Blog

Kilimanjaro – Dag 5

Stella Point (5 700m), Uhuru Peak (5 895m), Mweka kamp (3 100m) – langste dag in jou lewe

Saterdagaand 22h30, 24 Junie 2006, en elkeen kry ‘n klop op die skouer om wakker te word, nie dat jy eintlik geslaap het nie. Jou een oog was so halfpad toe en die ander een het nie geweet wat om te doen om die tyd om te kry nie.

Ag hel dit is seker nou maar sulke tyd. ‘n Vasbyt wag vir ons almal en dit is net ‘n paar uur se klim tussen ons en ‘n kick-ass droom. Almal is lus vir die ding en wil net aan die gang kom. Almal se outer shell is aan, maar mens kan nogsteeds die koue voel. Dit is maar *(&@*# koud en as dit so koud is hier hoe koud gaan dit nie daar bo wees nie. EISH!!!

Elkeen slaan ‘n koppie warm tee af en double check sy gear. Ruan lyk nie goed nie en het glo die aand gesukkel met suurstof. Shit ek hoop hy kan deur druk en die ding doen. Niemand wil iemand terug sien gaan nie. Ons het te ver gekom hiervoor en om so naby terug te draai sal net wreed wees.

Ons kan vir ure praat, maar die summit gaan nie vanself nader kom nie. Ons kon nie vir ‘n mooier aand gevra het nie. Geen tekens van wolke nie en ons is geseënd met ‘n aand vol sterre. Die Willeklong vlag is agter in my sak en my gat brand hard om die knaap daarbo uit te haal dat ek aan niks anders kan dink nie.

Pole Pole

David vat die lead met Ruan kort op sy hakke. Daniel en nog ‘n assistent guide is op sweeper. Al jou extra batterye is in jou WK kaki shirt sodat jou liggaams hitte kan help dat die bleddy goed nie pap word in die koue nie. Die pas gaan bitter stadig met dié dat jy net die klein verligte gedeelte voor jou kan sien. Wat links en regs van jou is het jy nie ‘n clue nie en jy wil ook nie weet nie. As alles voor jou skoon is dan is die saak reg.

So ‘n uur in die klim en dinge raak net kouer. Die water in jou bladder het klaar gevries en vir so ‘n paar sekondes is jy bef*k vir jouself dat jou ander water so diep in jou sak is. F*K!! Die koue maak dit moeilik om asem te haal en as jy stil staan vir ‘n paar sekondes voel dit of alles vries.

Ver agter ons kan jy sien hoe ander klimmers reg maak by Barafu kamp (4 600m). Daar is geen teken van enige spanne voor ons nie en dit voel of ons alleen op hierdie knaap se rug loop.

Ons stop vir ons eerste water breuk en Ruan lyk nie goed nie. Hy kla dat hy sukkel om asem te haal. Die res van die ouens is stil en al wat jy kan hoor is hoe die asems blaas. David stap nader en bestudeer die knaap.

“How do you feel Ruan?”

“I am ok. I am just battling with oxygen but I am ok and ready to continue”

Jy kan maar jou chocolates weg voeter want dit is lankal gevries. Dit is net so goed jy kou aan ‘n klip. Dit voel of ons al vir ‘n ewigheid gestap het en alles bly dieselfde. Dit is net op en op en NOGMAALS op.

Skielik stop alles. Ruan draai om en dit lyk of die knaap besig is om te vrek.

“Wat de f*k gaan aan sjom?” gorrel Parma met ‘n blasende asem.

“Ek…ek…sukkel om a….asem te haal.”

“DAVID!!!”

Beide David en Daniel is by Ruan voor jy mes kan skree. Sy pupils word na gegaan en ons word beveel om van die roete af te beweeg sodat die ander spanne verby kan beweeg. Sy daypack word afgehaal en David haal onmiddelik die tester uit om sy suurstof lesing te neem. Jy kan die stilte met ‘n mes sny en al wat almal aan kan dink is dat Ruan dit moet maak. Hy is een van ons. ‘n Klong van formaat saam met wie ons tonne km’s al saam meen getravel het. Die meter gooi ‘n skokkende lesing van net onder die 60. As jou lesing tussen 70-90 is dan is jou kanse vir altitude sickness baie laag. As jy laer as 60 beweeg dan het jy dit dalk klaar of jy is baie naby daaraan. As jy 50 slaan moet jy ONMIDDELIK van daai hoogte af kom en laer beweeg as jy môre wil sien. Op 50 begin jou liggaam teen jou werk en dit is lewens gevaarlik. David beveel Ruan om neer te lê en met dié trek hy al sy layers klere op en sit sy oor op sy maag neer om te hoor of daar iets in die longe is.

David kyk op na Daniel en skud sy kop. Hulle wussel woorde in hulle taal en dit voel of ek mal wil raak. Wat de F*K gaan met my pal aan?!!

“David what is happening. Is he ok? Will he make it?”

David bly stil en sit weer die meter of Ruan se vinger. Na ‘n paar sekondes skiet die lesing deur – 58, 57, 56 en dan haak dit vas op 55. Goeie f*k dit is vrek naby aan 50.

David en Daniel wissel weer woorde. Dit raak stil en hy draai na ons.

“I am sorry but we can’t take him further. It will be too dangerous for him. We are still in die beginning stages and the higher we’re going the tougher it is going to get. There is a noise in his longs and we are afraid that he might have water in the longs. He will drown in his own water if he goes higher.”

Almal is stom geslaan. Ruan sit nogsteeds op die grond en hy het seker gehoor wat David vir ons gesê het. Sy siel wil nog aangaan, maar sy liggaam sê dit is vir eers genoeg. Daniel lig ons in dat hy hom 200m laer gaan vat en kyk of die lesing nie beter word nie. As dit beter word sal hulle weer probeer vir die summit. As dit nie verbeter nie sal hy hom terug kamp toe moet vat.

Niemand wil ‘n pal agter los nie, nie vanaand nie en ook nie enige ander dag nie, maar hierdie is nie ‘n span sport nie. Mountaineering is iets wat jy as mens self moet aanpak. Jou span kan jou net so ver vat, maar op die een of ander stadium gaan alles van jouself en jou liggaam afhang en dan is dit ‘n geval van VASBYT en hoop dat jou genetika reg is vir hierdie tiepe challenge.

“Get your thing ready guys we are moving on. Paul you lead your team behind me.”

Die trane loop en dit is seker een van die KAKSTE goed op aarde om jou sjomma agter te los. Elk tap Ruan op die skouer en val weer in die pad.

“Ons wag vir jou daarbo ou maat” skreeu Parma van voor.

Die trane loop die wange af, maar na so 15min besef jy dat jy moet dink aan die taak wat vir jou wag en dat jy jou kop moet skoon kry en fokus. Die beste wat elk nou vir Ruan kan doen is om te sorg ons kom daarbo uit.

Die tyd gaan verby en dit voel of jy nou net 12 rondtes met Mike Tyson deur is. Dit voel of die twee paar handskoene NIKS help nie en daar is geen gevoel in jou vingers nie. Jou oë val gereeld toe en jy veg met alles wat jy het om jou oë oop te hou. BLY NET WAKKER!!

Pole Pole

Breek weer vir water. Oom Kobus en Parma begin kla dat hulle bene lam is. Die ruskansie is maar kort, want jy kan nie te lank stop in hierdie koue nie.

“Lets go Paul.”

Maar Parma beweeg nie. Die bliksem is vas aan die slaap op die rots.

“LETS GOOOOOOOOOOO PAUL!!” skreeu David.

Hy lig sy kop op stadig en val weer agter David in die pad. Paar minute later hoor ons Daniel se stem agter ons. Die nuus, dat Ruan se lesing nie beter geword het nie en dat hy hom kamp toe moes vat het, het woes seer gemaak.

Die klim gaan aan en aan. Skielik hoor ek net hoe iemand woeste katte hier agter my gooi. Ek draai om en kry ‘n moerse skok toe ek Vic sien hang teen ‘n rots en lang verhale met Abraham en Jacob praat. Goeie hel, moet my net nie sê Vic het dit ook nie. Hy is seker een van die sterkste hikers wat ek ken en al wat hom en ‘n stoetbul skei is dat ‘n stoetbul bietjie slimmer as hy is. Whahahaha

“Liewe hel ou maat. Is jy ok? Jy kan ons nie hier los nie!”

“Fok sjom ek het lanklaas so k*k gevoel soos ek nou voel. Ek is ok. Moet nie worry nie.”

Die knaap is sterk en ons is terug op die pad in ‘n paar minute. Daniel is agter by Vic om ‘n ogie oor die knaap te hou. In die verte kan mens sien die son wil-wil sy strale uit gooi. Parma begin lelik houe vat en het al 2 keer neer gevoeter op sy knieë. Die son gooi sy strale uiteindelik ons kant toe.

“Come on Paul. You can do it. Look up there. LOOK!! That is Stella Point (5 700m). You can do it.”

Maar Parma voel ‘n vere vir die info. Hy is so moeg dat hy skaars iets kan sê. Ek help hom op en lig sy kop op.

“As jy jou gat daarbo kry jou brak dan koop ek vir jou die grootste steak van jou keuse. Dink aan jou familie en pals by die huis en jy sal dit doen jou brak!!”

Die knaap knik knop en beweeg weer op. 400m, 300m, 200m, 100m…1m.

“Is this Stella Point David?” vra Parma met ‘n hygende stem.

“YES!!”

En met daai woorde bliksem die knaap plat op sy maag neer. Dit klok slaan presies 06h30 en 7 (Parma, Vic, oom Kobus, David, Daniel, ons assistend guide en ek) van ons het Stella Point (5 700m) gemaak. Die oomblik is net te groot. Vir die laaste 8 ure het ons bakstene gek*k en gevoel of ons wil vrek en hier staan ons, amper bo. Van hier is dit net so +/- ‘n uur en half en dat is ons by die summit. Aan die een kant is die pad van hel vanwaar ons nou net gekom het en aan die ander kant is die hierdie masiewe ice glaziers. Dit is ongelooflik mooi en jy kan vir ure daarna staar, dit is net ‘n jammerte jy is so dood moeg en al wat jy wil doen is om by Uhuru Peak uit te kom.

Die stretch summit is toe glad nie so styl nie, maar die laaste ding wat jy wil doen na 8 ure se opdraende is nog klim. Opgewonde stappers kom van voor en wens ons geluk. Ek is kort agter David met Vic en oom Kobus agter my. Daniel is by Parma so ‘n paar meter agter ons. Jou bene is lam en al wat jy aan kan dink is die summit en dan…

Soos jy om die een koppie kom sien jy dit. In die verte staan ‘n klein hout struktuur – die summit. Jy wil hardloop, maar jou bene wil net nie saam speel nie. Skielik sukkel jy om asem te haal net om te besef dat dit jou smile is wat verhoed dat jy so sukkel met die suurstof.

07h30 en 4 Klonge staan op die dak van Afrika – Kilimanjaro 5 895m!!

ONS HET DIT GEMAAK!!!!!!!!!!!!!!!!!

Na maande se wag en voorbereiding is ons uiteidelik op hierdie damn randtjie. Vic stap nader en steek sy hand uit.

“Geluk met jou 30ste verjaarsdag ou maat. Dit is great om dit saam met jou te deel!!”

Ek kan nie vir ‘n beter geskenk gevra het nie. Blad word geskud en fotos word geneem. Die gevoel is onmenslik en op ‘n manier addictive. Jy wil daarbo bly, maar jy kan nie. NIKS is voor jou nie en die hele Afrika lê voor jou. Elkeen skiet ‘n gebed na die Groot Seun om dankie te sê. Al wat hierdie oomblik 110% volmaak sou gemaak het is as ons sjomma Ruan net hierbo by ons kon gestaan het.

15min later en ons is oppad terug Barafu kamp (4 600m) toe waar ons vir ‘n uur sal rus en dan verder skiet na Mwka kamp (3 100m) waar ons die aand sal oornag.

Die af was ‘n ander storie en dit is iets wat ek nie eers wil aandink nie. Jy voeter gat oor kop daar af. My bene en siel het my lankal verlaat. Gewoonlik is ek sterk met die afdraendes en kan my bene dit hanteer, maar nie vandag nie. Vic is weer op sy ou stukke en die bliksem lag en moedig maar aan. Wanneer mag ouens huil begin ek wonder.

10h00 – 11h00 en almal is terug in Barafu kamp. Ons het net ‘n uur om te slaap en dan is dit nog 3-4 ure Mweka ekamp toe. Ruan welkom ons terug en die knaap lyk maar nogsteeds aan die vaal kant.

12h30 en ons is terug op ons voete met sakke op die rug. Die 3-4 ure na Mweka kamp is alles afdraend, nie dat jy meer lus is vir af nie, maar dit is seker maar beter as op. Sondag laat middag en die hele span is weer terug tussen die groen bome. Jou maag skreeu vir kos en toe aandete die tafel uiteindelik slaan kon die ouens net nie ophou smile nie.

Na aandete kruip David en Daniel om die draai met ‘n koek.

“Congratulations with your birthday. The cake comes from our head office. They brought it this morning from Mweka Gate”

EISH, kan dinge ooit beter gaan as nou? Dit is wraggies die beste Bday ooit, al is ek nog ‘n damn jaar ouer. Shit!

18h30 en die moegheid begin sy tol eis op almal. Jy worry nie meer wat vuil of nat/klam is nie. Jy sak jou kop neer en jy is weg! Môre is die laaste dag en dan is dit weer ‘n regte toilet en warm shower.

Nag ou grote.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *