Blog

Kamp by Bontebokke Nasionale Park

Saterdagoggend 07h00 en ons is op die langpad Swellendam se wêreld toe om ‘n recce te gaan gooi by die Bontebok Nasionale Park. Ok, nou vir die ouens soos Kid, Neill en BoerBok – dit is waar mens tonne van die bekende Bontebokke sal kry en waar jy geskiet sal word as jy hulle probeer jag gewapen met net jou onderbroek en ‘n bottel brannas in die een hand. Noudat ek daaraan dink is ek eintlik bly dat BoerBok se dokter hom nie af gegee het nie. ‘n Klein uittreksel uit BoerBok se eerste besoek by sy dokter en al sy bokkie vriende:

“Hello my naam is BoerBokkie en ek het moerse baie probleme so wie wil my eerste vashou?”

Ok terug by die grootmens sake. 30 km voor Swellendam en dinge loop soos ‘n jet. Wind deur my hare, musiek wat die speakers laat bloei, Vicky wat die heeltyd poep en Brill wat strip poker saam met die girls agter in Tigger speel.

“STOOOOOOOOOOOOOOOP!! Boskroeg jou drol!!” gil Vicky soos ‘n besetende laerskool meisietjie. Tigger gaan deur sy ratte vinniger as ‘n Nascar om spoed te breek en met Brill se poepol wat ‘n imprint op die back window gemaak het maak ons die draai veilig en is dit net so +/- 2km tot by die watergat wat aan die voet van die kloof geleë is.

Wille se gat is ‘n ou plaas huis wat om skep is in ‘n restaurant en pub en is perfek vir daai bulle wat wil weg kom van die stad en net kom chill saam met die locals en sonder mamma wat die heeltyd in jou ore gil. Nols (local kraai) verskaf moerse plesier soos hy Marli en Amy oor die werf gillend jaag.

Na so ‘n halfuur is ons weer terug op die pad. Ge-rig met genoeg kos en vog vir ‘n week sleep ons Bontebok Nasionale Park binne. Die wêreld is plat en fynbos is maar die main flora in die gebied. Bome gaan jy nie kry nie boetie so los jou swing by die huis.

Brill is so opgewonde soos ‘n matriek laaitie wat sy Saartjie na die Matriek afksied dans toe vat en reken hy gaan dalk score.

“Bliksem ouens het julle geweet die Bontebok is grootste bok in Suid Afrika!”

Vicky kyk my aan met n baffled gesig en ek sukkel self om dit te glo.

“Erenstig ouens. Ek het dit êrens gelees.”

Brill se woorde was nog nie eers koud nie of Bontebok se kind maak sy verskyning met die bekende wit vlek op sy gat. Ek en Vicky val amper uit Tigger soos ons lag want Brill se grootste bok is klein bietjie groter as ‘n damn Springbok. Dink die knaap moet maar weer die stats in sy Play Girl tydskrif gaan check want Koedoe en Eland sal die dingetjie lewendig opvreet.

TB (ons tent) kry sy staan so reg langs die Breërivier en dinge vat nie lank voor ‘n lekker brousel op die skottel lewe kry nie. Sprake van die vorige aand se reën wolke is daar nie en son se kind voeter vir ons lekker. Die lewe is salig en dinge gebeur hier 20 keer stadiger as normaalweg.

Die res van die oggend is gespandeer aan “How to teach Brill to kick, catch, handle a rugby ball and how to swim in 398208295 easy steps.” But wait there is more. Ons arme bure leer hulle bulletjie so bietjie visvang. Brill reken hy is ‘n diepsee kenner en al die boeke wat hy oor visse al gelees het op daai porn commercials het hom n visvang kenner gemaak. Die knaap gaan introduce homself breë bors en voor jy “o my f*k” kan gil het Brill die stok in die hande. Woorde word gewissel en die mense moet gou dorp toe gaan om blablabla te gaan koop. Brill is tog gewillig om ‘n ogie oor die stok te hou. Op die anderkantse oewer sit ek, Vicky, Marli & Amy en beloer hierdie onmenslike gebeurtenis wat nou gaan gebeur. Man neem sy posisie in, laat die stok na agter lê en gee sy alles.

Whahahahahahha en ons almal is van ons stoele.

Die sinker het so 2m voor hom die water getref en ‘n kraaines groter as wat jou kat aan jou ouma se wol kan maak vorm. Gebeur dit regtig of droom ek, want ek kan net nie ophou lag nie. Na ‘n halfuur se sukkel het en ek Vic die gemors uit gesort en die stok maar versigtig terug geplaas waar dit hoort – uit Brill se hande.

15h00 en die vog loop hard soos die manne die drinking games uit haal. 16h00 en daar moet halt geroep word anders gaan ons nie die rugby (Bulls vs Stormers) maak nie. Met geen restaurant op die park nie skiet ons dorp toe om te kyk waar ons die monde kan nat maak.

Stop ‘n paar manne en dinge lyk of alles na Deon Foster se “Fullstop Café” toe wys. Ok hier kan en wil ek ook nie baie oor sê nie, want die game was k*k en die manne hier (Deon en sy locals) kuier harder as ‘n Springbok op steroids. Die Willeklong tradisionele “Low flying Canadian duck f*cker” shot word verruil vir die locals se Olifantjie en broer dit voel wragtig of jy nou net met ‘n olifant baklei het as daai ding jou maag tref. Hy omsingel jou, dan lag hy vir jou en dan skop hy jou bene onder jou uit en voor jy “Chuck Norris se sussie is …” kan gil is dieselfde hoogte as n 6 maande oue babe.

Met die wete dat die park se hek 19h00 toe maak is ons in Tigger 18h45 en dit is net tires en klippe soos daai knaap park toe sleep. Terug by ons tydelike tuiste word die vure en ‘n lekker hoenderpot aan mekaar geskop. Vicky is weer op sy “ek is Bacchus se baas” level en die knaap vat asof dit vanaand die einde van die wêreld is.

Twee borde kos later en ek “call it a night”. Kort op my hake is dit Brill en BAIE BAIE BAIE later is dit Amy, Marli & Vicky.

05h00 en ek kan nie meer slaap met Brill wat die bakkie plat poep nie. Marli is te moeg om te kla en het seker maar innerlik gehuil. Later kry hy sy plek by Vicky in die tent en met sy finale aanslag op Vicky en Amy se lewe laat hy sy finale, astronomiese, onmenslike poep so voor 06h00 en elke ding wat lewe in daai park is wakker. Die wêreld is nat en ek sukkel om my selfbeeld te kry. Na ‘n vinnige breakfast is dit kamp opslaan en terug op die lang pad huis toe.

Wil net graag baie dankie sê vir Deon Foster van Fullstop Café vir die lekker kuiertjie by sy plek en ook vir die grootste kopseer ooit. Gaan maak gerus ‘n draai by sy plekkie as jy in Swellendam is. Jy kan dit nie mis nie – 17 Voortrkker str of skakel die knaap by (028) 522 11942

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *