Blog

Kuier by Piekenierskloof

Piekenierskloof

Ry al jare soveel kere verby die lodge gery en elke keer dink ek om net gou in te ry en te gaan loer.

Dus, toe sus voorstel hul het punte wat hul gaan verloor op hul Holiday Club en of ons nie dalk vir ’n naweek wil deurgaan nie het ons die geleentheid met beide arms aangegryp.

Die lodge was onlangs opgeknap gewees en spog tans met ’n hotel en 16 groot self catering chalet’s en natuurlik al die normale aktiwiteite & geriewe wat gepaard gaan met ’n 4 ster oord.

Ons dood gesukkel om Jean uit die warmwater swembad te kry en ek en Marli moes later tag team sodat die lywe darem bietjie son kan kry.

Die views van die chalets, met Citrusdal in die vêrte, is kos vir die siel en mens kan nie help om elke aand ’n vuurtjie aan te steek en op die stoep te ontspan nie.

As jy en die familie weer in daai wêreld (tussen Piketberg & Citrusdal) is, doen die moeite en gaan loer bietjie in by Piekenierskloof .

Piekenierskloof Lodge (Video)

Kliek hier vir meer foto’s.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *