Blog

Marli skiet haar 1st bok

Marli skiet haar 1st bok

Woensdag laat middag en ons draai weer by Thali Thali se hekke in net voor Langebaan. Net minder as ʼn week gelede het ons ʼn wonderlike familie kuiertjie daar beleef waar Jean (ons oudste) ook die geleentheid gehad het om sy 1st bok (Springbok) te skiet op sy 8st verjaarsdag by een van die buur plase.

Die keer is die kinders nie saam nie, maar twee van Marli se kliente van Spanje (Celco & Francisco) en haar kollega, Nicolis Cilliers.

Celco is ʼn man wat hou van sy jag en hierdie was nie sy eerste besoek aan Thali Thali nie.

Donderdagoggend en daar is sommer van vroeg af lewe in die ou plaashuis. Die donderweer slaan in die verte en dit lyk of die reën ons later dalk gaan vang in die veld.

Thys van Niekerk (eienaar) se Cruiser stop voor die hekkie en die opwinding is aansteekbaar onder die klomp manne + Marli. Daar gaan eers op die ghongs geskiet word om seker te maak die gewere is reg, maar meer belangrik dat Thys kan sien dat daar darem geskiet kan word deur die jagters.

Hierdie is Marli se 1st jag en voor dit het sy nog net een keer met my .270 geskiet so die senuwees lê maar vlak. Sy slaan die ghong met haar 1st skoot op 200m en skielik is die ys gebreek. Nicolus se 6.5 x 284 Shehane maak die 500m & 600m ghongs maklik seer en dit is iets om te aanskou.

Jag by Thali-Thali

Gewere is reg en Thys stel voor ons gaan kry gou eers ontbyt.

Soos ʼn jag nou maar is, is daar altyd reëls. Die NB reëls op hierdie jag, was dat as Thys praat bly almal stil en hy sal die korrekte bok uit wys. Met die dat ons met Nic se geweer skiet sal hy die nodige afstand/wind verstellings maak en slegs as hy sê dit is reg, dan kan jy gooi. En dan laastens, as daar geskiet word, dan is almal van die bakkie af behalwe die persoon wat skiet en natuurlik Nic wat die verstellings doen.

Die aanvanklike plan was dat ek en Marli saam met Charlie (hoof gids) na ʼn nabye plaas sou gaan, waar daar ʼn groot trop Springbokke is (selfde kamp waar Jean so paar dae gelede sy 1st Springbok geskiet het), en waar sy dan ʼn geleentheid sou kry met die .270.

Met so bietjie aansporing van Nic & Thys stem Marli in dat as daar nie ʼn geleentheid vir ʼn Springbok sou kom nie, dan kan ek en sy na die ander kamp toe gaan terwyl die manne verder jag.

Maar geluk was in ons kant! Net soos ons deur die sand jeep track beweeg wys Thys ʼn mooi Springbok ram uit wat op die vlaktes alleen staan. Thys is onmiddellik op sy verkyker en dui aan dat dit die perfekte geleentheid is, want die bok het ons nog nie gewaar nie en is baie rustig.

“Is jy reg hiervoor Marli?”, vra Nic rustig.

Nog voor sy ʼn antwoord kan gee is ek, Celco & Francisco die bakkie af en wens haar sterkte toe.

Terwyl sy haar plek in neem gee Thys die afstande en laaste instruksies.

“Ok julle die bok staan op 300m. Onthou Marli daar waar die swart streep voor die voorbeen stop, daar sit jy hom neer”, kom Thys se instruksie duidelik en aanmoediging deur.

Terwyl Marli aanlê, doen Nic die nodige verstellings. Hy is baie rustig en praat sag, duidelik en aanmoediging met haar.

Die oomblik is te groot vir my en ek kyk maar die vlaktes in.

“As jy reg is Marli, kan jy gooi. Onthou, moet nie trek nie – druk net sakkies”, is Nic se laaste woorde voor daar doodste stilte op die bakkie is.

Marli se asem jaag soos ʼn Bedford lorrie wat beheer verloor het. Skielik hou sy haar asem op … en toe sny die klank van die skoot deur die lig.

‘VAS!!!” is die eerste woorde na die skoot van Thys.

“Het ek hom?!?!?!”, vra sy met groot oë terwyl sy na Nic kyk.

Die knaap lag groot en antwoord, “Puik skoot Marli. Hy is plat. Baie geluk!”.

Die volgende paar sekondes is maar moeilik om te beskryf. Vir iemand wat eers baie huiwering was om te jag en maar opgekyk het na die geleentheid het sy voor gekom of sy nou net gehoor het dat sy die Lotto gewen het. Daar word op en af gespring, high-5’s word uit gedeel…

Uiteindelik toe sy bedaar het en ons by die bok kom, wys Thys dat dit ʼn perfekte skoot was.

Jag by Thali-Thali

Met almal wat nou al ʼn bok of twee plat getrek het (behalwe ek), het die tyd aangebreek om vir die groot ysters (Elande) te gaan soek.

Kry die trop later tussen die bosse en na so uur van kat & muis besluit ons om eers ietsie op die kole te geniet en natuurlik om die dors te les met ʼn koue of 3.

Jag by Thali-Thali

So net na 2pm en ons is weer op die spoor van die Elande. So kort voor 5pm kry ons ʼn geleentheid waar die trop uit die bosse beweeg. Thys begin onmiddellik instruksies gee op watse bok daar gefokus moet word. Terwyl ek aanlê hoor ek hoe Nic die nodig settings op die scope doen vir die 405m.

Die adrenalien begin in skop en ek weet dit is nou of nooit, want oor ʼn uur gaan dit donker wees. Ek lê aan, probeer my asemhaling onder beheer kry.

Die skoot val en ek sien hoe hy spring.

Thys laat weet dat daai ʼn raak skoot is en volg die bok terwyl hy hardloop.

Skielik verdwyn hy agter ʼn bos. Met almal terug op die bakkie skiet ons die bosse in direk op die plek waar die bok laaste gesien was. Toe ons so 100m van die plek kom vlieg die bok op en hardloop agter die ander groep aan.

Onmiddellik begin ek bekommerd raak dat ek dalk die bok gekwes het, want dan is dit NB om die bok dop te hou, want as hy gaan lê in hierdie bosse sal jy hom nie gou kry nie.

Thys se PH vaardigheid skop in en ons volg sy spoor tot waar ons hom sien lê onder ʼn bos. Die bok lê doodstil en Thys is bekommerd dat hy dalk nie dood is nie. Hy stel voor ons gee ʼn 2de skoot (kop) om net seker te maak, want sou ons nader beweeg en hy opvlieg dan gaan ons hom dalk nie weer kry nie.

Die skoot val en so ook die verligting dat ons hom gekry het. Beide ek en Nic wil graag sien waar die 1st skoot geval het, want ons was onder die indruk dit was ʼn volle blad skoot.

Na nadere ondersoek kry ons die skoot. Effe laer as die skouer en +/- ʼn voet agter, dus het hy die hart gemis en die longe skrams getref. Nou nie die perfekte blad skoot nie, maar bly ons het die grote gekry.

Jag by Thali-Thali

So net na 6pm die aand kom ons uiteindelik weer by die plaashuis aan na ʼn lang maar suksesvolle dag in die veld. Dit was ʼn dag met ongelooflike hoogtepunte en ʼn dag wat ek dink Marli nie sommer gou sal vergeet nie.

Welgedaan skat en welkom by hierdie wonderlike kultuur van jag.

Groot dankie aan Nicolis vir die geleentheid en natuurlik Thys van Thali Thali vir die puik dag.

Kliek hier vir so paar foto’s van die avontuur.

4 Comments

  1. Adri Steyn

    You “rock” sus

  2. Jakalaas

    Well done!!!

  3. Vic

    Stuur bietjie biltong oor!

  4. Drikus Kotze

    Jis Tjomma. Nou eers jou blog ondek.. (sorry)

    Great storie!! lyk of julle darem geniet het!

    Groete Drikus

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *