Blog

Boegoeberg 4×4 + Sanddrif

Toe ou Parma my die aand skakel en sê hy reël ’n manne naweek en of ek in is, het ek so ’n koue / naar gevoel gekry…al wat deur my gedagtes geflits het, was die chaos & paniek images van die vorige manne naweek in die Cederberge.

Gaan hierdie ’n herhaling wees of is ons nou al volwasse genoeg om onsself nie weer deur dieselfde chaos te sit nie…wat ’n ongelooflike moeilike vraag….wanneer is ’n mens nou ooit volwasse genoeg…kry skoon so naar smaak in my mond om die woord volwasse te tik…sies man.

Dit daargelaat….alles is gereël…daar is nie meer omdraai nie….

Vrydag laatmiddag kom almal (Parma, Soutie, ek, Ricky, Neef, Ruan, Gregory, Luhein & StefO) op Dasvlei by mekaar en die 3 voertuie skiet Clanwilliam se kant toe.

Die afdraai na Boegoeberg is so tussen Citrusdal en Clanwilliam. Van daar is dit ’n kronkelende teerpad tot jy op die grond klim vir die laaste paar km.

Het eers laat die Vrydagaand by die kampterrein gekom en die kêrels het nie laat wag om die coolers te pak nie. In die verlede sou die wetters skoon vergeet het om tente op te slaan, maar die keer is daar kop gehou en die tente het gou-gou plek gekry na so paar koues die keel af….

Saterdagoggend was ons verras met nog ’n Engelsman (shit nou het ons al 3 op die trip) Alan, wat deurgeskiet het van die Kaap om ons te join in sy Toyota Hilux 2.7. Kamp is opgeslaan, breakfast ingejaag en ons is op die scenic roete die berge in.

Die PVA was eenvoudig – oorleef die roete en slaap die Saterdagaand in die 2de kamp bo in die berge. How tuff can this be?

Met die dat ek nie my eie voertuig het nie het ek ingeval by Parma in sy Isuzu Trooper 3.0 petrol. Ons albei het nog altyd diesels gery so hierdie gaan ’n splinternuwe ondervinding vir ons wees en maggies was dit nie een nie.

Ons moes eers gewoond raak in die voertuig se coil springs wat veroorsaak het dat dit soms voel of die voertuig te veel rol na die eenkant. ’n Bakkie se bladvere is solid so dit body rol nie so baie soos die van coil springs nie. Op party plekke moes daar gehang word aan die eenkant om net 100% seker te maak die knaap foeter nie oor nie….

Maar hey dit is al hoe mens jou voertuig leer ken en dit is opleiding in die veld. Boeke en bos rade leer mens nie so goed soos as jy die ding sommer self aanpak nie.

Het laatmiddag by die kampterrein aangekom en die tente is onmiddellik opgeslaan want die weer het effe gedreig en laaste ding wat enige van ons gesoek het, is om nat te gaan slaap in die middel van die berge.

Na middagete is ons weer die berge in met die karre…paar wetters het gereken hul sal sommer die manual opsie vat en ons bo in die berge kry….soos luck dit wou hê het die wetters nogals voor ons daar uitgekom. Welgedaan Soutie, Ricky en Neef….dom bliksems.

Die aand was daar gebraai, brood gebak, gekuier of die wêreld die volgende dag gaan eindig en sommer net lekker kak gesels….goeie awesome tye vêr weg van die dag-tot-dag se gedreun.

Sondagoggend is dit vroeg op want party van die kêrels moet terug huis toe terwyl die res Cederberge se kant toe na Sanddrif vir 2 dae.

Onder by die hoof kamp word daar gou geshower terwyl ontbyt aan die gang geskop word.

Boegoeberg se tweede roete is maar meer ’n lekker bush drive en al opwinding is die sand gat in die begin van die roete. Na so paar wille draaie deur die sand word daar besluit daar is genoeg gespeel en ons moet vêrder na die volgende bestemming.

Blad word geskud met die wetters wat ons verlaat en die res (Parma, Soutie, ek, Riky, Need & Gregory) sleep Sanddrif toe.

Die kampterrein is maar effe nat, maar na so draai kry/neem ons sommer ’n staanplek oor en maak onsself tuis. Ek gaan nou nie te veel in detail oor ons twee dae hier skryf nie, want ek dink dit het effe tekens getoon van die vorige manne naweek chaos & paniek.

Goed wat ek kan onthou:

  • Soutie sny sy vinger amper af….
  • Twee jong Hollanders maak die fout en kom kuier een aand saam met ons. Hul kom tot die skok dat brandewyn nie net ’n mens mooimaak nie, maar dit maak jou ook lam in die bene. Die een knaap het op pad tent toe uit gepas…Parma het hom die aller bekende T-bag move gewys
  • Oggend toe ons wakker word, is die water poele op die grondpad gevries….bliksem
  • Geen warm water in ons shower en moet dus woes vêr loop na ander showers…not kief
  • Wyn proe saam met Parma – ek dog die goed proe woes lekker. Hy reken dit proe soos warm water….hoe kan mens dan nou met so reply stry….whahaha
  • Die goue Olofberg seuns wou net nie ophou om hul verskynings te maak nie
  • Ons is maar sleg as dit met brood bak kom….baie sleg

Dinsdagoggend word daar vroeg opgepak en in die pad geval terug huis.

Kêrels dit was ’n groot lang naweek gewees en dankie vir al die great oomblikke. Die keer onthou ek darem meer as van die vorige keer….whahaha.

1 Comment

  1. Kamp by Sanddrif | Henry Jonker Online

    […] rigting in skiet en gaan kyk hoe dinge nog lyk by Sanddrif. Laas toe ek daar was, was dit op ʼn manne naweek en dit is ʼn naweek wat die liggaam nie weer wil hê of beleef nie […]

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *