Blog

Wittebrood (deel 3) – MSC Melody

Na Zingela was dit weer terug in ons lemmetjiegroen rental en op die pad terug Durban toe waar ons die aand in ʼn hotel spandeer het voor ons op die volgende avontuur vertrek het.

Teen 06h00 Maandagoggend kon ek nie meer my opgewondenheid beteuel nie, want ons twee gaan vir ʼn week op die Melody passasiersboot Mosambiek toe. Dit was die eerste keer vir beide van ons en met ʼn vrag opgewondenheid en tonne seesiek pille kom ons by Durban hawe aan.

Dit wemel van taxi’s soos honderde opgewonde passasiers afgelaai word. Ek verstom my aan die grotote van hierdie stuk wit yster wat in die water lê. Kry soos altyd hierdie ongemaklike gevoel in my gat spiere en al waaraan ek kan dink is hoe daai knaap in die ysterwater lê toe die Titanic besef het hy wil nie meer dryf nie.

Orals loop offisiere in wit uniformpies en as ek nie ŉ ex-soldaat was nie sou ek gedink het hulle is net daar om almal te help en seker te maak al die oulike, enkel meisies kom tog net veilig op die boot, maar gelukkig was ek ŉ soldaat en as een van daai Italiaanse visvoete na M se kant toe kyk dan maak ek seker ek maak oogkontak, net om hom mooi te laat verstaan hy moet maar aanbeweeg en sy oë op iemand anders kry.

Die inboek vat maar ŉ tydjie, maar uiteindelik is ons klaar en op ons nuwe tuiste vir die volgende 5 dae.

Marli met ons vetrek by Durban hawe

<object width="225" height="150"><param name="movie" value="http://www.youtube.com/v/2h4VAiMddlk&hl=en"></param><param name="wmode" value="transparent"></param><embed src="http://www.youtube.com/v/2h4VAiMddlk&hl=en" type="application/x-shockwave-flash" wmode="transparent" width="225" height="150"></embed></object>

Ons almal het al films van passasiersbote gesien en ek dink almal is bewus daarvan dat dit ŉ drywende dorp op water is. Die MSC Melody is die tweede kleinste van MSC se nege passasierskepe. Die boot vat +/- 1500 gaste, maar meer belangrik as dit: daar is 6 bars. Geen kontant of kredietkaarte word op die boot gebruik nie, maar in plek daarvan kry jy iets erger as ‘n krediet kaart – ‘n “cruise card”. By vertrek van die skip gaan koppel jy dit met jou kredietkaart of traveller’s cheques en daarna kan jy enige bar betree met alle mag, maar onthou net dat ALLES in US $ is. Jy kan maklik jouself finansieël in ŉ krisis inkuier as jy nie dissipline gaan toon met daai stukkie plastiek nie.

Mense is darem ŉ snaakse ding en hierdie trippie het my nie teleurgestel met individue wat my bek laat oophang het nie. Brunch was erger as ŉ lugmag menasie. Mense het kos ingeskep asof die einde van die wêreld op ons was. Jy kan aan enige iets dink en jy sal dit daar kry.

Aandetes word in die hoof eetsaal bedien en jy word opgedeel in ŉ 8 seater tafel. Die eerste aand was dit die Kapteins ete so elkeen het sy beste wanna-be pakkie aangehad, maar ietsie leliks het sy kop begin uitsteek – seesiek. M het begin houe vat, maar nes sy is het sy deurgedruk tot by die tafel. Daar aangekom het 50% van ons tafel begin houe vat, maar na 10min kon sy nie meer nie en het sy besluit om maar liewers kamer toe te gaan. Terwyl M om lewe en dood geveg het om alles in te hou het ek myself oorgegee aan ŉ ongelooflike 5-gang maaltyd.

Elke aand het ons ŉ program gekry van die volgende dag se gebeure.

As gevolg van die sikloon wat chaos veroorsaak het in die noorde van Mosambiek kon ons ongelukkig nie na Bora Lodge toe gaan nie, maar was daar besluit ons sal liewers na die Portugese Eilande toe gaan. Dit het my nie veel gepla nie, want dit was net die idee wat genoeg was vir my.

Ons eerste ekskursie was tydens dag 2 gewees toe ons die hele dag op die Portugese Eilande spandeer het. Almal wat die dag na die eilande toe wou gaan was via rubberducks vervoer en dit is ŉ verhaal op sy eie.

200m voor die strand word ons verwelkom met ŉ skool dolfyne en mens kry outomaties daai tropiese eiland effek. Die res van die dag was maar rustig in die son spandeer voor ons ŉ skuba trippie gejoin het. Het al ‘n paar keer geskuba, maar damn hierdie was darem nou nie vir jou skuba nie. Die see was net te rof en daar was ‘n helse stroom wat heeltyd iemand weggevoer het.

Saans na aandete het ons die boot bly verken en seker gemaak ons sien soveel shows as wat ons kant. Elke aand was daar 2 cocktails wat op special was, maar wat de hel hulle in daai goed sit weet ek wragtig nie, want na 2 dan kan mens byna op jou kop loop!

Die volgende oggend was ons oppad na Maputu waar ons die dag aan die hawe geanker het. Ek en M het besluit om die ekskursie na een van Maputu se gewildste restaurante, Costa Do Sol, te vat en damn hierdie ouens se prawns laat Jimmy The Fish s’n soos guppy vissies lyk!!

Die laaste dag terug Durban toe was die interessantste een. Die dag het goed begin, maar die swells het net groter en groter begin raak. Laatmiddag was ek en M beide terug in die kamer en aan die bid dat die boot net vir ‘n slag moet stilstaan. Ons het middag en aandete probeer maak, maar nes ons by die lift gekom het moes ons weer terughol, vallend, kamer toe. Amper ŉ nuwe deur in iemand se kamer gehardloop soos die boot heen en weer beweeg het. Het maar later “room service” bestel…nie dat ons beter gevoel het nie.

Ek het later seesiek pille gesuip asof ek my eie lewe wil neem, maar nes ek geleer het uit vorige trips het dit NIKS GEHELP NIE!! Die mal bliksem wat daai k*k uitgedink het moet geskiet word, want dit werk nie en die knaap maak ŉ ton geld uit hoop vir die arme wetters wat by sterf gaan draai as gevolg van seesiekte.

Durban was bewolk en alhoewel ons ŉ rowwe dag op die see gehad het was dit nogsteeds jammer dat dit tot einde gekom het.

Twee weke se rus, geen werk en avonture het tot ŉ einde gekom.

Lees gerus ook:

– Wittebrood (deel 2) – Zingela Safaris

– Wittebrood (deel 1) – St Lucia

– My pragtige BRUID, Marli Jonker

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *