Blog

Bloupunt & Cogmanskloof hikes

Die dae raak nou min vir die spannetjie (Marina, Lizanne en natuurlik vroulief) wat Kilimanjaro einde Junie gaan aanpak.

Die laaste hike wat aangepak was vir voorbereiding van hierdie awesome avontuur was die Bloupunt & Cogmanskloof Hikes by Montagu. Die oorspronklike plan was om Arangieskop aan te pak, maar die was vol gebook tot einde Augustus.

Vrydagaand net so na 19h30 stop ons (Paul, Marina, Marli & ek) by Die Ou Meul, net buite Montagu. Die res van die spannetjie, Lizanne, Soutie, Ricky & Ruan, was reeds daar en reg om die 1.5km aan te pak na die Klipspringer hut wat ons as basis gaan gebruik vir die twee aande.

Dit is ’n jeep track tot by die hut so as jy ’n 4×4 het, kan jy jou goed daar aflaai, maar ongelukkig moet die voertuig teruggeneem word tot by Die Ou Meul. Geen voertuie word toe gelaat by die hut nie.

Het die aand maar rustig om die vuur gekuier…weet nie wat presies vir ons gaan wag die volgende dag nie, so niemand wil kanse neem nie.

Saterdagoggend is almal vroeg op. Omrede ons terugkom na die hut is dit nie nodig om al die gear saam te dra nie en dus is ’n day-pack meer as genoeg.

Die roete gaan verby die hut, nog verder die kloof binne. Na so 800m kry ons die eerste bordjie wat Cogmanskloof links & Bloupunt regs aandui. Gaan more Cogmanskloof aanpak, ons moet net gou eers hierdie Bloupunt se rug breek.

Na so paar km, kry ons die blou bordjie gemerk Bloupunt wat die roete na links wys. Van hier is daar net een pad en dit is op en uit die kloof. Ons sal later weer terugkeer in die kloof en dieselfde roete backtrack na die hut toe, maar eers moet ons hierdie koppie uitkom.

By Rietkloof draai jy regs en dan is dit ’n sterk, styl klim tot by die summit.

Uiteindelik by die summit (1224m) aangekom was daar middagete gemaak en die awesome view geniet. Montagu, Robertson, Ashton en McGregor kan duidelik gesien word.

Die afgaan was maar ’n riller. Dit het nie genade op die tone en knieë nie. Was so net na 3pm terug by die hut. Duidelik besef my skoene was nou al deurgestap en ek sal 1) of nuwe inners moet kry, of 2) maar die spaar geldjies uit haal en vir my ’n nuwe stel Soloman’s moet kry.

Saterdagaand het ons soos enige vol bloed Suid Afrikaner gedoen wat ons goeddoen en dit was braai en gesellig om ’n vuurtjie wees met ietsie kouds in die hande.

Sondagoggend en ons is weer vroeg op die roete. Die keer draai ons links by die eerste bordjie en Cogmanskloof maak sy stem dik met ’n stewige klim sommer vroeg-vroeg in die roete. Die eerste gedeelte is net klip, maar die view van bo was die moeite werd. Van hier sak jy geleidelik in die Cogmanskloof en die teerpad wat Ashton & Montagu link is heeltyd insig. Aan die voet van die berg loop die roete parallel met die teerpad en net voor jy die drop kry sny die roete weg na links.

Die roete eindig nie by die hut nie, maar meer nader aan Die Ou Meul waar ons voertuie staan. So van hier moet daar dan terug hut toe gestap word om die res van die gear te kry. Nadat ons die kaart bestudeer het, het Soutie agtergekom dat die roete baie naby aan die hut verbygaan. As die kaart reg is, is dit net oor die koppie en dan sal jy die hut sien. Ek, Soutie en Paul het besluit ons 3 sal die kans neem en as ons reg is, sal ons 4 (Ruan het besluit om sy knie te rus en nie die roete aan te pak nie so) met almal se gear terug karre toe stap…Soutie was spot-on, maar wat die kaart nie so mooi verduidelik het nie was hoe styl die stukkie af na die hut toe was nie. Ons het letterlik op ons gatte daar afgegly.

Beide roetes het iets van alles, maar ek moet bieg Cogmanskloof laat mens heeltyd voel of jy om goed stap, maar hey dit is net my opinie.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *