Blog

Kamp by Edenvallei

So word daar vroeër die jaar by ʼn kuiertjie by die Laas’e besluit ons moet ʼn kamp saam met ons kwota Engelsman (Alan) doen, en voor ons die tweede bier kon knak word ʼn datum al vasgemaak.

Vrydagaand 6pm word die laaste goedjies gekoop voor ons die pad slaan Gouda toe. Net so paar km anderkant Gouda op die R44 draai jy links by die Moorreesburg bordjie. Van hier is dit grondpad tot jy die Bridgetown bordjie kry. Daar draai jy regs en dan links in by die plaas en dan al langs die lande tot jy by Edenvallei kom op jou regterkant.

Alan & Bruette was reeds daar en Paul & Marina was kort op ons hake.

Hierdie was Lian se 1st kamp gewees en van slaap was daar geen sprake die Vrydagaand nie. Dink daar was soveel wat die knapie in geneem het.

Soos altyd was daar onmiddellik aandag gegee aan die vuur terwyl ek ‘n klein kolonie op geslaan het (2 tente).

Meeste was maar effe gatlam na ʼn harde week so na ʼn paar rustige knertse na ete was dit tente toe.

Saterdagoggend 5am word ek wakker deur ʼn visarend se roep. Een woord – ONGELOOFLIK! Het al baie een gesien, maar nog nooit een hoor roep in die vroeër oggend ure nie.

Terwyl die oggend koffies geniet word het ek “probeer” visvang, maar na die tweede foutjie het ek geweet dit is beter dat ek liewers dit op sy sit voor ʼn stok of twee gaan swem …. ons praat nie weer hieroor nie.

Alan en Jean het die boot in die water gesit en kort voor lank het Alan al ons manne die sytakke van die rivier gaan wys asook sy kennis van voëls ten toon gestel.

19

”Look there that is A bird….look there that is B bird….look there that is C bird…”

Ek het nie A, B of C gesien nie haha

Boot + rivier + tube ry + lekker weer + goue vrinne = #GoeieTye en dit was +/- wat die res van die Saterdag & Sondag gedoen was.

Oom Jan Nel (eienaar van die plaas) het ʼn sterk hand op sy kampterrein en gereeld sien jy hom inloer by die kampeerders. As bootry en rustigheid jou ding is dan kan jy gerus Edenvallei probeer.

Dankie vir al die reëlings Alan – sharp sharp!

Kliek hier vir meer foto’s.

2 Comments

  1. Guy

    Please do you have a contact number for Eedenvallei.

    1. Henry Jonker

      Hi Guy.

      Om Jan’s mobile number is 083 225 3810

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *