Blog

Hike na Stanley se liggie

Vir die wat hom ken sal weet die oom (Stanley) is ’n legende in die Ladismith omgewing. Hy het jare terug, 31 Mei 1963 om presies te wees, ’n liggie in die Elandsberg gebou en die kry sy krag van ’n kragopwekker wat aangevoer word deur water. So as die liggie nie brand nie weet die dorp daar is nie water in die berg nie – eenvoudige konsep, maar net een man het daaraan gedink en tot vandag toe is dit ’n bekende landmerk in Ladismith. Meer oor die liggie kan hier gelees word

Ons avontuurtjie het so 2 weke gelede begin toe ons aan die voet van die berg staan gewapen met sak en pak om die liggie eerstehands te gaan beskou.

Met ou Vicky wat so jaar terug by die einste liggie was, het ons gevoel ons was in goeie hande…uhm…of was ons…

Kie se einste woorde toe ons by die voet van die berg kom was:

“Kêrels, hierdie is nie so hard soos dit lyk nie. +/- 3 ure en ons is bo. Daar is genoeg plek bo waar ons die tent kan opslaan en as dit moet is daar grotte wat ons kan gebruik…”

Wel, as ons Vic sê dit is +/- 3 ure dan behoort dit nie rof te gaan nie…aaai as dit maar net die waarheid was.

Ons wanne-be Camel Man (dit sal ou Vic wees) het heeltyd ’n middagslapie op gedagte gehad en elke uur mooi laat verstaan dat ons liewers by die huis moes bly om die rugby te gekyk het…liewe bliksem is dit dieselfde ou Vic wat ons ken wat net in die veld wil wees…

Die roete is maar swak gemerk en kort-kort word daar verdwaal en dan word die roete eers gesoek.

4 ure later en ons is nog nie by die bekende liggie nie.

“Hey Vic hoevêr is hierdie bleddie liggie?”

“Nee, hel kêrels ek het nie meer ’n clue nie…”

Nice…very very NICE! Die paadjie waarop ons is, kan net sowel nie eers ’n paadjie wees nie. Voor ons is een groot stuk klip en agter ons raak Ladismith al hoe kleiner en kleiner.

So net na 13h00 word die klein liggie om ’n koppie gewaar. Die vreugde is hoog, maar die laaste stretch na die liggie gee mens maar hare op die tande.

Uiteindelik by die liggie en ’n teken van ’n horisontale gedeelte is daar nêrens te siende nie.

“Hey Vic jou brak – waar de hel gaan ons die tent opslaan wat hier is net rotse en waar is die verdomde grotte waarvan jy gepraat het?”

“Nee, hel kêrels ek het nie meer ’n clue nie…”

Ag hel, die is later vanaand se worries. Na ’n deeglike recon op die liggie word daar ’n vrag hout nader getrek en ’n vuur maak vinnig sy verskyning en kort op die se hake ook die eerste bottel soetwyn.

Die wêreld is menslik koud, maar ek sal dit vir niks verruil nie. Hier sit ek op ’n berg en vries my dinges af saam met 3 oor gewigte brakke (vrinne). So paar uur gelede het ons maar gevrek die klip op en hier sit ons nou en geniet ons eerste van 4 soetes.

Ou Vic skarrel in sy sak – dan is daar ’n vloek, nog een, nog een en toe die knaap om draai sal mens glo iemand het hom gedreig om op ’n dieet te gaan.

“Yes brak, wat de hel is fout met jou?”

“Nee, bliksem ek wil sommer huil. Ek het vir ons ’n radio gebring om die rugby te luister, maar nou werk die verdomde ding nie.”

Daar word hard probeer, maar alles te vergeefs.

Die aand was koud – vrek koud, maar die view oor Ladismith se liggies was ongelooflik en ’n stunning view om aan die slaap te raak.

Die volgende oggend is almal vroeg uit die vere en na so 45min se sukkel het ons weer die roete gekry, maar dit was nie lank nie of die het dood geloop. Daar word +/- ’n uur gesoek na die verdomde roete – berge op en berge af, maar niks nie.

Vic reken het hy dink hy het ’n paadjie doer onder gesien en met geen ander opsie nie het ons ’n kans gevat – gelukkig het dit uit gewerk.

Maar dit was nie die einde van missing roetes nie. So uur later en ons was weer sonder ’n roete. Vic besluit om bo langs te skiet terwyl ek, Ruan & Ricky middel / onder die roete te soek. Na so uur kom ons 4 weer by mekaar en soos die lot dit wil hê op die paadjie…

Van daar was dit net af en af…die knie & tone het hard houe gevat. Met geen teken van water en die son wat ons van alle kante wetter het dit ’n lang dag begin raak.

Kan die verdomde koppie nou wraggies soveel skade maak. Hel, ons is al teen rowwer goed uit, maar vandag is ons al 4 naby aan die dood.

15h00 en uiteindelik is ons van die koppie van hel met ’n liggie wat heeltyd brand af.

As jy weer in Ladismith is gedurende die aand kyk bietjie teen die berg vas en kyk maar hoe hoog daai liggie skyn.

Stories in Ladismith loop rond dat oom Stanley meer as 100 keer die berg op is om sy liggie in stand te hou.

Was al bevoorreg om die oom al persoonlik te ontmoet en moet sê hy is ’n ware legende, al kry hy nie al die herkenning wat hy al moes gekry het nie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *