand (aka as ’n bier) en van daar het hy net voort gebou waar hy gisteraand gelos het.

Ag kan weerlig my net nie tref nie. I am ready to go, so please take me now…maar daar was nie weerlig nie. Daar was net ’n dodgy bar (Captains Corner) in Gansbaai en weer unlimited vog.

Hoe k@kker ek gevoel het hoë harder het die knape probeer om die plek leeg te kuier en Paul en Pierre het geglo dit is hul plig om die leiding te neem en die pad na ewige glorie te verlig vir die ander brakke.

Maar soos enige betroubare kwagga het ou Paul seker gemaak my huidige k@k kondisie gaan nie die oorsaak wees om nie hierdie verligte roete van hom te sien nie so die vog het bly kom al wou ek begin kou het aan die naaste tafel met die hoop dat ek sou vinniger sterf.

Soutie het soos ’n yster gestaan en maak nie saak wat na sy kant toe gekom het later die aand het hy met ope arms ontvang.

Terug by De Uijlenes het dinge weer begin spoed vang. Al die hout is die vorige aand opgebrand so daar moes eers rondgeskarrel word om hout te kry.

Toe my batterye nie meer kon nie het ek duik gemaak kooi toe…nuus het gou by Paul en Marnus uitgekom en die twee vabonde het hierdie as gulde geleentheid gesien om my moer meter vinnig in die rooi te druk…

Sondagoggend…die leiding is weg, maar dit lyk soos ’n slagveld om my. Klomp manne lyk soos ek die vorige dag gelyk het…hahaha…love it.

Soutie dit was ’n voorreg my maat en al wat nou op ons wag is die groot dag.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *