Blog

Clikit Media word gelaunch

Hoe som mens die laaste 3 maande op…eerlik ek dink dit is amper onmoontlik.

2011 was een van ons besigste jare ooit en hoop 2012 is nie eers naby so mal nie.

Die meeste was positief en hier en daar het so negatiewe dingetjie wel sy kop uitgesteek.

Een van die positiewe komponente wat ek graag wil beklemtoon is die demerger van die Rocketseed SA besigheid.

Ek en John Cooper (eienaar van Rocketseed Int.) is nou die mede-eienaars van Clikit Media wat die eksklusiewe distribusie regte vir Rocketseed Mail vir die SME mark in SA & SADC lande.

Clikit Media gaan fokus op die distribusie van “best of breed” stelsels vir die SME mark. Ons het reeds ’n wye distribusie netwerk en 2012 se fokus gaan wees om dit te versterk en dan komplimentêre produkte deur die kanaal te stoot.

Ons webtuiste het vandag live gegaan so besoek gerus www.clikitmedia.com en as jy op Twitter is volg ons gerus op @clikitmedia.

Van hier kan dinge net interessant raak…

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *