Blog

Verlowings parties bly woes lekker

So rukkie gelede was my ouers in die Kaap en omrede ek die ou mense ken het ek en Marli besluit ons gaan net ‘n ietsie kleins & intiem hou met beide se ouers en so paar close pals om ons verlowing te vuur. Daarna sal ons een hou vir al die res van die mal wetters en ook een later vir al ons ouer meer beskaafde pals.

Wel laas naweek was die grote gewees met al die pals en sjoe dit was ‘n aand om te onthou…al sukkel ek effens om die later stadiums van die aand te onthou. Ek kan nou aangaan hoe die hele storie af gespeel het, maar ons almal ken ‘n lekker kuier saam met vriende op ‘n vuurtjie.

Ek moet bieg dat dinge later die aand rower geraak het en die manne het geen genade getoon nie. Die wetters het my twee keer die bed kom uit haal om verder te kuier en selfs ‘n besoek in die swembad wat menslik koud was vroëer die aand het nie eers die bus gestop nie.

Groot dankie aan Casie wat fotos geneem het en ook aan Marli se ouers vir al die snacks en eet goedjies. Maar die grootste DANKIE moet gaan aan almal wat die spesiale aand saam met my en Marli gedeel het. Ons waardeer dit baie dat julle die trippie Somerset Wes toe aan gepak het.

Aan Berto, Vicky, Brill, Francios, Andre, Ruan, Steve & Colin wat saam water toe gegaan het…bliksem boys daai water moes woes koud gewees het.

Dankie aan almal vir ‘n great aandjie. Nou is dit nog net die laaste ene saam met die ouer meer beskaafde pals…shit wie nooi mens nou eintlik uit soentoe…

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *