Blog

Moorreesburg skou

Vrydag laat middag en Vic se sjorra sleep met alles wat hy het verby die koring en ganola lande, met Elizca en die res van die crew in hare, oppad na die Swartland dorpie, Moorreesburg. Die seun moet wikkel want dit is weer skou tyd en ons (Ronel, Elizca, Ruan, Vicky & ek) wag al ‘n tydtjie vir die een. Het verlede jaar een kick-ass tydjie hier gehad, dat ons hom nie die jaar kon mis nie.

Vir julle brakke wat nie weet nie is Moorrreesburg net na Malmesbury (+/- ‘n uur se ry van die Kaap) en ek sweer hierdie plekkie het die woord samesyn ontdek. Dit is omsingel met koring en geel ganola lande en mens kan sommer gou-gou sien hoekom die Swartland so geloof word as een van die mooiste distrikte in ons land.

Net so na 19h00 stop ons huigend voor die skou gronde. Eerste stop moet en gaan die watergat onder die paviljoen wees. Hier het ek verlede jaar deur fases van oorlewing gegaan toe ek saam met die locals probeer by hou het, maar hey dalk kan ons by hou hierdie jaar.

“Willeklong julle BLIKSEMS!” kom die kreet van agter die bar.

O my genade net nie dieselfde knape weer nie. Verbeel jou die volgende: twee bullejies (+/- 100g) elk, een ‘n polisieman en die ander ‘n gewese een, die een met die ander se dogter getroud en manne wat ‘n plek mag en kan aan die gang skop. Hulle bou nie gees nie, nee wat ou swaar. Ek dink hulle het dit ontdek. Jip ek praat natuurlik van Henk en sy skoonseun Jaco. Hulle het ook verlede jaar die watergat beheer en as dit 10% soos verlede jaar was gaan ons sukkel om hier uit te kom. Om dinge nog meer ‘n twist te gee het ons twee fris bulletjies met die intrap raak geloop en die skou is afgeskop met alles wat leef en beef. As dit nie die sokkietreffers is wat die plek vul nie dan word die Stem uit volle bors gesing.

Later het dinge op die counter geskuif en die plekkie het gerock. Toe woord kom dat die dans in die groot tent begin het is glase “volroom melk” mooi klaar gemaak en oorgeskuif na ‘n VOL saal. My moer, maar hier gaan dinge nou vir jou lekker. Die saal was in ‘n L vorm en was gepak van hoek tot hoek. Cristo en Kobus het die klanke voorsien, hierdie manne het die balke plat gespeel. Moorreesburg skou is amptelik besig om gat te skop en mense dit is lekker om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Van oud en jonk word daar gekuier en as dit nie die ouma is wat die klein goed om die baan vat nie dan is dit hierdie een moerse hot girl wat saam met een of ander brakkie dans. Sal haar maar later vir ‘n dans vra…

Het duskant ‘n half ton nuwe mense ontmoet en maggies het ons nou vir jou lekker gekuier. Maar hoe later dinge begin raak het hoe leër het die plek begin raak. Ons moet maar seker slaapplek êrens gaan soek. Na ‘n vinnig flip deur die dorp op soek na ‘n verlore kuierplekkie het ons maar besluit dat ons êrens ‘n plekkie op die skougronde sal kan kry om te kiep. Nou tent op slaan is malligheid so met Vic wat leiding vat besluit ek, Vic en Ruan dat ons maar slaapplek in die beesstalle sal kry terwyl Elizca en Ronel in haar klein sjorra kiep. Hooi beddens word gou-gou aan mekaar geslaan en die laaste ogie word net gou-gou gegooi om seker te maak dat bul se kind nie hier naby ons kom trippel nie.

Die aand was koud en met bees se kind wat die HELE aand kla het dinge maar rof aan gegaan. Net so duskant 06h00 Saterdagoggend word ons omsingel deer ‘n span plaaswerkers wat ons woes deur die k*k uit kyk.

“Hoekom lê daar nou whities in ons stalle?”, moes hulle gewonder het. Blad word geskud en ons besluit dat dit seker maar ons teken is om gat te lig en die dag aan te pak. Die koppe raas en dit voel of ek deur ‘n New Zeeland pak getrap was. Maggies maar samesyn het een helse negatiewe effek op ‘n mens.

Na breakfast by die dorps hotel het ons besluit om dalk nog so effe horisontaal te verkeer, want mens kan ook nou nie moeg die ding aan pak nie. 12h30 Saterdagmiddag en ons is terug op die skou gronde na so paar ure se slaap by Elizca se plaas. Die skou terrein is gepak met van die nuutste en gemoderiniseerde plaasimplemente. Wat my verbaas het was hoe elke vervaardiger sy gedeelte tot die maksimum gebruik het. By elke stalletjie was daar ‘n paar knape wat die stadsjapies (seker maar soos ek) ‘n paar dinge van die goed kon vertel en daar moes seker maar ‘n paar gewees het wat hulle gatte vir ons af gelag het met al die k*k vrae waarmee ons vorendag meen gekom het.

Ruan moes ongelukkig terug Kaap toe skiet vir persoonlike redes buite sy beheer vroeg die oggend, maar Parma (wat by ‘n huisdans was die Vrydag) het net so na 13h00 sy vet pens laat in trek.

Kom ons gaan sê gou vinnig hello vir Jaco & Henk by die watergat…yeah right sal dit vinnig wees. As Henk en Jaco klaar nie genoeg was nie het ons ook ‘n ou Willeklong besoeker, Marius Fourie, raak geloop met sy hele spannetjie.

Mej Moorreesburg was gehou in die saal maar aai die stil staanery is darem nie vir ons nie. Daar was in elke geval te veel ander mooi girls verspreid oor die terrein. Die manne (skoubeeste en stoetbulle) saam met wie ons die Vrydagaand gebunck het was besig om hulle verskyning op die veld te maak en maggies daar was darem nou vir jou GROOT MENERE. Ken nou nie baie van die goed nie, maar shit die knape het stunning gelyk. As jy hier verveeld raak dan kan geen mens jou help nie, want te doen is daar baie.

Met al ons soeke na nuwe avonture en paniek saai het ons ‘n jonge dametjie, Emmerie, raak geloop wat darem effe dapper genoeg was om ons so ‘n bietjie van die perde en alles gepaart daaraan wys te maak. Shame dit moes seker vir haar verskriklik wees soos sy na al ons onkundige perde aanmerkings moes geluister het.

Het Elizca en Ronel op n stadium verloor en later eers die nuus gekry dat hulle saam met van die locals gekuier het waar die manne gespog het met fotos van al hulle stoetbulle. Hulle het ook maar net kop geskud en saam gekuier.

Die dag was lank en vol en ons mag maar ons Willeklong wit frokkie uit trek vir Moorreesburg vir ‘n stunning skou. Die kuiertjie die aand by die saal was baie stiller as die vorige aand en ons het besluit om maar bietjie verder as die skougronde te ontdek.

Woeps, waps en hier val ons Guttas binne. Parma wat langer gebly het by die skou het later daar in geval. Marius en sy span het later ook opgedaag en om alles nog meer erger te maak toe daag daar nog ‘n gereelde besoeker aan die Willeklong webwerf, Charl, en sy vraggie gevaarlike mense daar op.

Met die wete dat ons WEER NIE slaap plek het nie het ons maar langer en langer gebly. Toe dinge nou uiteindelik na ‘n kant van stiller staan het Charl darem geoffer ons kan by hulle op die plaas kom kiep vir die aand. Sondagoggend en hier skiet ons die groot Swartland dorpie uit op pad plaas toe.

Moorreesburg en sy mense het my net weerees laat besef hoekom ons so lief is vir hierdie land. Ek dink die feit dat daar sulke oulike girls ook was het ook gehelp met hierdie besluit, maar ja dankie aan almal wat die naweek so great gemaak het vir ons en ons hoop dat hy groter en groter sal word elke jaar. Sal graag name wil mention van almal wat ons daar ontmoet het, maar o wee daar was net te veel gewees.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *