Blog

Christmas in Winter fees

Junie / Julie is bekend vir die koudste maande in ons land met sneeu wat die berg pieke bedek, ALLE winters klere wat getoets word en natuurlik daardie oggende wat mens net nie uit die bed wil kom nie. Dus is dit die idieale tyd vir ‘n fees met die naam – “Christmas in Winter Festival” wat in Tulbagh (<a href="http://www.tulbagh.com" target=’_blank’ class=’commentLink’>www.tulbagh.com</a>) geskiet.

Saterdagoggend skiet ‘n vraggie van ons (Elizca, Liz, Parmalat, Eugene, Ron, Vicky en ek) die 1 ½ uur lange pad Tulbagh toe. Met ekstra warm goed en tonne komberse is ons reg vir die groot koue wat die sneeu bedekte dorpie vir ons gaan gooi. YEAH RIGHT! Soos die lot maar soms is was daar nog nie sneeu nie en was dit een van daardie mooi Winters dae met die son wat al sy kleure vir ons wys. Vicky was na aan trane, want dié het ‘n ton goed gebring om sy legendaries sneeuman te bou.

Na baie troos het ons besluit dat die droë kele ietsie nats nodig het. Met Poplers (bar/restaurant met Ferdinant Rabie se neef, Bertie, as eienaar) wat in die middel van die dorpie geleë is, het ons dit ons eerste stop gemaak. Na breakfast en ‘n paar lelike sterk knertsies is daar besluit om die dorpie in te vaar en kyk waaroor hierdie fees nou werklikwaar gaan. By die ingang moes elk R20 opdok en dit om net deur ‘n straat te stap met stalletjies. Waar is die bands? Waar is die gees? Waar kan ons voggies of ietsie kouds kry? Komaan hoe moeilik kan dit nou wees?

Na ‘n kort kuiertjie by die biertent wat op die sport gronde was en ‘n kort stop by amper al die stalletjies het ons maar terug gekeer Poplers toe. Volgens elke jan rap en sy maat is dit dié plek waar alles gaan gebeur en ook die plek waar die Bok game uit gesaai gaan word. Nog so spannetjie van die Kaap (HW, Claudia, haar broer en sy meisie) het ons nou al gejoin.

Dinge het begin kook in Poplers en voor ons, ons kon kry is Parmalat ingeskryf vir ‘n chili eet kompetisie. Hoe hy daarin beland het sal net hy weet, maar die seun se maag is mos nou nie bang vir enige iets nie. Die deelnemers het hulle posisies in geneem en daar gaan hulle. Shit ou Parma het die goed soos slap chips geëet en voor ek nog goeie-liewe-karoo-hel kan sê spring die bulletjie op met ‘n leë bord. Hy word ‘n paar bottels wyn in die hard gestop vir sy dapperheid en gelukwense kom van orals. Shit ek dink die ou Tante (konigin) van Engeland het ook geskakel om geluk te wens en ek dink ou Jake White ook, voor hy en sy span die veld in PE betree het. Parma se legend status het uitgebars en die seun het selfs sy maag in getrek as hy begin beweeg het.

Met die spoed wat ons die oggend begin het, het ek en Elizca maar besluit ons kort ‘n kleine ruskansie. Maar met Tigger wat reg voor die plek parker was, was dit ook maar van korte duur, want as dit nie jou eie vriende is wat in spring nie dan is dit sommer elke persoon wat verby stap.

BOKKE! BOKKE! en Poplers is gepak met mense. Ieder en elk, oud en jonk staan met ietsie kouds in sy hand en daar word rugby raad wyd en woes aan ou Jake gegee soos sy bokke die Hane les op gee. Na die game is dit terug na die Wit tent op die sportgronde, maar na die eerste knertsie kom die intelligence deur dat daar ‘n Boskroeg net so buite die dorp is. Nee hel dit kan nie gemis word nie!

Daar aan gekom en R20 later en ons is in. Voel of ek vir alles wat ek wil doen R20 moet betaal. Wil sommer van my kop af raak. Maar hey daar was voggies en kersfees decorations het die plek gevul. Vicky het skoon uit sy klere gesrping toe hy die sneeuman sien en ek het soos n trotse pa gevoel dat die aap darem nou gelukkig is. Elizca en Eugene het die dansbaan oop gemaak names Willeklong en daar was nie einde nie. Soos op elke trip het tonne nuwe gesiggies op geskiet, en die samesyn saam met die locals was wraggies lekker gewees. Hoe later hoe kwater en oom Bacchus het begin praat. Net so voor 24h00 word daar besluit dat die mae ietsie nodig het voor ons tente toe gaan om die aand af te sluit. Burgers word by Poplers opgetel en daar sleep die helfde van die span na die olyf plaas waar ons gekamp het. Vicky en Parma het hulle 12de asems gekry en dié wou nog deur trek. Eugene was êrens op Tulbagh en was weer op “ek het my verloor” mission. Gelukkig het Vicky-hulle hom later die aand darem raak gekuier en so om en by 03h40 was ‘n volle span by die olyf plaas.

Die oggend vroeg word ons wakker met emmers water wat van bo af kom. Dit is koud, nat, my kop is seer ek het een helse noot en my mond is vrek DROOG. Dinge kan net nie beter nie…hehehe. Gelukkig skiet daar so 10 minute venster van geen reën en ons basis word gou-gou opgepak en weg gesit. Uiteindelik is die noot weg en die mond voel beter. Die kop is nog seer en die liggaam nog nie heeltemal aan die go nie, maar alles is in en nog ‘n fees het sy gat gesien. Nou net vir die laaste stretch huis toe.

Die Tulbagh “Christmas in Winter Festival” was ietsie anders wat ons gewoond aan was en ek dink die feit dat dit nie gesneeu het nie was seker so klein bietjie teleurstellend, maar dit het ons nie gestop om ‘n goeie tyd te hê nie. Hoop om die dorpie in die toekoms gou weer te besoek en dalk weer die ou gesiggies raak te kuier om n koppie sawelyf.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *