Blog

Oesterfees

Kuier gisteraand by n vriendin van my en sy chat so bietjie oor hoe kief haar naweekie was en dan wonder ek of ek haar ooit van my naweek by die Oesterfees moet vertel. Maar na so paar minute van onderhandelinge met die brein toe besef ek ek gaan haar net slapelose nagte gee. En ek wil nou nie dit aan my pal doen nie.

Toe ek nou daar by haar weg is toe besef ek dat hierdie een-maal-n-maand trip dalk so bietjie rof kan wees, want my liggaam voel nogsteeds die pyne van die naweek. Dalk moet ek so trip net een maal n jaar hou, maar as ek terugkyk na al die pret wat ons op hierdie trip gehad het, besef ek dat dit maar een maal ‘n maand moet bly, al kry die body so bietjie eina. Jy weet, toe ek hierdie jaar op die KKNK was, toe reken ek dit was een van die hardste feeste waarop ek al was, maar na hierdie uitstappie, saam met 9 van die grootste kuiergatte wat ek ken, besef ek dat daai net ‘n laerskool field-trip was.

So wat onthou ek van die Oesterfees? Wel, ek weet dit word in Knysna gehou en dat oesters kak sleg is. Maar laat ek liewers by die begin begin. Vrydagaand is 9 van ons hier weg in n Volkswagen TDi kombie wat meester peester Collin vir ons gereel het. Toe almal uiteindelik in is, en ons die lang pad Knysna toe aanpak, besef ek dat daar meer voggies in hierdie bus is as wat daar in n bottelstoor op ‘n plattelandse dorpie is. Collin het maar die verantwoordelike ding gedoen en drywer pos aanvaar. Die res van ons het nie op ons laat wag nie, en die langsteel begin inlê. Musiek het oor die radio geblaas en voggies het verwoed gevloei en die manne het hard gekuier. Al wat ek van daai rit kan onthou is dat Marnus n hele bottel brandewyn klaargemaak het nog voor Swellendam. Die koppie het wel 1 of 2 keer geknik, maar as jy weer sien dan is hy wakker en die kuier gaan voort.

Ons het seker so 23h30 Vrydagaand by die Overlander lodge aan gekom. Die mannetjie wat agter die counter gewerk het het amper sy broek bemors toe hy hierdie 9 ouens sien wat sy arme counter omsingel. Nadat ons ons “possie” gekry het, het ons maar besluit ons sal die tent opslaan ding doen as ons terugkom. Hoekom ons dit besluit het, sal net Karel Kraai weet. Die dorp het geroep, en ons eerste TB (tydelike basis) was Zanzibar. Die plek het gerock en dit was n paradys vir 9 warm manne. Mense kon ons nie mis nie, want ons almal het ons Willeklong t-shirts aangehad. As ek n ekstra 50 daar gehad het, sou ek alles “one shot” kon verkoop het.

Girls was daar in tonne maar, tiepies soos hierdie trips maar nou is, was daar nie eintlik tyd vir hulle nie. Dit was meer n houding van: ek en my buddies gaan die plek plat kuier. Toe Zanzibar nou uiteindelik toemaak is dit El’s toe. Ek onthou nie baie van die plek nie – al wat ek weet is dat dit relatief groot binne is. Die pad huis toe was net-net-net-net te lank gewees. Die feit dat ons wel die huis gekry het, is n wonderwerk op sy eie. Daar aangekom, is dit ons en daai bleddie tente. Mense, mense, ek wens iemand kon dit afgeneem het. Ou Ron (Ruan) het nie eers gewag dat die tent op is nie. Toe die tent die grond tref toe is hy al in. Ons het maar op geslaan met hom klaar binne-in. Man down!!

Volgende oggend het ek gewens ek was dood. Ek kon nie my liggaam voel nie. Alles was seer. Ons “possie” het maar woes gelyk en mens kon sien ons het n groot geveg met die tente gehad. Die boys het eina gelyk en dit het my herinner aan die dae toe ek nog in die lugmag was en ons het nou net teruggekom van n klein opfokkertjie. Ron was die ergste getref. Hy het in die middel van die aand van een tent na die ander tent PROBEER gryp, maar dit nie 100% gemaak nie. Die arme ou het amper gevrek van koue.

Saterdag was meestal spandeer by ons “possie”. Het n vuurtjie gemaak en maar weer aan die voggies begin suig. Na breakfast was almal weer 100% en lus vir nog n grote. Toe Oros daar opdaag was ons n vol span en die groot kalibers is uitgehaal. Oom Tas het vir ons hard geslaan maar ons was darem steady. Middagete was daar besluit ons gaan die dorp weer aanpak. Collin het ons vir oesters gevat en ek moet bieg dat die goed darem maar kak sleg is. Weet nou nie hoekom n mens ‘n fees vir die kak goed sal hê nie. Na middagete is ons terug na ons “possie” want die keer gaan ons die kombie vat as ons uitgaan. Ons gaan wraggies nie weer stap nie. Die ergste is dat die clubs minder as 500m van ons af is, maar dit kan die langste 500m in jou lewe wees as jy man-down is.

Zanzibar het ons weer geroep, maar die keer het dit baie van die manne grond toe gevat. Ek onthou net dat Ron later na my toe gekom het en iets gemention het dat hy gaan probeer terugstap. Oros het die kombie net-net gemaak, maar wat van Mynhardt, Hugo, Mike en Pedri geword het sal net hulle weet. Ek, Marnus en Collin het dit net-net daar uitgemaak. Oros was man-down. Hy lê toe daai hele bleddie sitplek vol, en daar was besluit om nie eers te probeer om hom te skuif nie. El’s, hier kom ons! Dat ek daar was weet ek nie. Daar was die volgende oggend vir my vertel dat ek onder n stopstraat geslaap het totdat n bergie vir Collin ingelig het dat een van sy tjommies daar onder die stopstraat lê.

Ek was in die kombie gesit en Marnus en Collin het verder gegaan. Dit was die einde. Daai volgende oggend word ek wakker in die kombie met honderde bleddie fietsryers om my. Oros lê in die bank langs my en Collin lê voor op die passasierskant. Bliksem. ons het darem die huis gemaak. Toe ek by die tente aankom toe word ek bang. Dit was nag en 10 keer erger as Vrydagaand. Die koppe het so een vir een by die tente begin uitkom. Maar toe Marnus sy kop uitsteek was ek bang. Blykbaar het die arme man probeer huis toe stap van El’s af gisteraand, toe hierdie bleddie pavement reg voor hom inspring. Hy het hom desmoers toe geval, maar darem die “possie” gemaak.

Pedre het ook glo sy moer gesien nadat hy gedink het hy is Carel du Plessis met sy dronk liggaam. Maar soos hy vir die manne sy spoed probeer wys het, toe val sy broek tot op sy kniee en die man donder amper deur n Toyota wat in die pad gestaan het. Aaai manne. Toe almal darem wakker is, en ons weereens so om die vuurtjie sit, was daar net hierdie stilte. Almal het dieselfde ding op hulle gedagtes. Wat het gisteraand presies gebeur en hoe de hel het ek by die tent uitgekom?

Die res van die dag was maar meestal spandeer om alles reg te kry vir die trippie terug huis toe. Die rit terug huis toe is nog n storie op sy eie. As dit nie ou Hugo, Marnus en Mike is wat groot stories / jokes vertel nie dan is dit ou arme Marnus wat siek raak net so buite Knysna. Ons het gelag, ons het gesing en van ons het moerse visse gevang (slaap) – Mynhardt & Chris (Furr). Maar n memorable moment van die trip was toe ons almal (9 ouens) kliphard die Stem sing terwyl ons terug Kaap toe ry. Dit het my net weer laat besef wat die waarde is van ware harde pelle. Die hangovers het gekom en gegaan en ons het tonne memories. Ongelukkig is daar geen kiekies nie, want die bleddie kiekiemasjien is gesteel Saterdagaand. Well, you cut your losses and move on.

Vir al die manne wil ek moer baie dankie sê. Ons het gerock boys en niemand kan sê ons het halfpad gegaan nie. Vir ou Daisy (Collin) wil ek moer baie dankie sê vir al jou hulp ou mater om hierdie trip befok te maak. Hoe jy daai bussie kon gery het met net 4 ure slaap vir die hele naweek sal net jy weet, maar dankie in elke geval.

Wel manne, julle moet rus want die volgende fees is om die draai, en dit is ons plig om paniek te gaan saai.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *