Blog

Drakensberge jou mooi ding

Van Fouriesburg het ons weer op die R712 geklip deur Golden Gate en dan net na die Sterkfontein Dam regs op die R74 oppad Bergville toe.

So 30km verder kry jy die Royal Natal Nasionale Park afdraai. Van hier is dit nog so 20km tot by die reservaat se hek en kampterrein, Mahai, waar ons 3 aande gaan kamp.

Wat hierdie reservaat so populêr maak is die wêreld bekende Amphitheatre, ‘n rok muur 5km in lengte en 500m hoog. Dit is iets wat gesien moet word as jy in die noorde van die Drakensberge is.

‘n Maag virus het my in Lesotho gevang en die is vererger met maag krampe met ons eerste aand. Ons bure ,van Benoni, het gesien hierdie knaap vat groot houe en het onmiddellik vir Marli Chamberlains in die hand gedruk. Die is sekerlik die slegste medisyne, maar toe ek daai volgende oggend wakker word was daar geen tekens van enige maag krampe of virus nie.

Om die maag te toets het ons ‘n dag hike aangepak. Mahai is omsingel met hordes dag hikes, alles van eenvoudig roetes tot uitdagendes.

Die een wat ons aangepak het was seker nie van die maklikste nie, maar toe ons ‘n rus kansie op een van die koppies neem om die asemrowende uitsigte te geniet kom Marli se hart tot stilstaan toe sy ‘n groot mannetjie bobbejaan sien wat niks verder as 2m agter my kom sit het nie.

Ek moet herken ek het myself byna toe bedinges want ek weet die is nie enige mens se maat nie. Stadig en baie versigtig het ons vinniger en vinnger van die knaap probeer weg kom, maar na so 100m sien ons daai knaap se kind ons agtervolg. Nou raak die stappie effe vinniger en so tussen al die terug kyk sien ons nie die trop ander bobbejane voor ons nie.

Ok dit is +/- hier waar M se hart nou HEELTEMAL gaan staan het. Ons het in die middel van die knaap se pad gekom toe hy probeer terugkeer na sy trop toe. Hierdie is nie ‘n posisie waarin ek wil wees sonder ‘n soliede voeter tool nie.

Marli het hierdie situasie glad nie goed hanteer nie en sy wou onmiddellik terug gaan weg van hierdie trop. Terug by ons rus plekkie kry ons ‘n ander groep hikers en met hulle saam met ons probeer ons weer die roete. Die keer het die trop oor die roete beweeg, maar ons moes nog steeds baie versigtig verby hulle beweeg.

By die half merk punt neem ons ‘n koue shower onder ‘n waterval voor ons die laaste paar km terug kampterrein aanpak. Woensdag, 31 Desember, skiet ons na Bergville toe om darem so paar koue goedjies vir die keel te kry want mens kan darem nou nie Nuwe Jaar vier met ‘n droë keel nie.

Maar aai die duiwel is maar regtig ‘n wetter en laat middag begin Marli naar raak. 21h00 en beide van ons is in die bed, net betyds voor die reën, weereens, kom. Volgende oggend was sy darem weer beter en reg vir nog ‘n dag se verkenning van die plekkies om die reservaat.

Vrydagoggend, 2 Januarie, en ons slaan weereens tente op en pak weereens die bakkie. By die tyd begin ons beide nou effe gatvol raak vir hierdie in en uit pakkery.

By die vierrigting stopstraat draai ons regs op die R74 Bergville toe. Van hier gaan ons tot by Winterton toe waar ons dan regs draai op die R600 om waffels by die bekende Waffel Hut te geniet.

Na ete is dit dan reguit N3 toe tot by Mooi River waar ons gou vleis en biltong koop voor ons die laaste 70km tot by die kampterrein, Glengarry by Kampberg toe aanpak.

Met twee weke op die pad en die wete dat die vakansie nou na die einde toe staan het ons besluit om net rustig te wees en die stilte van Glengarry te geniet.

Met ‘n paar lekker steaks wag nie meer kan wag vir warm kole het ek maar besluit om die vuur te begin al het die wolke lelik begin dreig. En nes die lot dit wil hê toe ek die vleis op die kole sit sak daar ‘n vrag reën van Bo af neer en dit kom met alle mag.

Weereens het ons langs ‘n barmhartige buurman gekamp en dit het my sy sambreel geleen terwyl ek in enkel diep water / modder gebraai het. Marli was in die tent besig om ‘n aartappelslaai aan mekaar te slaan.

Ek was so doenig om seker te maak ek reg al die kole dat ek nie besig was hoe erg dit reën nie en toe ek nou uiteindelik klaar was en omdraai om tent toe te stap het dit gelyk of ons in die middel van ‘n rivier kamp. Die water was enkel hoogte en het teen die tent se spash-cover al op beweeg.

M het my in gewag met groot oë en wil net seker maak of hierdie ekspedisie tent van my die reënbui gaan weerstaan…wel ek was nog nie self in so rowwe weer nie, maar kom ons wees maar positief vir haar part, het ek gedink.

Dit het byna gevoel of ons op ‘n waterbed slaap soos die water onder die tent deur beweeg het. Nou TOER ons mos…whahaha.

Glengarry by Kampberg (video)

Wel ons, en die tent, het darem die aand gemaak. Die skoonmaak was maar ‘n proses, maar ons moes maar weer reg maak om op die pad te kom die keer tot by Underberg waar ons ‘n aand by die Under_the_berg B&B spandeer het. Vir die eerste keer het ons ‘n TV gehad en dit was weer lekker om vir ‘n slag ‘n movie of 4 op DSTV te kyk.

Sondag, 4 Januarie en die keer is die Oos-Kaap toe.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *