Blog

Ek en M slaan 2 jaar

Gister presies twee jaar gelede, 15 November 2005, het ek en M se paaie gekruis.

Ek onthou nog in die begin toe sy saam met ons klomp Klonge begin travel het, het die girltjie maar effe senuweeagtig gelyk, maar deesdae hol sy voor in die koor en moet ek soms net keer anders is daar nie einde nie.

In dieselfde asem bly sy nogsteeds ‘n asemrowende vrou, al lê sy langs ʼn bakkie in die Karoo of in ʼn aand rok by ʼn funksie.

Ek weet ek is nie die maklikste mens op moeder aarde nie, maar ek is baie dankbaar vir die lewensmaat wat daar vir my gekies is.

Thanks vir ‘n twee stunning jare skat en ek sien uit na die 80 wat nog kom.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *