Blog

Maak ‘n Las show in Piketberg

Maak ‘n Las – liewe hel, hoe lank is dit nie al op die kassie nie? Toe ou Inus my so maand gelede kontak met die nuus dat die spannetjie Piketberg gaan betree, toe is daar mos geen kans dat Willeklong dit gaan mis nie. Moes vinnig spring, want kaartjies was maar skaars, maar in ‘n oogwink skiet daar so paar JA’s oor SMS-land en siedaar, dit is gereël – ons gaan ‘n Maak ‘n Las show bywoon.

As dit by grappe kom, is ek meer useless as wat Vicky en Paul op ‘n plaas is. Nou daai twee het geleer hoe om ‘n plaas te run, maar kom ons los dit liewer daar, want net om te dink hoe daai twee op ‘n trekker moet lyk laat my slapelose nagte kry. Grappe vertel sit nie in ieder en elk se broek nie en dit is iets wat jy nie uit jou g*t kan trek nie. Dit is nie sommer van pen op papier sit en skiem vanaand gaan ek 20 grappe uitdink nie. Nee, boeta, dit kos tyd en soms baie voggies ook. Jy moet al die rondtes gedoen het en die oor maar laag hou en stadig maar seker begin ‘n mens dit optel. Nou ek is wraggies k*k as dit by grappe kom en die naaste wat ek aan ‘n grap kom is wanneer ek in die spieel kyk. Maar manne soos Ollie van Distrik 6 en Zack du Plessis het die kuns darem nou wraggies goed bemeester. Ou grapgat legendes.

Die skousaal op Piketberg was gepak en daar was wraggies nie plek vir ‘n halwe poep nie. Elke tafel het ‘n snack platter dingetjie gehad, maar dit was 1, 2, 3… klaar. Nou soos julle seker weet kan ‘n mens nie elke 2 minute opstaan om ‘n glasie voggies te gaan koop nie, so Ron en Elizca het gereken hulle sal die eerste rondte vat en dat 4 bottels wyn vir eers genoeg sal wees. Mensies, toe ek daai eerste sluk vat, van wat de donder dit ookal was, het ek gedog dit is vandag die aand wat daai Groot Seun daarbo my gaan kom haal. My regter kleintoon het begin skeef trek en ek kon voel hoe my klein poephol my broek begin opeet het. Daai wyn was nie suur nie, maar onmenslik suur. Ron en Elizca het die goed begin afgooi asof dit water met ‘n twist is. Het iemand dalk my dop gespike?? Vicky en Parmalat het ook deur pyn gegaan en hulle gesigte het amper elke kleur van die reënboog gesien.

Zack en Ollie het die stage betree en stilte was afgedwing. Met die wyn wat nog my hele gestel beheer het, het ek maar gesukkel om te hoor aan die begin, maar toe die eerste sluk uiteindelik af is, het ek weer my gehoor teruggekry. Mensies, ek sit nou vanaand hier en ek kan nie een grap onthou nie. Hoe is dit dat mense wraggies nie jokes kan onthou nie? Jy kan my nou een vertel en as jy my 10 minute daarna daaroor vra, sal ek dit nie vir jou kan sê nie. En nee, ma, dit is nie die wyn nie. Shit, ek het net een sluk ingehad en was te bang om die tweede, derde….100ste een te vat. Voggies kan nie hierdie keer die skuld kry nie.

Na die eerste show het ons gebreuk vir aandete wat deur Andries Krogman en sy spannetjie voorberei was. Wie is Andries Krogman, vra jy nou? Kyk jy nie TV nie, boetie? Gaan vra jou pa en jou ma. As hulle nie weet nie, dan pak jy jou sakkie en vat die pad, want dan het jy ‘n groot opvoeding gemis. Andries is een van daai ouens op TV wat my soms na voggies gedryf het. Ek wou al ‘n paar keer my TV stukkend skop as ek sy stem hoor, maar na baie geld se terapie het ek dit aangeleer om rustig te wees as ek hom op die kassie sien. Het darem genoeg pille saamgevat vir ingeval ek weer daai guur in my gat kry en die kind sommer hier oor die saal betree en sewe soorte …. uit hom klap. Maar boeta, jy moet die man se pot kos proe. Hy het so 8 van hierdie moerse groot potjiekos potte vol kos gemaak en dit was uit die hemel gewees. Nee hel, ek het daar en dan die medikasie weggegooi en wou sommer Andries se hand vra vir die huwelik so lekker was daai pot gewees. Ek moet ook byvoeg dat daai eerste 4 bottels gif klaar was, so ek sal nou nie weet of my tong ook weg was nie, maar dit wat afgegaan het was moerse lekker gewees.

Rondte twee, en Zack was in beheer van die veiling, waar hulle plaaslike wyn opgeveil het. Parmalat het gedog hy het tante Bill Gates se tjekboek, en het sommer op alles ge-counter bid. Dankie tog daar was altyd ‘n offer na hom, want van daai goed het darem vrek hoog gegaan.

Die aand was afgesluit met ‘n paar laaste grappe van die twee grootseuns en toe skuif die hele affêre na die ander kant van die saal waar die kuier verder gegaan het. Die wyn was neergesit en polisiekoffie het sy koppie begin uitsteek. Die groot seuns van die legendariese Feeskomitee was ook mos daar en as jy saam met die seuns wil vat dan moet jy kan vat en sommer reg vat ook. Ek wou-wou my lyfie daar tussen hulle kry, maar toe al die memories van al die vorige kuiers saam met hulle my oorval, het ek maar gereken dit sal goed wees vir my en my klein sagte bruin gebrande (whahahahahah…..whahahaha) lyfie om liewer saam met daai ander brakke te kuier wat ook WK hempies aangehad het.

Die aandtjie was afgesluit met ‘n middernagtelike burger by die bekende pitstop en toe skuif ons na Parmalat se springkasteel waar ons …. Toe ek die fotos gesien het, het ek maar net my kop geskud en amper my rekenaar weggegooi. So kom ons sê net dat ons direk in die bed gekom het van een helse lekker kuier saam met die grootseuns van Maak ‘n Las.

Inus, ou maat, dit was weer ‘n grote gewees en ‘n groot dankie aan jou en die mense van Piketberg wat nog ‘n kuier op julle dorpie een van ons bestes gemaak het.

Wil ook dankie sê vir Mike van Niekerk van Ferndale GM Motors wat sorg dat Tigger (Isuzy bakkie) op die pad bly en dat daar altyd diesel in sy pens is. As jy opsoek is na ‘n Isuzu dan is Mike jou man. Julle kan hom kontak by 082 444 7661. Thanks Mike!!

Laat dit juig, Piketberg!!!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *