Blog

Kyk ma en pa ek staan

Middel van Januarie en ek kom nou eers uit by ’n BAIE belangrike insident wat vroeër die maand gebeur het. SWAK HENRY…SWAK!!

So staan ons nou maar elke aand ’n paar keer op om Jean sy bottel te gee. Die tande is maar ’n taai ding en die knaap wil so af en toe aan ietsie teug.

05h30 en dit is weer sulke tyd. Met die dat ek en M beurte maak is dit hoeka haar beurt op op te staan. Met ’n groot sug en struikel is sy uit die bed..uiteindelik moet ek byvoeg.

Skielik hoor ek vinnige voetstappe terugkom na ons kamer en kry ek ’n semi klap teen die kop met die instruksie dat ek onmiddellik moet kom kyk.

So tiptoe ons die gang af – daar staan knaap kiertsregop in sy bed en kyk na ons met ’n moerse smile.

Ons was oor die maan. Dit het nou al so vêr gevorder dat sodra ons hom op die grond sit dan gryp hy na die naaste tafel, bank, stoel…en dan trek knaap homself regop.

Dit gaan nie lank wees nie dan gaan daai knapie eendag net opstaan en begin loop. Dit sal ook seker die dag wees wat ek en M ’n bottel nader trek en seermaak van trots en opgewondenheid.

Ons is so trots op jou lyfiepot. Pa se bulletjie van ’n yster.

Kliek hier om te sien hoe groot die knapie nou is.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *