Blog

Voorbereiding vir Kili

Kilimanjaro is om die draai en meeste van die ouens soek nog hulle skoene, k*k en hare. Junie is om die draai en voorbereiding gaan slegter as wat dit tans met die Stormers en Cats in die Super 14 gaan. Elke keer as jy jouself kan kry om darem te dink aan oefen dan tref daar een of ander kickass event jou en die thought van sweet en pyn is by die agter deur uit.

Hierdie wrede sirkel van events het ons hierdie naweek weer hard getrek met een ma helse groot Vrydagaand saam met Zinkplaat en Nu Bar. Saterdagoggend en baggas sit op die stoel in my kamer en lag vir my. Skielik skiet gedagtes van pyn en leiding en my naam gekoppel daaraan deur my kop en ek reken as mens wil hard speel moet jy wraggies bereid wees om hard te oefen ook…of darem te probeer in ons geval.

Na ‘n paar oproepe en dapper verhale is 5 van ons (Vicky, Ruan, Madre, Marli & ekke) aan die voet van Stellenboschberg. Madre & Marli het spesiaal hulle shopping Saterdae opsy geskuif en gereken as die boys dit kan doen kan hulle ook. Is nou nie groot stappers van formaat nie, maar met hangovers en al gaan hulle hierdie knaap pak.

Die stap begin by Coetzenbrug sportsgronde met ‘n lekker bree grondpad wat jou geleidelik die koppie opvat. Later word dit kleiner en net as jy duskant n laan dennebome kom skiet die smalpaadjie links wat jou na boontoe vat. Vic vat lead en ek reken met my fiksheids level op -4 sal ek die sweeper wees en darem net seker maak dat almal bo kom…dit beten ook dat ek MOET stop as een van die ander wil stop om te rus. Dus sal ek nie sleg lyk om elke paar minute te stop nie, want dit is mos die ander wat stop.

Die eerste stretch is gecover met losklippe en dit voel soms of jy in sand loop. Die asems blaas en die doodse stilte word verruil vir gedagtes van Hoekoms en Waaroms.

Uiteindelik skiet ons net oorkant die koppie uit en gatte word neer gevoeter op klip en grond om net die bene te laat rus. Tekens van moegheid is sommer vinnig duidelik as mens na al die k*k praat luister en mens kan partykeer net kopskud vir al die goed wat mens kwyt raak as jy jou liggaam bietjie druk.

Die bene het weer lewe en daar word geskiet vir die eerste baken. Die berg het glo 4, maar vandag sal daar net tot by die eerste een gegaan word. Daar aan gekom word ‘n ligte middagete genuttig. K*k praat bereik ‘n nuwe level en ‘n lewensbesluit word geneem om so gou as moontlik van die berg af te beweeg voor dit nog ‘n groter level bereik.

Af het effens moeiliker gegaan, want met Madre wat net net langer is as “Mini Me” en sekere spots wat effens woes sak het dit maar gesukkel. Net voor 16h00 sleep die hele vraggie Coetzenburg binne. Vrydagaand se doen en late het defnitief ‘n faktor gespeel en sprake van vog in die liggaam is daar nie meer nie.

Wel hierdie was nommer een en al het ons effens laat begin sal die res van ons voorbereiding vir Kilimanjaro van nou af bietjie meer intense en woester wees.

So byt op jou tande en hou daai damn smiles vir later, want Willeklong gaan Kilimanjaro toe al beteken dit wat ookal.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *