Blog

Vleisfees

Gewoonlik as ons feeste toe gaan dan is daar hierdie groot gees wat enige mens sal bangmaak. Ons gaan met die doel om so groot te gaan dat dit sommer gevaarlik is vir ons eie liggame, maar toe ek Vrydagoggend wakker word in Piketberg na afloop van hulle Blomme- en Wildskou toe wou ek amper begin huil het. Die voggies by die skou het ons net so bietjie te veel eina gemaak.

Ons (Henry, Hugo, Willem, Ron & Colin) het maar bietjie broos gelyk en ons het geweet ons moet VINNIG regkom want die res van die span is oppad. Marnus (scarface) en Vicky het ons later die oggend onder in die dorp gejoin en saam het ons sewe Calvinia toe geskiet. Stadig maar seker het die lus vir die fees begin terugkom, en toe ons die dorp laat Vrydagmiddag tref, toe kon ek nie meer wag om groot te gaan nie. Almal was soos kinders in ‘n lekkergoedwinkel.

Nadat ons ons possie gekry het, is daar maar besluit om die Hantam hotel ons eerste TB te maak voor ons na die fees toe gaan. Dit was nie lank nie, en daar was groot langarm ingelê onder die voggies. Die dorp het woes begin lewe kry, en toe ons later die middag by die feesterrein kom (dis nou na ‘n harde kuiertjie by die tente en die Hantam hotel) toe word daar hard gerock. Oral was daar kosstalletjies met die beste potjiekos, spit- en braaivleis wat jy op enige plek op hierdie aarde gaan kry. Hierdie was ‘n pure Karoofees. So ver soos die oog kon sien, was daar net bakkies en oompies wat lyk of hulle enige Springbokspan in sy moer kan kuier.

Hoe later dit begin word het, hoe meer het die kniee begin losraak, en watter beter geleentheid om nou daai skoffel ding te toets. Het ‘n paar oulike goedjies ook ontmoet, maar weereens het die kreet van die Willeklong geroep, en daar moes gehoor aan gegee word. Die twee nuwelinge in die span, Willem en Vicky, het die boys glad nie teleurgestel nie – lekker manne wat nie bang is vir kuier nie. Dit is asof hulle dromme voggies aantrek na hulle toe. Ek kan nie wag vir die volgende fees saam met hulle nie. Later die aand het die res van die span (Pedre & Mynhardt) ons gejoin. Ons was nou 9 man sterk en babelas se kind kan nou maar kom.

Hoe later die aand geraak het, hoe minder het die spannetjie geword, totdat daar net een man oor was. En wie anders as ou Vicky. Ek dink hy het eers so 05h00 by die tente gekom, en van al die tente het hy nie een gemaak nie. Die mal aap het wraggies buite geslaap in daai koue karoodorp. Die voggies moes hom moer warm gehou het. Daai Saterdagoggend was daar pyn. Selfs ons ander pals, Magda, Riana en Annalise het gesuffer. Dit was seer, en ek het myself weereens gevra hoekom ek dit aan myself doen. Maar soos die boys begin wakker word en die stories begin loop het, toe besef ek mos dit is waaroor dit gaan. Om memories saam met goeie pals te hê. Wat wil ‘n ou nou meer hê. Ja, daar sal graag gehasie wou gewees het, maar hoe kan ‘n mens nou daai sport speel met ‘n liggaam wat sukkel om asem te haal.

Die son het nog nie eers mooi gebreek nie, toe is ons al klaar by die feesterrein en veg hard met die voggies. Willem en Pedre was op ‘n mission en het te dapper gelyk. Nee wat, hulle was op een stadium die dronkste mense op Calvinia, dink ek. En dit was niks later as 11h00 die oggend nie. 12h00 is daar besluit dat ‘n ruskansie nou moet kom, want as ons so aangaan dan gaan ons die oorlog wraggies verloor. Maar soos ek, Ron, Willem en Pedre terugstap, so kom die res van die aflosspan, Mynhardt, Scarface, Vicky en Hugo, van voor. Ons het hulle gelukgewens en gevra hulle moet goud terugbring, want ons het ons medaljes weggedrink. Toe ek en Ron later daai middag op die grond wakker word, het ek geweet dit is nou of nooit. Colin het weereens in sy eie kamer (backseat van die BMW) geslaap met ‘n lee bottel premix langs hom. Pedre was dood – nee, hy was verby dood gewees. Hy het homselfs hel toe en terug gedrink. Hel wou hom nie gehad het nie, want hy was so dronk. So teen laatmiddag se kant is die eerste aflosspan terug fees toe. Ons het vinnig met die res van die span ingeskakel, en almal het maar so bietjie eina gelyk. Van hierdie ouens het nou al vir 3 dae flat-out gekuier en die lywe het dit begin voel. Maar ons ma’s het mos nie bang bulletjies grootgemaak nie, en voor ons ons kon kry, toe word daar weer hard gekuier en hard gesokkie. Die gees was groot en so ook die memories. Ons het tonne mense ontmoet, en het selfs ‘n klompie raakgeloop wat ons op ons vorige fees, Knysna se Oesterfees, ontmoet het. Shit, en hoe kan ek nou die Clever girls vergeet. Lanklaas ‘n oulike dingetjie gesien wat so seksie broekie aangehad het. Daar was nie so baie girls op die fees nie, en dié wat wel daar was, gaan met ‘n boer uit wat ‘n 303 geweer het, en die ander is jonger as 16. Hier gaan glad nie gehasie word nie, so toe drink ons maar nog harder.

Toe die fees Saterdagaand toemaak, het amper die helfde van die dorp Hantam hotel toe geskuif. Die plek was vol, en mens kon sien dat voggies die geveg wen. Willem, Pedre, Mynhardt en Francois (hy werk by ons tweede huis, Nu Bar) was weg. Net soos die span begin minder raak het, het hierdie ander klein spannetjie daar ingeval. Hier kom eina stories, het ek geweet. Ek het my trots daar in ‘n potplant gegooi en soos ‘n meisie weggehol. Ek wil nog lewe, want hier gaan manne mekaar dooddrink vandag. En dit was wraggies amper die geval gewees. Ou Hugo, Marnus, Pedre, dronk Willem en Francois het vir goud gegaan en die bliksems het dit gekry. Ek dink ou Willem het so net voor sonop in die tent kom val. ‘n Gesneuwelde, dapper man.

Toe ek Sondag die blou lug sien, toe weet ek ek het dit gemaak. 2 harde feeste in een kort naweek – NOOIT OOIT WEER NIE.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *