Blog

Boontjie is op pad

Marli swanger met Lian

30 Augustus 2013 (vandag) en dokter het bevestig dat “boontjie” se hart lekker klop en dat alles sovêr 100% lyk.

Hierdie was Marli se eerste besoek nadat sy so 2 weke terug die wonderlike nuus met my en boeta gedeel het. Moet sê met die tweede keer dat ons hier deurgaan was vandag vir my meer nerve-racking as met Jean se koms.

Marli sukkel reeds met morning sickness wat sy nie met Jean gehad het nie, so ons het ’n vermoede “boontjie” gaan nie terughou nie.

Jean is oor die maan aangaande die nuus dat daar ’n sussie of boetie op pad is, maar meer belangrik…’n nuwe maatjie is op pad.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *