Blog

Rittelfees

Die Vrydagmiddag laat vat 6 van ons (Eduard, Colin, Ron, Henry, Vicky & Marnus) die langpad Vredendal toe met Eduard se 2.8 Isuzu bakkie. Rittelfees 2004 roep en Willeklong moet antwoord gee. Colin was die baas agter die stuur, met sy wingman Eduard langs hom. Die res van ons het agter gesit met 3 oulike kassies Amstel. Die pad was lank en onderbreek deur n pee hier en dan een daar. Tannie Amstel het begin praat en dan word daar weer gesmeek dat Colin moet stop anders maak ons die sluise sommer agter in die bakkie oop.

Laat die aand, in Vredendal gekom, sort ons gou ons slaapplek uit en vat onmiddellik die pad feesterrein toe. Soos altyd was die hart van die fees by die bar en geen van ons het n probleem daarmee gehad nie. Die manne was lus en ek kon sien dat die wit skuim so om die arme kinders se monde begin sit het. Ons was weer die normale span, maar hierdie keer het ons n nuwe lat van Potchefstroom by ons gehad. Eduard (wat saam met Colin op universiteit was) het vir ons die eerste rondte gekry en toe ek sien hoe hy daai drankie met passie en ambisie drink toe weet ek sommer dat ons probleme met hierdie lat gaan hê. Hy gaan nie sommer vroeg kiep nie en stop is daar ook nie. Dit is asof hy net kan aangaan en die feit dat ons langs hom neerval is seker maar niks nie. ‘n Baie aangename man, en wraggies n ware Willeklong.

Dit het nie lank gevat voor die boys hulle battle faces aangehad het nie. Ma’s en pa’s moes net hulle dogters vashou, want as daar ‘n kans gesien was, was dit nag nanna. Ek dink van die hele span het ou Vicky seker die naaste gekom aan n oulike ding, maar dit was ook moer toe geskiet toe Ron n kondoom voor hulle op die tafel gesit het en iets oulik gefluister het soos – “Doen dit tog nou en dan kom drink jy verder saam met die boys”. Ek dink ou Vicky het deur 4 verskillende kleure gegaan. Hy het nie geweet of hy sy kop in sy eie gat moet druk of dit net met n lee blikkie Castle moet platslaan nie.

Ons was hierdie keer nie alleen daar nie. Ons B span was ook daar gewees. Ja, die oulike weergawe van Willeklong. Ja fok man ek praat nou van meisie pals. Magda, Annalise, Madre & Careen het ook kuier se naam hoog gehou. Shit, ek dink op party plekke het hulle dit beter as ons gedoen. Regte mense mense. Nie bang om hulle sê te sê nie. Dit is nie daai girls wat vir jou aan jou ore trek en iets sê soos – “Kom bliksem. Jy is alweer dronk. Ek gaan jou ma bel en dan moer jou pa jou gat weer warm. Ek skaam my dood vir jou. Jy slaap vanaand by Bruno. Jy en al jou stupid pals”. Nee, ou maat, hulle is daai wat jou in die kar sal gaan sit en dan sal hulle teruggaan om die party toe te maak.

Vrydagaand is afgesluit met n harde bash by Attie se gat. Die boys was seer en later was dit meer soos ‘n army Vasbyt. Ou Eduard het ons vinnig-vinnig platgedraf met die voggies en voor ons ons kon kry, toe gaan slaap ons stuk vir stuk in die bakkie. Ons het so 05h30 Saterdagoggend by die tent vir die eerste keer weer gestop. Dit het gelyk of ons nou net 3 toetse teen die All Blacks gespeel het. Daar was pyn – en bakke vol daarvan. Niemand het meer soos n tier gelyk of gevoel nie. Ons het die tent gepak met alle lus, maar na 5 minute toe roep so paar Amstels ons, wat op ons geleende tafeltjie gestaan het. Slaap gaan daar nou nie geslaap word nie. Ons het gou daai gillende Amstals afgeslaan, en toe die krag en looks nou weer terug is, het ons gou ietsie gaan platskiet in Saddles.

Nou is daar kak, want nou is daar 6 wakker dronk ouens op pad fees toe met vol mae. Daar is genoeg geëet vir die hele fees, maar nog baie plek vir Oom en Tannie voggies. Die keer was ons nie alleen op die battle field nie. O nee, maar daai warm bliksem, DIE SON, wou ook saamspeel en dié het ons goed op ons moer gegee. Ons is mos maklike boys, en hoe harder die game raak hoe harder speel ons. So hoe warmer dit geword het hoe meer het ons voggies gevat. Ek kon op n stadium voel hoe ek sterker geword het, maar as ek daai dronk drom kry wat voor my ingespring het, dan skop ek hom vol duike. Die klein kak het my getrip en ek en moeder aarde het mekaar hard gesoen.

Ons het so lekker possie in die hoek van die plek gekry en dit is TOE dat daai stil donder, Eduard, met dronk-slim idees opkom. Nou moet daar Courage gespeel word. My maat jy kan mos nie so game met reeds strompelende, sukkelende ouens speel nie. Die game was beheer deur Madré wat vinnig vir die ouens gewys het hoekom sy voggies se kleinniggie is. Nee wat, sy het glasies afgegooi wat ou Colin soos n Sub A meisie laat lyk het. Ek dink ou Colin het deur al die fases van dronk wees gegaan, van “moer toe dronk wees” tot “in jou moer toe dronk wees”. Soos altyd was die boys almal n bok vir sports, en jokes was daar ten volle. Vicky het ook op ‘n stadium begin vat aan “moer toe dronk wees”, maar was gou gered toe hy al die oulike goedjies om hom sien (ek dink ek was ook een van daai goedjies). Marnus, Ron en Eduard het gespeel of hulle nog die hele week kan aangaan en ek was bang daarvoor want ek dink die drank gaan eerste opraak voor hulle gaan op wees. Magda en Annalise was ook nie bang nie en daar moes net gekeer word anders klim die twee weer op tafels en trek klere uit….whahhahaha….jokes! (Magda jy moet nou asem haal, want dit is maar net n artikel).

Ons het so paar uurtjies by ons TB (tente) ontspan en toe moes dit weer terug fees toe, want Colin wou so graag Steve Hofmeyer kyk, want daar was dalk sprake dat dit sy pa kan wees. Dit het Vicky so bietjie befok gemaak want hy is nog ten volle oorreed dat Steve sy pa is. Ou Ron het net sy kop geskud en nog n bier gedrink.

Ons het die terrein sukkel-sukkel ingegaan, want ons atletiese bodies het ons verlaat en nou sit ons met ou krokke. Maar toe ons daai eerste biertjie proe toe kom daai atletiese bodies skreeuend terug. Ons was reg vir nog ‘n grote, want nou het ons die looks en bodies teruggekry. Colin s’n het hom so bietjie vroeer as die ander verlaat en dit was nie lank nie of ons het Mnr Lostros op ons hande. As ons nie keer nie, dan word daar hemde uitgetrek en die Afrikaanse Lambada gedoen. Dit het nou nie soos n dans gelyk nie, maar meer soos n WWF geveg met homself.

Ou Vicky het sy pa (daar is sprake dat Steve Hofmeyer sy pa is) se show gaan kyk, en die res van ons het gedrink van blydskap dat hy nie ons s’n was nie. Ou Attie se Gat het ons weer gesien soos klokslag en weer het ons stadig maar seker ons gatte gesien met Eduard en Vicky wat die laaste gestaan het. Wat de donder hulle daai ouens in Potchefstroom voer moet ek ook kry, want Eduard stop net nie.

Die slapie was hard, maar toe daai klein kak Son weer terug is, toe kon ek voel hoe my liggaam deur fases van pyn gaan. Ons TB (tydelike basis – tent) was gou platgeslaan en voor die son sy koppie mooi kon uitsteek het ons vaarwel gesê aan Vredendal en die lang pad Kaap toe aangepak. Colin het nog steeds kaal, dronk meisies op wolkies gesien rondloop, so Eduard het maar besluit dat hy die stuur van die wa sal vat.

Terwyl ons so terugry in die bloedige son, kyk ek so vir my maters wat rustig in droomland lê, en toe besef ek weereens dat ek geseën is deur pals wat lewensverhale saam met my bou. Wat kan n ou nou meer vra. Hier sit ek saam met 5 ander ouens, in n warm bakkie wat Marnus platpoep, en nie een van ons sal dit verruil vir enigiets anders nie.

‘n Groot dankie aan Colin en Eduard wat ons veilig daar en terug gekry het. Dan ook aan Ron, Vicky en Marnus wat Willeklong se naam hoog gehou het soos altyd. En hoe kan ek span B vergeet (Madré, Careen, Magda & Annelise). Dankie julle!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *