Blog

Jean 4 maande oud

Time flies when you are having fun…dit is wraggies so waar.

Dit voel net soos nou die dag wanneer die knaap sy verskyning gemaak het en kyk waar staan ons vandag.

4 maande later en Jean (‘n stewige knaap) stoot die skaal tot net so anderkant 7.5kg.

Sy nekkie is al lekker sterk en die oe volg jou orals as jy om hom beweeg. Die bene begin ook nou lekker sterk raak en as jy hom op sy magie sit dan is dit nie lank voor hy na jou toe beweeg nie…mens moet soms net keer dat hy nie sy kop deur die mat stoot nie…sal seker later leer om eers koppie op te trek voor daar gestoot word met die bene.

Elke ouer dink dit seker van hulle kinders maar Jean is wraggies ‘n soet kind…of so dink ek en M…sal seker nie vir altyd so wees nie…hehe.

Sy gesig uittrekkings is tog te oulik en die beste is as hy ongelukkig is oor iets sal hy sy onderlip boontoe trek en dan so kamma-kamma huil inwerk. Maar as jy bietjie goega-baba taal met hom praat verander dit in ‘n sekonde in ‘n lag…dan weet hy sommer hy is uit gevang…daai kamma-kamma huiltjie werk nie met mamma nie.

Hy is tog ‘n droom as daar getravel word. Het nou al ‘n paar 4×4 trippies saam met pa & ma gedoen en daar moet net af en toe darem geloer word om te kyk of boeta nog ok is, want mens hoor net nie van hom nie.

Hy het ook nou albei sy ouma-grootjies ontmoet en beide is gaande oor hom.

Ons nanny, Zandile, is ‘n droom. Sy speel vir Jean flou en as sy soggens by die huis kom verhelder sy gesiggie as hy haar sien.

Ou seun – ons is baie lief vir jou en elke minute saam met jou is net ‘n vreugde.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *