Blog

Boerbok se bachelors

En stadig maar seker val die knape…en sjoef val hulle darem nie hard nie.

Ou Boerbok, of Theunis soos sy ordentlike vriende hom ken, het besluit om die groot stap te neem en met ’n regte egte girl te trou – hoeka einde van die maand (Maart).

Omrede hulle daarteen besluit het om ’n Bestman en Bridesmaid vir hulle troue te hê het hy wel vir my en Parma gesê sou ons DALK iets vir hom wil doen dan kan ons maar so maak.

So kry ons die datum wanneer hy oop is en ek en Parma begin rond bel verwoed. Die weskus is nou maar net ’n lekker kuierplek as jy met ’n vrag ouens gaan, maar meeste van die plekkies op die strand werk op ’n “first come first book” basis en dan is daar ook die gevaar as die desibels effe hoog gaan raak.

Admin is die laaste ding wat ons soek en toe Vicky met die voorstel kom dat ons Vlakvarkgat (Boskroeg in die Weskus) moet aanpak het ek dit gevoel soos ’n teken van Bo.

Die belangrikste reël met enige bachelors is om nie die ou te breuk in die eerste uur nie. Hy moet die kuiertjie saam met die ouens geniet en sodoende ook die res van die naweek geniet.

Die twee en dus die mees belangrikste reël vir enige toekomstige bachelors is dat as jy yster gaan trek en kondisies gaan neer sit jy dalk jouself teen ’n baksteen muur gaan vasloop.

Mens gaan nie in detail oor ’n bachelors party nie, want dit is iets wat tussen die bulle bly wat daar was. Maar ek kan die volgende wel sê – hy het so goed begin en toe sommer uit die bloute raak hy yster en as jy weer na reël #2 hierbo lees sal jy dalk ’n idee kry hoe die res van die dag / aand verloop het.

Soos ek vir ou Boerbokkiekiekie genoem het – dit is nou klaar, jy lewe nog so geniet nou jou groot dag einde van die maand.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *