Blog

10 Jaar Huweliks Herdenking

10 Jaar Huweliks Herdenking

Laat ek nou vir jou ‘n ding of ses sê – as iemand vir jou noem dat die 1st 10 jaar van hulle huwelik sonskyn en rose was dan moet jy hom net daar ʼn “ligte” tik teen die ore gee, want dan praat hy wraggies louter twak. #SiesMan #MoetNieSoLiegNie

Voor die ou tannies my kruisig wil ek net eers die volgende regstelling doen. Ek sê nie dit was net chaos, angs en anergie nie. Glad nie! Inteendeel dit is seker die beste, lekkerste, maar ook moeilikste avontuur wat ek al ooit aangepak het. Tannie sal sien ek het “moeilikste” laaste in die lysie gesit so tannie kan nou bietjie asemhaal.

Dink geen ander regdenkendepersoon op hierdie planeet wat ons Aarde noem sou vir so lank kon opskeep met my nie. Ja daar was definitief tye wat ons mekaar met pikstele wou takel, maar voor jy jou oë uit vee is dit vergete. Soos die bekende gesegde gaan: “Mens onthou altyd net die goeie, en nie die slegte tye nie.”

10 Jaar Huweliks Herdenking

10 Jaar gelede het sy JA gesê by die kansel in Oudtshoorn en tot vandag toe is ek dankbaar daarvoor.

So “lady-like” daai vroutjie van my kan wees, so maklik kan sy enige avontuur aanpak wat na haar kant toe kom. Ja, daar sal dalk trane en angs wees, maar daai klein vroutjie glo nie aan die woorde “kan nie”. So klein en sag sy meeste van die tyd voorkom so duidelik kan sy vir jou ook mooi verduidelik as sy nie saam stem met jou poging om ligvoetig 1am die huis in te vlinder nie, na ʼn paar onskuldige sappies saam met die manne nie. #Sjoef

Maar met so ʼn spesiale mylpaal moes ons darem ietsie doen sonder die res van die familie troepe (Jean & Lian). Die is gepos na Oupa & Ouma in Somerset Wes en ek en Marli het in rus en vrede die Karoo in geskiet. Geen skreeuery of bakleiery of huilery nie – net ons en ons eie geselskap.

Maak dit my ʼn slegte ouer as ek hipoteties gesproke noem dat ek daai twee rakkers nie regtig baie gemis het die naweek nie?

Ok, terug by ons 10 jaar Huweliks Herdenking. Maggies, dit gee my skoon hoendervleis om te dink hoe vinnig die tyd gevlieg het. Saam met dit het ek beide my “looks” en gewig onder 100 verloor (sug), maar hey ek het darem nog my hare … soortvan.

Toe ek die Karoo Art Hotel die 1st keer tydens ʼn spanbou geleentheid besoek het, wou ek Marli daarheen neem.

Die Karoo Art Hotel is in die middestad van Barrydale geleë soos al die ou Royal Hotels van die klein dorpies. Hierdie een het wel ʼn ander tipe sjarme aan hom as jy deur die voordeur stap.

Kunswerke & kleurvolle dekor verras die besoeker met die intrapslag. Nes jy dink dit kan nie meer kleurvol raak nie kry jy weer ʼn verrassing om die volgende draai.

10 Jaar Huweliks Herdenking

Ons bespreking was opgradeer na die hotel se Tuin Suite wat (soos die naam dit sê) spog met sy eie tuin area & “he & she” buite storte. Naas die kleurvolle dekor kan mens nie ophou praat van die vriendelike gasvryheid nie. Alles word in die prefekte detail gedoen en dit was lekker om te sien hoe mense trots het in wat hulle doen.

Die Galery Restaurant spog met ʼn ongelooflike menu en die porsies is bogemiddeld groot. Beide aande het ek my vergryp aan die lam geregte (eers kerrie & toe ribbetjies) en alhoewel ek nie skuins staan vir ʼn groot maaltyd nie, moes ek my storie ken om beide klaar te maak.

10 Jaar Huweliks Herdenking

Saterdagmiddag nadat ons die dorp verken het, is ons reguit swembad toe om bietjie te ontsnap van die Karoo hitte.

10 Jaar Huweliks Herdenking

As jy en jou beter-helfte, of selfs die hele familie ʼn breek nodig het van die dag-tot-dag se gejaag dan moet jy hierdie Karoo juweel gaan besoek.

Nou vir die volgende 10 jaar se avontuur!

Kliek hier vir paar foto’s van die naweek.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *