Blog

‘n Halwe Currie Cup finaal in die Karoo

Vrydagmiddag na werk word daar saamgetrek by Vic op die plaas anderkant Stellenbosch. Bakkies word gepak, ‘n vinnige bier word die keel afgejaag, groepfoto word geneem, almal kry sy gat êrens op ‘n bakkie en dan is dit ons en die 4 ure Merweville toe.

Die treffers loop soos soet stroop oor die radio en die kilometers begin vinniger en vinniger af te tel.

By Prince Albert breek ons links en dan is dit 43km (grondpad) tot ons die eerste koue lafenis die keel kan afjaag. 20km op die grondpad en Parma verloor krag op die bakkie en skielik is daar die lelike enjinliggie wat skyn. Nadat ons ‘n graaf grond uit die air filter geskud het is ons weer op die pad…

23h00 en die twee bakkies suiker Ds. Kallie Le Roux se lodge hekke binne. Die lodge (groot huis met ma-helse erf) het ‘n lekker lapa en die dominee het sommer klaar vir ons twee sakke hout en vuurketels reg gekry.

Vrydagaand se kuiertjietjietjie het tot so net na 04h00 die Saterdagoggend getrek. Andries is verwelkom op sy eerste trip met ‘n paar vinnige soetes en aaai, dit is snaaks hoe daar binne sekondes nuwe trip reëls geskep word…maar elke sport het mos maar sy beserings…

Saterdagoggend, 06h30, en almal is vroeg uit die vere. Soutie lyk of hy nou net uit ‘n geveg met ‘n ratelkat gekom het.

‘n Sementdam word gewaar langs die lodge en dit is nie lank voor daar ‘n oggend oefeningkie van “moet nou nie versuip nie” ingewerk word.

Die dorpswinkel word besoek waar elkeen die nodige vir die leë mae kry. Daarna word die dorp te voet verken voor dit verder verken word op ‘n donkiekar wat Ds Kallie vir ons gereël het.

<object width="325" height="244"><param name="movie" value="http://www.youtube.com/v/X2O4SgMqLXc&hl=en&fs=1"></param><param name="allowFullScreen" value="true"></param><embed src="http://www.youtube.com/v/X2O4SgMqLXc&hl=en&fs=1" type="application/x-shockwave-flash" allowfullscreen="true" width="325" height="244"></embed></object>

10h30 en die bakkies is weer reg om te hardloop. Die keer vat ons die grondpad tot by die R353 waar ons links breek, Fraserburg toe. Van hier is dit 110km teerpad so dinge behoort relatief vinnig te gaan.

<object width="325" height="244"><param name="movie" value="http://www.youtube.com/v/S2TaXis8N-s&hl=en&fs=1"></param><param name="allowFullScreen" value="true"></param><embed src="http://www.youtube.com/v/S2TaXis8N-s&hl=en&fs=1" type="application/x-shockwave-flash" allowfullscreen="true" width="325" height="244"></embed></object>

By Fraserburg aangekom word daar eers rondgevra of daar nie dalk ‘n kampplek of iets soortgelyk in die dorp is nie. Die een wat daar was, is glo maande gelede toegemaak. Al uitweg nou is die dorp se sportsgronde waar die gras nogals lekker groen gelyk het.

2de op die checklist is om ‘n plek te kry waar ons die Currie Cup finaal kan kyk. Met ons geluk kry ons ‘n plekkie sommer met die eerste winkel wat ons instap. Ons kan sommer die middag daar eet ook, so dit cover die eet ding vir die aand.

Met daai 2 belangrike items agter die rug word die versnaperings vir die keel opgevul en dan is dit deur die dorp op ‘n vinnige recce voor daar besluit word om bietjie rustig te gaan verkeer by ons moontlik tuiste vir vanaand – die sportgronde.

Die sonnetjie sit lekker hoog, maar die bier en brannas is koud, die geselskap is kookwater en daar is niks admin of iemand wat jou pla met hanna-hanna k*k en hare nie. Almal is ontspanne en die humor loop soos stroop tussen die knape.

Vic ruk ‘n rugbybal uit, tot die skok van meeste van die wetters, en dit is nie lank voor daar ‘n game touchies ingewerk word nie. ‘n Paar van die local bulletjies join ons, so nou is dit nie meer van naam gat maak nie. Nou moet jy perform, want anders dink hulle hierdie klomp dikgatte verkrag hul enigste duwweltjieveld.

Soos ek hierdie 108kg oor daai veld sleep het ek Danie Gerber se woorde agter in my kop en al wat hy fluister is: “<i>Henry moet net nie neervoeter nie, anders gaan hulle kruiwaens grond moet aanry om die sloot wat jy gaan oopval ,met jou gewig, te moet vul. </i>” Thanks Danie…

Vic skenk sy bal vir die knape en Parma wys net gou weer hoekom hy geen genade vir bakkies het nie, onder die gejuig van die jong klomp.

<object width="325" height="244"><param name="movie" value="http://www.youtube.com/v/6ayVNC1xTPM&hl=en&fs=1"></param><param name="allowFullScreen" value="true"></param><embed src="http://www.youtube.com/v/6ayVNC1xTPM&hl=en&fs=1" type="application/x-shockwave-flash" allowfullscreen="true" width="325" height="244"></embed></object>

Terug by winkel / restaurant waar ons die rugby gaan kyk tref ongeluk weer Parma se bakkie. Niks gebeur as die sleutel gedraai word nie…NIKS nie. Die knaap word gerun start, maar as ons hom weer stop dan is hy weer dood.

Hoe nou gemaak hier in die middel van die Karoo op ‘n Saterdagmiddag? Brill stel voor hy skakel sy Road Assistance en na ‘n paar hewige geselsies word daar gereël dat hulle vir hom ‘n nuwe voertuig gaan bring…’n GOLF!!! Ons is 9 wetters en matrasse en gear en nou wil hulle ons ‘n GOLF gee…is hulle dan nou kêns.

Parma verduidelik daai knaap presies hoekom sy ouers geboorte aan hom geskenk het en hoekom dit die laaste kind sal wees wat sy nageslag sal oplewer voor hy die nuus kry dat die GOLF sommer nou gekanselleer is en nou is daar ‘n splinternuwe Toyota Corolla oppad. Dit is darem bietjie beter.

Die groot game breek aan, maar die twee dae se travel en min slaap begin sy merk op die knape wys. Die konsentrasie is nie werklik daar nie. Halftyd word daar besluit ons moet lewe kry en omrede ons nie met ‘n kar op die grondpaaie wil sukkel nie, word daar besluit om terug te skiet tot op Laingsburg waar ons mos nou al gekuier het met vorige trips.

Die 2 ½ uur Laingsburg toe was maar lank en toe ons die dorp binne ry was die sonnetjie iets van die verlede. By die gholfklub aangekom was die parkeerarea vol karre en ek het sommer so groot swaarte oor my hart gekry, want as hierdie plek nou vol mense is wat die pap dikmaak gaan dit ‘n LANG aand wees. Wel, die plek was vol, maar vol ouers wat ‘n fondsinsameling vir die hoërskool hou. Die dag se touchies en son het negatiewe effekte op my liggaam begin toon en ek het besluit om dit ‘n aand te roep na so paar doppe.

Parma het intussen met die breakdown gereël wat sy bakkie gaan kom haal om hom op Laingsburg te kry en toe ek so lekker by my 3de droom was maak die wetter my wakker met die nuus dat die bakkie terug Kaap toe gaan hol agter op ‘n trok. Al die gear word in die Corolla gestop. Intussen het die knape weer bevrinne geraak met die locals en die se oom en tante en kleinniggie besit die Steers op die dorp en Vrydae en Saterdae, dan word daar nou gekuier daar. Gee my krag, wanneer gaan ons rus vir ‘n slag??

Andries het my later agter op die bakkie gejoin en hy het ‘n bees uit die water gesnork toe sy kop die matras slaan. Met die dat die bakkie reg voor die ingang van die plek staan, kon ek net hoor hoe iemand na ‘n elle lange rit by die Steers stop en hierdie twee wetters, wat agterop ‘n bakkie wat halfpad die pavement op is, snork dat dit wat leef en beef koue rillings kry.

Van hier is almal terug in die karre… maar die keer is die party groter en dit lyk by elke plek waar ons stop, raak die groep net groter en groter.

Terug by die golfbaan word al die matrasse onder die boom gegooi. Paar van ons gaan verkeer weer horisontaal terwyl ander nog rustig sit en kuier en ander, soos Soutie, voeter uit ‘n boom en val homself amper disnis…

Sondagoggend is almal vroeg uit die vere want nou roep die huis hard. ‘n Wimpy brêkkie word gou ingewerk en dan is dit terug Kaap toe.

As jy nog nie op Merweville of Fraserburg was nie, maak ‘n plan en kry jou dinges daar. Dit is werklikwaar twee van die skoonste dorpies wat ek al in ‘n lank tyd in die Karoo gesien het en is juwele op hul eie manier.

Laat dit juig tot die volgende trip…

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *