Blog

Kamp by Tankwa Tented Camp

Loop al lank met die idee rond dat ek en Jean ʼn solo trippie, sonder Marli en klein boeta Lian, moet doen. Toe ek op Facebook ʼn paar foto’s van Tankwa Tented Camp gesien het was die koeël deur die kerk – daar moet ons definitief ʼn draai gaan maak.

Beskikbare naweek gekry (tussen al die kinder partytjies) en Marli geupdate van die beplande trippie.

Ongelukkig was daar 2 weke voor ons moes ry ʼn “snag” met die dat die LC80 besluit het hy benodig ʼn nuwe head gasket wat beteken hy gaan buite werking wees vir +/- 3-4 weke. Ons moet dringend ander wiele kry vir die trip, want ons gaan nie daai wêreld aanpak met ʼn platkar nie.

Reg vir ons road trippie

Maar soos goue vriende nou maar is het Paul ingestem dat ons sy blou 1984 Isuzu bakkie kan vat vir die naweek en sy bene bietjie rek op die Tankwa grondpaaie.

En daar verander die dimensie van die trippie vir Jean van opgewonde na histeries opgewonde, want as daar nou ʼn voertuig is wat my kind verafgod dan is dit daai blou bakkie.

Vrydagmiddag word die koffie kan vol gemaak en ons twee val in die pad Ceres toe via Bainskloof pas.

Net voor Theronsberg Pas word daar bietjie bene gerek en Jean maak gou skoonskip van die pannekoek wat ma die vorige aand vir ons gemaak het.

Tankwa Tented Camp se afdraai

Uiteindelik op die R355 (grondpad) is daar een plek wat jy nie net kan verby ry nie en dit is die Tankwa Padstal. ʼn Vinnige brannas word die keel afgegooi voor ons die laaste 60km vat tot by die Tankwa Tented Camp se afdraai. Van hier het dinge effe interessant geraak want die wêreld het die week voor ons gekom het lekker reën gekry so daar was plek-plek waar dinge maar woes gegaan het met die 1984 bakkie.

17h30 Vrydagmiddag kom ons by Tankwa Tented Camp aan en ontmoet JP (een van die eienaars) wat ons wys waar ons tent kan opslaan. My eerste indrukke van die plek is dat die 3rde Mad Max movie seker hier geskied word haha.

Tent kry sy staanplek en onmiddellik skiet ons bar (spog met ʼn naam van Onverklaarbaar…haha) toe om van die ander kuiergaste te ontmoet. Laaste twee weke is daar ‘n span kontrakteurs wat ʼn nuwe solar stelsel vir hul gebou het en gou-gou word daar gesellig verkeer.

Boot in die vlaktes

Aandetes bestaan uit braaivleis, pap & sous so wat wil mens nou meer hê as dit. Na ʼn lekker kuier saam met al die ander gaste pak ons die 100m terug tent toe aan op die fietse (Jean se fiets het saam gekom en ek het een van die tonne wat daar beskikbaar is sommer gebruik).

Saterdagoggend en alles is buite gevries – was maar effe koud in daai tent van ons. Koffie word gemaak en daarna word die kamp en alles daarom verken. Van die metaal strukture is ongelooflik, maar die een wat Jean se aandag gevang het was hierdie monster wat uit scrap metal gebou is. Was seker 20 keer by die struktuur gewees…

Na ontbyt word die fietse op die bakkie gefoeter om een van die laaste strukture wat die jaar tydens die AfricaBurn nie gebrand is nie te gaan verken. Stom geslaan as jy sien hoe groot die goed is wat die mense daar bou om net gebrand te word.

Terug by die kamp en meer gaste daag op en ek en Jean besluit dit is ʼn goeie tyd om hul geboude jacuzzi te probeer.

Die sonsondergang in die Tankwa is iets om te beleef en wat ʼn voorreg was dit nie om hierdie spesiale oomblikke met my seun te kon deel nie. Toe die son sy laaste strale gegooi het word die vure weer aangesteek en die kele word nat gemaak.

Soos vroeër genoem is daar net een ding op die spyskaart vir aandete en dit is braaivleis, pap & sous – koningskos!

So lekker bos jaguzu

Mense kan dit soms nie verstaan hoekom ek aanklank vind in sulke plekkies in die middel van êrens en nêrens nie, maar dit is die mense wat jy hier ontmoet wat alles die moeite werd maak. Dit is mense wat dieselfde siening en passie het as jy om weg te kom van die stad se gejaag, al die strukture in mens se lewe en soms net in die veld te kom sonder reëls en kondisies.

Sondagoggend en die Karoo is koud mense. Jean ry die wêreld vir ʼn laaste keer plat terwyl ek sukkel om tent af te slaan met koue hande. Tekens van huis toe wil gaan is daar nie en tydens ontbyt moet ek mooi verduidelik hoekom ons nie langer kan bly nie.

Sunsets

Laaste gaste word gegroet en ons blou perd word gestart.

Jean is maar stil op pad terug en staar meeste van die tyd net na die plat Tankwa vlaktes.

“Alles ok boeta”, vra ek want die knaap is nie altyd so stil nie.

Geen antwoord

“Jean, als ok boeta”, probeer ek weer.

Na so paar sekondes se stilte draai hy om, tap hy my op die been en se: “Als is ok pappa, ek wou net langer gekamp het.”

Kry ʼn smile op my mond en besef hoe bevoorreg ek is om sulke oomblike saam met my seun te kan geniet.

Kliek hier vir meer foto’s.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *