Blog

Geelstertfees

Laat Vrydagaand sleep twee bakkies vragte pals ‘n koue en winderige Stuisbaai kampeerterein binne. Die plek is verby vol en plek vir ‘n twee man tent is daar nêrens te vinde nie. Na ‘n halfuur se search & rescue kry ons uiteindelik ‘n spot wat toe wraggies nie verder as 200m van die ingang van die fees is nie. Dit kan mos net later vanaand tot ons redding kom. Tente kry vinnig hulle plek en almal is reg vir Struisbaai se jaarlikse Geelstertfees.

Die set-up by die fees is heel eenvoudig. Een helfte van die kampeerterein word vir kamp en al daai k*k en hare gehou terwyl die ander helfte die fees huisves. Hierdie jaar was die hele storie so effe groter en het hulle gesorg vir twee tente waar kunstenaars kan optree. Die Huisgenoot tent was soos altyd die grote, maar met net een teerpuntjie. Dit het net ‘n wynstalletjie agter gehad en as jy enige iets anders as wyn wil koop dan moes jy dit by die ander tent gaan koop het. Maar hey, so bietjie stap het mos nog nooit iemand dood gemaak nie.

Omrede ons so laat Vrydagaand daar aan gekom het was ons net betyds om die laaste gedeelte van Eden te check. Main tent het toe gemaak en alles het oor geskuif na die kleiner ene, waar daar woes gebou was aan die gees. ‘n Duitser wou met alle mag Vicky se kaki Willeklong hemp hê en het die ding van sy lyf gekoop vir R300. Wil glo gaan ski met die ding as hy nou terug gaan huis toe. Kry darem snaakse mense. Met nog R300 blare in die sak het dinge net nog groter geraak.

Terug by die tent en Amy, Lara, Marli en Mitzi se tent lyk soos iets uit ‘n scary book verhaal. Gelyk of die wind ‘n drinking game met die ding gespeel het.

Saterdagoggend en Stuisbaai is dood stil. Min dat jy dit kry op ‘n fees, want dit lewe gewoonlik 24/7. Maar ek reken die wind en Bacchus het met almal gemors. Die stilte maak mens skoon bang, want jy weet nie wanneer hierdie hele ding nou ten volle aan die gang gaan skop nie. Jou lyf is seer en jy het ¾ van jou goed êrens nêrens verloor. Die bakkies lyk woes met klere, sand, gras, wyn, brannas wat dit bedek. Headcount word gedoen en Brill is weg. Die info het eers later deur gekom dat die knaap dorp toe was toe almal geslaap het om die pap daar verder dik aan te maak.

Almal is op en breakfast word verruil vir koue Savannas en polisiekoffie (brannas en koffie). Wind se kind is sommer weer lekker woelig vroeg die oggend. Die dag se line-up is groot met name soos Wicus van der Merwe, <a href="http://www.dnastrings.com" target=’_blank’ class=’commentLink’>DNA Strings</a>, <a href="http://www.arno.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>Arno Jordaan</a>, <a href="http://www.nicholislouw.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>Nicholis Louw</a> en natuurlik ou <a href="http://www.theunsjordaan.co.za" target=’_blank’ class=’commentLink’>Theuns Jordaan</a> om net ‘n paar te noem.

Het ‘n lekker spot in die main tent gekry so net na 12h00 en daar sou ons bly tot die bitter einde. Die hele saal was gepak met stoele en almal het maar die sit ding gedoen, maar toe uncle Wicus daai stage slaan toe kon daar net nie meer gesit word nie. DNA Strings het die pap nog verder dik aangemaak en dit was nie lank voor daar ‘n helse party aan ons kant van die tent was nie. Die brannas en bier tent was te ver en om dinge maar makliker te maak besluit ons maar om die ouens van die Swartland Wynkelder te ondersteun. Die wit wyn en hanepoot loop soos water en daar word nou uit die hoogste rakke aan die samesyn knaap gebou.

Loop wraggies ou Minke van der Westhuizen raak en bliksem manne sy is werklik mooier in die regte lewe. Flipdog (Flippie) en Ivan van DNA Strings is ook later in die groep en dinge begin net lekkerder raak. Theuns Jordaan het soos altyd weer so ‘n paar groot legend songs uit sy kolleksie uit gehaal. By die tyd was daar nie meer genade op ons lywe nie en was ons en Bacchus groot sjommies. Ou tannies het gedans en gekuier asof hulle op pas naweek uit die ouetehuis is. Die ou manne het in gelê in die vog want mammie was nie naby om te monitor of pappie se pacemaker dit gaan hou nie. Broertjie, die gees was groot en woes. Lanklaas ‘n groep mense gesien wat Hannepoot so gedrink het. Ek dink ek het Brill nie een oomblik sonder n knerts Hannepoot in sy hande gesien nie.

Ons het geweet die pyn gaan ons môre hard tref, maar dit is môre se probleme. Nickolus Louw en sy skoene het die shou afgesluit en elk tiener girltjie het haarself amper uit haar onderklere gespring toe hy sy skoene in eerste rat sit.

Terug by die tent en daar word net nie gestop nie. Wind is nogsteeds teen ons en die kuier word verder agter op Tigger se bak gevat.

Sondagoggend en ‘n innerlike hel breek los in my kop en ek vervloek alles en almal wat Hannepoot geskep het. Tigger lyk 5 keer slegter as Vrydagaand se eskapdes en ek reken dit sal makliker wees om die knaap net te verkoop as om dit te probeer skoon maak.

Tente word af geslaan, bakkies gepak en daar word terug verlang na die plek wat hulle huis noem. Daar gaan niemand ‘n glas Hannepoot jou hand in druk nie. Dit gaan net jy en jou beter innerlikke self wees. Soos daai song van David Kramer (Boggom en Voetsek) oor die radio blaas sleep ‘n stil vrag Willeklong Napier deur en dit is oppad huis toe.

Groot dankie aan Mariaan en haar span wat vir ons comms gereël het. Het nou wel geen teken van vis gesien nie, maar bliksem dit was ‘n grote gewees. Vir ou Amy, Larah, Mitzi en Brill wat vir die eerste keur saam met ons getravel het wil ons net groot dankie sê dat julle so groot sport en fun was. Hoop ons kry julle wetters op die volgende ene.

3 Comments

  1. MANDA

    WANNEER IS HIERDIE JAAR SE FEES?

    1. Henry Jonker

      Middag.

      Ek het ongelukkig nie daai info nie. Om eerlik te wees ek weet nie of die fees nog aan is nie.

      Groete,

    2. Henry Jonker

      Manda – ek het oor die naweek gelees hulle het glo die fees gekanselleer die jaar. Dink dit was in die Rapport gewees

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *