Blog

Oesterfees

Presies ‘n jaar gelede het 10 van ons die groot stap gevat en gereken ons gaan kyk hoe groot ons kan gaan en het besluit om die Oesterfees in Knysna aan te pak. Hoe ek daai naweek oorleef het weet ek nie, maar ek het en het my ook belowe dat ek nooit weer sal terug keer nie. So, toe ek so ‘n week gelede gesien het dat ons gebook was vir die trippie weer soontoe het ek so "iemand help my" feeling in my maag gekry.

Dinge het baie verander na daai eerste trip en so ook die look van Willeklong. Ek het nogsteeds nie die images van die vorige jaar se trip uit my gedagtes geblok nie en twee aande voor die trip kon ek wraggies net nie aan die slaap raak nie. Ek was al ‘n paar keer om die blok gewees en "I can hold my own", maar daai trip het groot happe uit ons 10 gevat. Ron het die oggend "blou van die koue" tussen twee tente wakker geword met net sy boksers aan. Die ander kon nie hulle tent oop kry nie en het net onder die ding geslaap. Images soos dié het deur my gedagtes geskiet en ek sal nie weer so ‘n grote kan maak nie. Waar is my ma???

Saterdagoggend 01h00 sleep ons (Ron, Vicky, Elizca, Ronel & Eugene) Knysna in. Die dorp het gelewe en die lamgat gevoel, van die lang trip, was sommer gou-gou weg gewees toe ons sien hoe die strate van mense wemel. By Monk Caravan Park aangekom het TB (ons tent) vinnig op sy voete gekom. Die dorp het geroep en ons moes antwoord gee.

Eerste stop was die bekende Zanzibar. Ok nou om 01h30 die oggend ‘n klub in te stap is net so goed jy loop met n vrokkie as dit reën. Dit werk net nie so lekker nie. Die plek het gerock en almal was klaar so paar stasies voor ons. Almal smile en jy kan net nie click hoekom nie. Kon net nie aan die go kom nie en na die eerste bier het ons aangeskuif na stop # 2 – Al’s. Al’s (<a href="http://www.alsknysna.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.alsknysna.co.za</a>) is seker een van die oudste kuierplekke in Knysna en is bekend vir sy live bands. Dinge het begin plek vat en voor ons die oë kon uit vee het dit ontplof in een helse party. Om en by 06h00 is daar halt geroep en daar is besluit om te gaan rus.

09h00 Saterdagoggend en ons kan net nie meer Vicky se selfoon alarm hanteer wat heeltyd op snooze gesit word nie. Is die ou doof of kan hy net nie sy arms beweeg nie?….SIT DIE BLEDDY DING AFFFFFFFFFFFFFF!!! Ok, almal is nou wakker en dit gaan seker nie nou help om nog so 1 minuut van daai slaap ding te kry nie. Vandag is ‘n groot dag, want dit is nie net toets rugby nie, maar natuurlik al die goedjies wat gepaart gaan met die Oesterfees. Met liggame wat nog nie heeltemal op vol stoom hol nie het ons die dag aangepak. 1ste stop op die lysie was om ‘n plek te kry om die Mandela Cup te kyk tussen die Springbokke en Australië. Met info wat ons gisteraand gekry het was daar besluit dat Stones die speelpark gaan wees. Met die instap het gisteraand se gebeure my getref en was ons GLAD nie lus vir voggies nie. Ag kom ons koop tog net een klein rondetjie.

"Ekskuus menere. Weet nie of julle weet nie, maar weet julle van ons promotion. Al die brandewyn en coke is VERNIET tot voor die game begin."

Boys as ons nou hol kan ons dit nog lewendig hier uit maak. Hoe de DONDER kan ‘n mens so ‘n special run? Is jy dan nou mal man. Dit is net so goed jy gee ons Pamela Anderson sonder klere. 1ste ronte, 2de ronte, 3 ronte, 4de ronte en dit is nog nie eers 12h00 nie. Ag, kan dinge net nie stop nie. Ek wil graag die res van die dag nog geniet, maar as dit so aangaan gaan dit ‘n LANG dag raak vir hierdie Willeklonge. Oor die rugby wil ek nie praat nie, want ek is sommer plein en simpel bef*k. So kom ons los dit maar daar.

Knysna is seker een van die mooiste dorpies in ons land met seker die MEESTE Engels sprekende mense wat ek al in een plek gesien het. So baie wou geweet het wat die Willeklong storie was en om dit nou in engels te verduidelik is net so goed jy vra ‘n meisie om kaalgat deur ‘n mans koshuis te hol. Dit werk net nie so lekker nie. Ron het dit so paar keer probeer, maar die seun het later amper moed op gegee en gesê ons is n porn site. Elke keer as iemand hom vra oor die storie kon ek sien hy wil sommer sy ma bel en huil. Die strate was gepak met mense en ons kon nie vir n mooier dag gevra het nie.

Ek het ‘n voeltjie hoor fluit dat die vloot die jaar sterk betrokke was en dat van hulle bote geanker was aan die hawe. Ek is ‘n ou soldaat en het nogsteeds ‘n groot liefde vir die SADF se yster speelgoed. So dit was wraggies lekker gewees om so bietjie op die bote te wandel en bietjie met die soldate te gesels.

Volgende stop was die Waterfront waar parkeerplek so skaars was soos wit mielies. Ek en Eugene het om een of ander manier gesplit geraak van die res en het sommer besluit om die eerste en naaste kuierplekkie in te wandel. Hey, hoe kan mens die Oesterfees nou bywoon sonder om so paar van die goedjies (Oesters) die keel af te goei. Ses oesters en ‘n paar biere later is ons daar uit opsoek na die res. Dié het ons gekry sommer by die volgende restaurant waar die maag die nodige voedingstowwe gekry het. Daarna was dit vir sundowners by The Heads. Shit dit was my eerste keer by die plekkie en dit was wraggies die cherry op die koek gewees vir my. Met views soos daai kan mens sien hoekom so baie buitelanders na ons land toe stroom.

Dit was nou al ‘n lang dag en ons is nog sterk besig. Hoe lank dit so kon aangaan sal ek nie weet nie, maar die groot event (Afterparty by Crabs Creek) van die naweek het nog vir ons gewag. Na ‘n vinnige stop by die tent was ons oppad na Crabs Creek. Die plekkie is net so buite Knysna en die woord op die straat was dat hulle 15 000 mense verwag by die party. Weereens was daar nie sprake van parkeerplek nie en Tigger moes maar wys hoekom hy ‘n bakkie is.

Jack Daniels en SAB was die twee hoofseuns by die event gewees en met ‘n band soos Watershed (<a href="http://www.watershed.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.watershed.co.za</a>) wat die opening act was het dit net een ding beteken – vanaand gaan ‘n GROTE wees. Ek kan nie eers begin om te beskryf hoe groot dit was nie, maar het so paar goedjies wel opgelet toe ek daar was. 1) daar was tonne HOT girls en 2) ek het besef hoe lekker dit is om Millers te drink. Dit het nie daai k*k smaak wat bier het nie en mens kan die goed soos water drink. Dit mag wel dieselfde skop krag as normale bier hê, maar dit is mos nou nie ‘n probleem nie.

Na Watershed het ons besluit dat die geagter drentel genoeg is en dat ons reguit in die hartjie van die ding wil klim. Dinge het begin wild raak en Bacchus het mos net nie brieke nie. Om en by 23h00 het my liggaam op my begin skreeu en ek het maar besluit om Tigger te gaan oppas en ook maar die body so ‘n ruskansie gee. Vir die res kan ek nie praat nie, maar hulle was nog daarna Al’s toe en is eers 04h00 daar uit. Al wat ek weet is dat toe hulle in daai bakkie klim 04h00 het van die bulletjies woes houe gevat….

Sondagoggend – ok ek kan my oë oop maak, ek kan my arms voel, ek kan my bene voel….uhmmmm….ok ek het dit darem gemaak. Die oggend stilte tref my en met die wete dat 5 ure op die pad vir ons wag begin ek amper huil. TB word stadig opgeslaan en die laaste kiekies word geneem. By Spar word die laaste snacks gekoop en daar gaan ons.

By Gouritz is daar besluit om die naweek op ‘n bang af te sluit. Eugene is ‘n man met ‘n vrees vir hoogte, maar reken dat Willeklong ‘n tool is vir hom om sy vrese te face. Nou as jy klaar ‘n vrees het vir hoogte dan sal die Bridge Swing maar seker die eerste stap wees om te vat en as jy dit oorleef dan kan jy maar aanskuif na die Bungi ding. Maar Eugene besluit hy het nie tyd vir draaie loop nie en het tante Bungi reguit in die oë gekyk. Bly om te report dat hy nie eenkeer terug gestaan het nie en sy launch van die brug was stunning. Ek het al beide, Bungi & Bridge Swing, gedoen maar persoonlik geniet die Bridge Swing meer. Vicky het ook nog nooit die groot stap gedoen nie en het maar besluit om die Bungi ding vir ‘n ander dag te los en ons twee het toe saam die bleddy brug af geswing. Gelukkig het die seun my darem nie toe gek*k nie. Het hom nog nooit so stil gesien nie…hehehehe.

Die Kaap roep en Tigger wil sleep…. (en 8 ure later, nie die 5 ure waarop ons gereken het nie, he tons uiteindelik in die Kaap aangekom.)

Presies ‘n jaar terug het ek en Ron die eerste Willeklong trip (Oesterfees 2004) gedoen en hier is ons weer, na een van die hardste jare van my lewe ooit, reken ek. Jip Willeklong is ‘n jaar oud en die bulletjie tik nog goed. Dit was nie altyd afdraend gewees nie en daar was ook ‘n hele klompie bulte wat ons moes oor kom. Het tonne pals en plekkies gesien oor die jaar en dinge gaan nou nog net wilder gaan van hier af. Vir almal wat ons oor die jaar ondersteun het wil ons net baie dankie voor sê. Vir die familie en close pals wat ons soms min sien wil ons ook dankie voor sê dat julle geduldig met ons is as ons nie altyd daar kan wees nie.

Dit was een kickass avontuur tot nou en dit is nou maar eers die begin.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *