Blog

Malmesbury skou

Dit is ‘n Woensdagaand en ek sit voor hierdie stuk blik en probeer woorde agter mekaar kry om nog ‘n kick-ass naweek te beskryf. Ja dit is seker ‘n moerse cliché dat elke naweek in dié knaap se lewe kick-ass is en soms sit ek en wonder ook of dit regtig so is.

Maar jy weet, dit maak nie saak hoe baie houe jy fisies en mentally vat met hierdie paniek saaiery nie. As jy rustig is en jy reflek terug of wat gebeur dan vat dit nie lank voor daai simpel smile op jou bakkies terug is nie. Daar is niks lekkerder om ‘n plek in te stap en gesigte van vorige trips te herken nie. Skielik word die geselsies aan geknoop en voor jy jou kan kry is jy tussen ‘n vrag mense wat nou die ding ook wil aanpak met alle mag. En ja die naweek was nie kick-ass nie, maar bef*k en dit is nie ‘n cliché nie boeta.

Malmesbury is in die hartjie van die Swartland en is wraggies net om die draai van die Kaap. Die plek loop oor met mense mense en daar is mos nou niks lekkerder as dit nie. Die dat almal sê dat die mense van Malmesbury almal brei praat sommer louter k*k boeta. Ek dink ek het die naweek seker net een persoon ontmoet wat die R so bietjie meer as ekke gebruik.

Vrydagaand skiet ek en Vic deur na een helse lang en harde week. Die tyd het gekom vir chill en om nuwe gesigte te ontmoet en kyk hoekom hierdie skou nou werklikwaar op die kalender is. Die plan van aksie was maklik. Watse plan? Whahahahaha…shit ons beplan nooit nie. Die enigste ding wat ons weet is dat ons ‘n WK shirt gaan aan hê en dat dit nie baie vat om ons aan die gang te kry nie.

Weer se kind het nie so lekker gespeel nie en na so paar doppe by Patat se Gat het ons maar geskiet vir die saal waar daar ‘n steak ete en dans of iets aan die gang was. Wil nie baie oor die kort tydjie by Patat se Gat praat nie want ons het amper nie daar weg gekom nie, want mense kan darem nou vir jou vinnig daar vasval met die samesyn en voor jy jou oë uitvee dan is dit ‘n week later. So na ‘n paar harde knertsies is dit ons en ‘n stuk steak.

Bees se kind was vrek lekker, maar lekker klanke het die saal uit gekom en die gatte het begin juk…woes gejuk. Met die intrap is dit ou gesigte en bekendes van vorige avonture. Dinge gaan hier begin taai raak en hel het dit nou nie vir jou rof gegaan nie. ‘n Knertsie hier en ‘n knertsie daar en voor jy jou kan kry is dit net van oorleef. Later het ek na mense verlang wat ek nie eers ken nie.

Saterdagoggend word ons agter in Tigger wakker op ‘n leë skougrond. Die koppie raas en ek begin bid vir die pyn en lyding om te eindig. Net so voor ek my oë oop maak stuur ek so ‘n kleine skiet gebedjie deur met die wens dat daar tog ‘n mooi girl langs my in die bakkie lë….yeah freaken right. Vicky snork soos ‘n tor en die ding lyk of trop bef*kte korporale hom beet gekry het. Ek het begin dink aan die dae toe my Afrikaanse juffrou my uit gek*k het omdat ek na haar mooi goete bly staar het en vir al die keure wat ek op my moer gekry het daarvoor Liewe hel ons het dit gemaak al is dit net-net. Nee hel die kêrels hier kan en mag die pap duk aan maak. Na breakfast in die dorp is dit weer terug skougronde toe waar Ruan vir ons gewag het. Nie lank nie en ou Charl is ook by ons.

Malmesbury se skougronde het seker van die beste fasiliteite vir so ‘n gebeurtenis. Die oggend het maar stil begin, maar dit het nie lank gevat voor die stalletjies en plekkies gewemel het van mense nie.

By Patat se Gat ontmoet ons twee knape, Abrie & Wettie, wat seker die skou vir ons gemaak het. Abrie het sy stories van perde en rodeo met ons gedeel en ons kon net nie ophou lag hoe snaaks die bulletjie is nie. Christo het die stage gevat en stadig het die plekkie begin bewe. Die polisiekoffie het begin woes loop en mense samesyn was ons baas. Nes elke vorige trip het die locals hier ook net weer gewys hoekom dit so lekker is om hierdie gebeurenisse by te woon.

Later het Ronel & Elizca ook hulle verskyning gemaak en om dinge net so klein bietjie ‘n edge te gee het Duvan en Wally van CTRLMedia ook daar uit espring met hulle kameras. Moes so paar shoots oefen vir ons trippie Ladismith toe en dit is darem altyd snaaks om te sien hoe mense verander as hulle voor ‘n kamera geplaas word.

Na Chrsito het Tien Rand Vyftig die stage betree en nou was ons sommer baggas se baas. Liewe hel maar daai knape kan nou vir jou ‘n plek wit warm speel. Het hulle nog nooit live gesien nie, maar sal hulle defnitief weer wil sien. Rooi liggies het begin flikker en ek het sommer geweet as ek nie nou spore gaan maak nie gaan ek more in woeste pyn wees.

“Henry kom maak nog so knertsie hier by my!”

Ok daar gaan daai k*k idee om bed toe te gaan. As ek nie my g*t af gelag het vir Abrie nie het die local se stories my op my g*t gehad soos ek gelag het. Soos ek hierdie artikel tik sit en lag ek as ek so terug dink aan die naweek. Mens kan dit nie op papier sit nie. Hoe kan mens al daai karakters beskryf. Daai lekker tye. Oom Patat se Gat. Hoe?? Daar is net te veel en mens se memory kan ook net soveel vat.

Hierdie was ons laaste skou van die jaar en maggies ek moet se ek is nogals bly, want ek sal nie nog een die jaar kon gemaak het nie. Malmesbury jy was lekker ou maat, en ons het houe gevat, maar dit was nie die laaste wat jy Willeklong gesien het nie.

Dankie aan almal wat die naweek so stunning gemaak het. Die lyf is nog steeds seer, maar die gedagtes lag nogsteeds.

2 Comments

  1. Wietze

    Vir wie dit mag aangaan

    Ek is ‘n uitstaller. Verlang kontakbesonderhede of aansoekvorm, asb.

    Hoor graag

    Wietze

    Zietskefotografie
    071 2011 599
    zietskefotografie@gmail.com

    1. Henry Jonker

      Hi Wietze,

      Ek het ongelukkig nie kontakbesonderhede van die fees organiseerders nie.

      Groete,

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *