Blog

Martelpyp trap (deel 1)

Ek het nog altyd groot respek vir iemand gehad wat met ʼn k*k idee voor die dag kom wat gaan beteken dat ons gaan suffer soos ʼn vars troepie op army basics.

So toe Brill met sy tragiese sportstruktuur die idee op die tafel gooi dat ons die grondpad tussen Kobus se Gat (voet van die Swartbergpas anderkant Oudtshoorn) en Calitzdorp moet aanpak het ek geweet: 1) dit is ʼn super k*k idee want nie een van ons is atleties genoeg hiervoor nie. Meeste weet nie eers hoe om dit te spel nie. Ander raak moeg as hulle sport op TV moet kyk. 2) ons gaan wragtig sterf…as gevolg van onnoselheid.

60km is nie ʼn grap nie. Jy kan dalk die tier van Pofadder wees as dit by kuier en braai kom, maar klim op ‘n martelpyp en trap soos ʼn mal besetene en jy sal gou agter kom dat jou gat nie gebou was vir so klein oppervlakte nie.

Saterdagoggend so net na 01h00 arriveer ons uiteindelik by Kobus se Gat. Die wind waai nes die Suidooster kan en tent opslaan is nie speletjies nie. Vure vat vlam, glase word gevul en Skaap skiet die tunes oor die kitaar. 03h00 begin almal tente toe staan…nou-nou is dit ons en ‘n stuk grond pad.

05h30 kom Vic se stem van buite en ek weet EISH dit is nou sulke tyd. Brill het nog nie eers sy oë oop gemaak nie en hy kom klaar met ʼn verskoning hoekom hy skielik nie kan ry nie…dit word sommer gou-gou grond toe geskiet.

Die eerste 10km – 12km is teerpad en is 90% afdraand so dit is ʼn geleentheid om die brieke ding te toets en om bietjie wind deur die hare te kry. Die gees in die groep is lekker en almal maak jokes.

Die idee is om soveel kilometers as moontlik agter die blad te kry voor die hitte ons begin peper. Uiteindelik op die grondpad word ons verwelkom met ʼn paar taai bultjies en die jokes is vir eers iets van die verlede. Die longe blaas en elke trap wonder ek wat de hel ek hier soek.

“Waar is Brill?”. Nee hel, niemand het ʼn idee nie. Ons wag so paar keer, maar teken van die knaap is nêrens te siende nie. Laaste wat ons hom gesien het was by die begin. Uhmm…

25km en Vicky trap ʼn fietsketting verby verplettering toe. Hoe nou gemaak? Ons sit met amper 500 ekstra tubes, maar nie een het gedink om ʼn ekstra ketting saam te bring nie.

Wag eers so ruk vir die ground crew, maar na so 30 min word daar besluit Vicky kan nog steeds die bulte af freewheel en sal maar vir eers die res moet stap totdat die res by ons uitgekom het.

Ruan slaat 70km/h die een bult af en ek weet / hoop een van ons (hopelik nie ek nie) sien sy gat op die toertjie van ons.

<object width="325" height="244"><param name="movie" value="http://www.youtube.com/v/4_XPsPk47UQ"></param><embed src="http://www.youtube.com/v/4_XPsPk47UQ" type="application/x-shockwave-flash" width="325" height="244"></embed></object>

29km en uiteindelik daag die groundcrew + Brill op. Die klein aap het na 12km besluit genoeg is genoeg…eish!! Waterbottels word volgemaak, kos word die maag ingejaag, bene kry so bietjie rus. Vic ruil fietse en is weer reg om te ry.

Verbasend is die bene en gemoed nog sterk en dinge beweeg weer. Stadig maar seker word die kilometers afgetel. Elke 10km wag die res ons in om die waterbottels weer vol te maak en om ietsie soet die keel af te jaag. Vinnige rus en dan is dit weer aan die gang.

Om en by 40km en dinge is nie meer so lekker soos in die begin nie. Ons is klaar een man kort, maar almal weet as jy nou ingee jy nooit die einde daarvan vanaand sal hoor nie. Almal begin al klaar dink hoe om Brill vanaand te straf met sy siesa 12km poging.

Wêreld raak warm, bene brand, wie se k*k idee was hierdie nou weer gewees? Hy sterf vanaand…

Deel 2 – gaan ons dit maak of nie? Kuiers by die dubbel MM

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *