Blog

Kilimanjaro – Dag 4

Barafu kamp (4 600m) – +/- 9 ure hike

Saterdagoggend 24 Junie 2006 en vandag kan ons die bene voel. Almal rek en strek waar hulle kan. Ruan se kopseer is NOG NIE weg nie. SHIT!! Daniel beveel aan dat hy ‘n volle Dimox moet gebruik. Gister se kopsere was net te erg gewees en ek en oom Kobus sluk elk ook ‘n halwe ene. Hoop net die goed werk anders is dit ek en die klippe weer.

Die eerste gedeelte van die roete is ‘n wetter en elk word aan geraai om hulle stapstokke weg te sit. Hier gaan jy jou hande nodig hê anders gaan jy jou gat sien boeta. David en Parma vat die lead en dag 4 is in volle vaart. Dinge gaan stadig met dié dat jy vinnig in hoogte styg moet jy jouself vorseer om na elke tree wat jy klim te rus vir ‘n halwe sekonde dat jou liggaam kan aanpas met die hoogte.

Net soos die son oor die koppie kom, kom ons bo aan. Warm goed word uitgetrek en almal moet weereens vir die nodige water uitlating gaan. Die Duitse girltjie wat ons die heeltyd op die roete gekry het vat ook ‘n blaas kansie. Vic is soos ‘n perd op ‘n skou en daar is sommer nuwe wip in die aap se bene. Gee my tog net krag. Kan ons nêrens heen gaan waar hy nie opgewonde raak oor girls nie?

Die volgende paar km is maar relatief reguit. Dan sak jy en dan klim jy. Alles is stadig en die son begin ons voeter. Alles word gecover al is dit hoe warm want niemand wil gebrand word nie. Jy kan soveel sun-block en lip nonsens op sit, maar daai strale kom nogsteeds deur. Jy lek jou lippe elke tweede min af, maar dit vererger net die hele storie.

Pole Pole

Die spirit tussen die ouens is goed, maar Ruan is baie stillerig. Nes ons oor die een koppie kom sien ons Kranga kamp in die verte. Dit is hier waar die spanne oorslaap as hulle die roete in 7 dae doen. Ons wetters gaan net stop vir middagete en dan links breek en reguit skiet vir Barafu kamp (4 600m). Meeste van die Amerikaners is op die 7 dae pakket en dit is ook hier waar ons paaidjie met Ron, sy vrou en Mel gaan split. Die roete na die kamp is maar woes en elk sak maar die kop en sit die hammer neer.

Middagete bestaan uit hoender, chips, slaai en ‘n koue koeldrank. Soos ek in die begin gesê het eet ons wraggies goed. Die son voeter ons nogsteeds van alle kante. Dinge begin nou lekker warm raak. Waterbottels en bladders word vol gemaak en dit is weer op die voete en oppad Barafu kamp vanwaar ons vanaand ons summit poging gaan begin.

Die games is klaar en van hier af moet jy jou kop reg kry vir wat vanaand vir jou wag. 4 100m, 4 200m, 4 300m en jy klim en klim. Die omgewing is vaal en daar is wraggies niks nie. Selfs die klippe is skaars hier. Gelukkig waai die wind nie, want hierdie is ‘n goeie resep vir ‘n stofstorm.

Ruan is nogsteeds stil en dit lyk of die knaap lelik houe vat. Die knaap was nog nooit bang vir pyn nie en van kla is daar geen sprake nie. Barafu kamp (4 600m) word in die verte op ‘n koppie gewaar. Dit voel wraggies of ons in die Grand Canyon stap en al wat hierdie scene volmaak sal maak is as ‘n paar cowboys.

Pole Pole

Die laaste gedeelte na die kamp is maar styl en dinge gaan maar stadig. Maar die wete dat die kamp net so paar 100m ver is wil almal aan die hol kry. Uiteindelik word die eerste tente gewaar. Weereens is ons kamp heel aan die einde waarmee ons geen probleem het nie, want nes die eerste aand beteken dit ons is ook die span wat die naaste aan die begin is.

Die omgewing is maar rof en die tente is met baie moeite tussen die klippe op geslaan. Hierdie kamp spog ook met twee geboude longdrops, met seker van die LANGSTE drops wat ek nog in my lewe gesien het. Dit is op die rand van die koppie gebou en as jy hier in die aand deur die mis is, gaan jy ‘n berg afvoeter.

Ruan lyk sleg en mens kan sien die knaap het harde houe gevat. David en Daniel kom check by hom op, om seker te maak dat hy ok is. Weereens beveel hulle aan dat hy ‘n hoofpynpil drink en dan probeer rus kry. Of dit gaan help weet ons nie, maar almal hoop vir die beste.

Met ons vertrek by Johannesburg Internationaal het Liezl van Tirbe Safari vir my ‘n pak kaartjies gegee wat ek aan elk van die ouens moet gee as ons by die kamp is. Elk kry sy kaartjie en kry ‘n stil plek om dit oop te maak. Elkeen word die beste toegewens en vir die eerste keer heers daar doodste stilte in die Willeklong kamp. Shit nog net ‘n paar uur dan pak ons een van die moeilikste dae van ons lewe aan.

Na aandete kry ons, ons laaste briefing van David en Daniel. Kry jou gear reg sodat as jy wakker word jy net kan gryp en kan begin stap. Jy gaan alles oor en oor om dubbel seker te maak jy mis niks nie. WK vlag – check, kaartjie van ouers wat ek bo moet oop maak – check, kamera – check en so gaan die lysie aan. 22h30 gaan ons wakker gemaak word vir ons summit poging. Dit los ons met ± 5 uur slaap, dit is as jy kan slaap. Jy is so opgewonde en bang op dieselfde oomblik. Jy gaan oor alles deur jou kop duisend keer en hoop en bid jy mis niks nie.

Jy trek amper al jou layers klere aan – eers jou thermal underwear, dan jou fleece broek, sweat shirt, WK kaki shirt & fleece top. Die outer shell sal jy aantrek as jy opstaan. Jy wurm jouself in jou slaapsak en sak jou kop neer. Oor ‘n paar uur is dit jy en hierdie damn randjie. Jy weet jy gaan k*k, maar hoe baie? So ‘n regte lugmag VASBYT wag op ons. EISH!

Maak nou jou oë toe wetter en probeer rus kry. Nag bulle en sien julle bliksems nou nou!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *