Blog

Kamp by AlartsOewer

Vrydagmiddag so net na 4pm ry ek en Lian Rawsonville binne. Die jong knaap is verby opgewonde en hy het goeie rede. Ons twee is op pad AlartsOewer toe vir ons jaarlikse kerk, NG Wellington Oos, se “pa & kind” kamp.

Net buite Rawsonville draai ons regs op die Louwshoek Boontjiesrivier pad (maggies daai is nou ʼn mondvol) tot ons die T-aansluiting kry waar Pannie & Kai vir ons gewag het.

Soos dit nou maar is met tegnologie het oom Garmin ons (en so ook ʼn paar van die ander pa’s het ons later gehoor) aanvanklik heeltemal verkeerd gelei, maar terug op die teerpad het ons darem die bordjie van AlartsOewer raak gery.

Ongelukkig kon Jean nie saam nie, want die is tuis voor sy skoolboeke. Met die dat hy en Marli volgende week in Johannesburg gaan wees vir die Junior Nasionale Onderwater Hokkie kampioenskappe gaan daar nie genoeg tyd wees om te leer nie, dus moes hy maar die “bullet” nou byt en die nodige tyd voor die boeke in sit.

Natuurlik was hy ten gunste hiervan en het hy dit 110% ondersteun bwhaha

AlartsOewer

Hierdie was ons eerste besoek aan AlartsOewer en was regtig beïndruk met die plekkie. Ons het sommer die hele kampterrein vir die naweek bespreek so almal het maar kamp staan gemaak waar hul wou, maar as die plek nie in geheel bespreek word nie dan is daar ʼn keuse van 5 x staanplekke en elk met sy eie badkamer wat +/- in die middel van die kampterrein geleë is.

Swem waterpoele is loop afstand by kamp #1 & #5 terwyl die ander 3 elk hul eie klein zinkplaat swembadjie het wat natuurlik ʼn groot wenner onder die jongspan was.

AlartsOewer

Ek dink dat daar soms ʼn persepsie is dat kerk kampe ʼn stywe storie is, maar welgedaan aan die organiseerders (Wouter & Ds. Cornis) wat so ʼn gemaklike atmosfeer geskep het veral vir die jong span wat dit terdeë geniet.

My net weer verbaas die impak wat sterk onderrig leiers (bv. onderwysers, predikante…) op kinders het. Ons laaste alleen stukkie as pa & kind moes Lian ʼn klippie uit die rivier haal en dit saam met hom dra. As hy enige tyd alleen of bang voel, kan hy net aan die klippie vat en dan onthou dat God altyd by hom is. So toe ons Sondag terug by die huis is, word die klippie strategies op die kombuis boekrak gesit.

AlartsOewer

Eers kon ek nie glo hy het nog die klippie nie, maar dit is nou al paar weke later en die jong man het nogsteeds daai klippie. As ek hom vra hoekom hy die klippie orals dra, dan glimlag en sê hy: “…want die dominee het gesê ek moet die klippie saam met my dra…” haha.

Dankie manne – dit was puik!

Kliek hier vir ʼn paar kiekies van ons kamp.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *