Blog

Cerderbergfees

Dit is Vrydagaand en my g*t juk woes om die langpad Clanwilliam toe te vat, maar ons moet eers wag vir die koper van my sjorra. Ja mensies daai meisie is nie meer met ons nie. Sy was net te oud vir die langpad en die ding het so bietjie gevaarlik geraak met haar, maar daar is nou ‘n nuwe seun in die speelpark en sy naam is Tigger – Isuzu bakkie. So as ek praat van Tigger moet asb nou nie dink ek praat van iemand nie (die een is vir jou Eugene…hehehe). Na ‘n lang wag daag die man op, hand word geskud, sleutels en geld wissel hande en siedaar daar is ons op die langpad.

Ons was net drie (Ek, Eugene & Elizca) wat vir die fees op geskiet het. Paul het gereël dat hy ons later die aand sal kry, maar dit het my nie geworry dat ons nie so groot groep was nie. Het nou al geleer dat ‘n mens nie ‘n groot span hoef te wees nie, want ek kan jou guarantee jy sal mense daar raak loop wat jy ken of wat jou ken. Dit is ook wat presies gebeur het. Na 2 ½ uur se stil sit het ons die dorpie betree. Daar was besluit om tente hierdie keer eerste op te slaan anders gaan ons woes sukkel in die vroeë oggend ure. Net NIE weer dit nie. Het vir Eugene se broers en die se pals (Werner, Etienne, Jacques & Syndey) ook by die dam gekry en die het hulle ook gevestig in ons TB (tydelike basis) Van 3 na 7 en ons het nog nie eers n dop in die gat nie.

Die hoofstraat van Clanwilliam was afgebaken vir die fees en as jy die straatjie af stap dan is dit moeilik om dit nie met ‘n klein KKNK te vergelyk nie. Kosstalletjies het die sypaaitjies versier en jonk en oud het die atmosfeer geniet. Daar was reguit na die Vermaaklikheidstent toe geskiet, want daar was een (@()#*$ noot vir ietsie koud vir die moeë liggame. “WILLELONG JOU BLIKSEM!!” kom ‘n kreet deur die lug en ek dog dit is nou die einde van die werêld. Nes ek gedink het – nog Willeklonge. Klippies en sy sjomma het gelyk of hulle al ‘n maand daar fees hou en ons het besef ons moet inhaal, want ons het die fees so bietjie laat gejoin. Het weer die boys van Skallebrak raak geloop en so ‘n paar knertsies saamgevat voor hulle die stage betree het vir hulle gig. Die stage was onder hierdie moerse wit/blou tent wat gevul was met sakke vol hooi. Dit was bietjie ongemaklik in die begin, maar later die aand (ok of was dit nou die oggend?) het dit tog die lekkerste kopkussing geword. Skallabrak het soos altyd die crowd op hul voete gehad en sommige het so hard fees gehou dat daar nie eers meer voete was nie. Vir die eerste keer in my lewe was ek geskok met die hoeveelheid girls op die fees. Wraggies manne, waar was julle. Ek, Eugene, Paul (het toe later op gedaag), Klippies, Jacques & Werner moes net keer, want anders raak ons elke 10min verlief. Jesse Jordan Band het die aand af gesluit met ‘n kick-ass vertoning soos altyd.

Toe Jesse klaar was het die dorp ook soort van toe gemaak en die kuier het toe geskuif na die dam. Hoe laat ons die tente betree het weet ons nie, maar ek weet dit was lig toe Eugene sy matras bestorm het. Saterdagoggend was daar gou dorp toe geskiet want die honger was net te erg. Eugene het so hier en daar grond gevat, want hy het seker so bietjie minder as n uur geslaap. Na breakfast was dit terug tent toe om so bietjie te chill voor ons die dag slaan. Yeah freaken right. Die bottles voggies is uit geruk en voor ons, ons kon kry, toe is dit op en ons is reg gewapen vir nog ‘n groot dag. Eerste stop was weereens die Vermaaklikheidstent waar ons, Ronel en haar wingman raak geloop het. Oom Tas was die gif en maggies was dit darem nie gif gewees nie. Hoekom ons dit gevat het sal net die vrek weet. Karin en René (2004 se Zing wenners) het die skare aan die go gehad en Karin het veral goeie punte by ons Willeklonge op getel….maggies nogals n oulike girltjie daai. Daarna was dit regtuit na Die Meule waar Ronel op getree het.

Mense dit is ‘n lang dag as jy die voggies 08h30 die oggend al begin slaan het en dit is nou eers 13h00. Dit laat jou soms wonder of jy werklik op die regte plek is, want die son wil net nie sak nie. Ek kan nou nie vir die girls praat nie, maar maggies, uit die manne se oë was daar darem tonne mooi goed. Ja ja ek weet ek het dit al gemention, maar shit dit was iets vir die oog. Klippies het ons aan soveel mense voor gestel dat ek soms nie geweet het of ek voor of agter is nie. Jacques en Werner het die band approach gedoen en ‘n paar girls was nogals baie interested, veral toe hulle hoor dat hulle band se naam The Comeback Kids II is. Dit is presies soos hulle mos sê: Bachus laat jou die beste sing en die mooiste lyk en soos wat daai span gevat het kon ons seker enige bleddy skoonheidskompetisie gewen het.

Daar was gesing en gedans tot ons die son met klippe begin af gooi het. ‘n Band wat my ook nogals impress het was die ouens van “Trompie is dood”. Dinge het so bietjie woes uit gedraai by hulle show en die organiseerdes moes ‘n hele paar kere die mense van die stage af haal. Ek het maar net gelag en gesorg dat ek nie in my moer gestamp word nie. Die min slaap van die vorige aand het sy tol geeis en hierdie seun moes TB toe. Eugene het die WK naam hoog gehou en daar was geen sprake dat hy vroeg gaan slap nie. Dit moet seker n ouderdom ding wees.

Oh nou dat ek ook die kans het wil ek net jammer sê vir die swak kwaliteit van die fotos. My WK kiekie masjien is in vir repairs (het so bietjie sand gekry) en ek moes gebruik maak van my backup kamera. Ek sal liewers nie die naam sê nie, maar aaai het die ding my amper na drank gedryf nie. K*k bly maar k*k seker. Gelukkig is die WK kiekie masjien reg vir die Olyffees.

Sondag was daar nie baie woorde nie en mens kon sien die fees het sy houe op die liggame gegee. Eugene het weer net 30min slaap gehad en die seun het eina gelyk. Maar tipies hy, was daar nie een kla woord nie en net ‘ n smile. Tente is op geslaan en die lang pad huis toe is weer aan gepak. Het ‘n wakker-word koffetjie in Citrusdal se hotel gedrink en iets vir die maag gegryp by die Spur in Piketberg. Dit is nou een stop wat die WK’s net nie mis nie.

Cederbergfees is een van daai verfrissende feeste. Dit het so lekker vibe en daar is wraggies iets vir jonk en oud. Daar is nie hierdie tonne vragte mense nie, en dinge gebeur solid klokslag. ‘n Groot handeklap vir die fees organiseerdes vir n job well-done. Sal defniitief die ene weer bywoon.

Groot dankie aan Clanwilliam vir julle gasvryheid van al die WilleKlonge af.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *