Blog

Jan / Des Vakansie 2016/7

Jan / Des Vakansie 2016/7

Hierdie jaar se Kersfees sou ʼn spesiale een wees. Ons 1st Kersfees as ʼn familie sonder pa, maar ook moontlik dalk ons laaste met ons ma wat so 2 maande gelede uit gevind het sy is gediagnoseer met lewer kanker. Die dokters was optimisties of sy die Kersfees met ons sou wees, maar dankbaar die Liewe Vader het besluit om haar nog ʼn bietjie langer by ons te hou. Kliek hier vir paar foto’s.

Adri het ook ʼn groot verrassing vir die seuns gereël tydens die kuier in PE – ʼn besoek by die brandweerstasie. Ek en my swaar, Danie, het ʼn ontbyt gaan geniet terwyl die avontuur plaas gevind het, maar die opgewondenheid het geen stop gehad toe hul terug by die huis was nie.

Na so paar dae by die familie was dit weer tyd om terug te gaan huis toe, want Marli moes by die werk kom.

Wellington is die laaste plek waar mens wil wees gedurende die Desember/Januarie vakansie, veral as jy nie ʼn swembad het nie.

Met die dat Marli in die middel van haar steenvrugte seisoen was en nie Desember/Januarie vakansie kan neem nie, moes ek ʼn plan maak waar ek die seuns kan entertain vir ʼn paar dae sonder dat die knapies my mal maak.

Die keuse was maklik – VLOEDBOS. Was al een keer daar en die seuns het dit so geniet. Daar is tonne aktiwiteite om hul besig te hou, maar meer belangrik is die seuns kan nie so maklik weg raak nie. Die kinders was in tweede hemel en dit het net ʼn paar minute geneem voor daar nuwe vriende gemaak was.

Was nogals verbaas hoeveel ander Wellingtoners daar ook was. Great nuwe mense ontmoet tydens die kamp en hoop om hul gou weer raak te kamp êrens in ons mooi land.

Marli het oor die naweek ons gejoin vir ʼn paar dae, maar moes weer die Maandag terug skiet Wellington toe om by die werk te wees.

Toe daar Woensdag op geslaan word was die trane maar vlak toe Jean en sy nuwe beste maaitjie, Albert, moes groet. Die seuns het alles daarvan geniet en ons het sommer besluit om net daar weer te bespreek vir die volgende jaar.

Kliek hier vir paar foto’s van ons kamp by Vloedbos.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *