Familie

10 Jaar Huweliks Herdenking

Laat ek nou vir jou ‘n ding of ses sê – as iemand vir jou noem dat die 1st 10 jaar van hulle huwelik sonskyn en rose was dan moet jy hom net daar ʼn “ligte” tik teen die ore gee, want dan praat hy wraggies louter twak. #SiesMan #MoetNieSoLiegNie Voor die ou tannies my […]
Read More

Kamp by Zevenputs

Die Weskus het ʼn bekoring van sy eie, begin ek al hoe meer agterkom. Hierdie dorre landskap met sy vars seelug en vriendelike Weskus mense, is maar net anders as die Ooskus se groen landskap en soms “ons-weet-van-beter” mense. Alhoewel die Karoo en woestyn, met al daai niks en groot vlaktes vol klip, my gunsteling […]
Read More

Ontsnap na die Sea Shack

Met die dat 2018 nie begin het soos ek gehoop het nie (eers Waterpokkies en toe die afsterwe van een van my kollegas), wou ek so gou moontlik weer aan die beweeg kom. Met “beweeg” bedoel ek dat ek daar buite in die wêreld moet wees en goed gaan beleef en verken. Met die dat […]
Read More

Zipzoom

Sondagmiddag net na kerk en die Boland se hitte is op sy stukke alweer. As ons nie vandag uit die dorp (Wellington) kom nie, gaan hierdie klein huishouding van vier mekaar waarlik vrek maak. Kinders word skreeuend in die kar gegooi (skuus, bedoel rustig geplaas) en ons skiet Durbanville se rigting in. Altydgedacht Landgoed om […]
Read More

Kamp by Sanddrif

Begin nou al soos ʼn tradisie raak om saam met hierdie lekker “mal” groep te kamp elke November. Lees gerus die vorige jare se artikels hier: 2015, 2016 en een vroeer die jaar. Alhoewel ons mekaar maar min in die jaar sien, is dit altyd een kamp waarna ek baie uit sien. Ek dink wat dit daai […]
Read More

Moordenaarskaroo + twee Ouberg Passe

Om ʼn langnaweek tuis te wees is net so goed jy word vir die dorp se eerste klub rugby span gekies, maar in die voorry posisie in plaas van losskakel, waar jy jou talent kan uit leef met jou ligvoetige passies. Met die dat Mnr Afrigter se 110kg niggie graag haar sport talent wil versprei […]
Read More

Kamp by Scheppie Saus

Lengte is sekerlik een van die beste tye om in die natuur te kom. Dus as daar ʼn geleentheid kom om Tigger (ons ou 80 Series Land Cruiser) se bene te rek sal daar nie gehuiwer word om in te stem nie. Ons laaste stop voor ons die +/- 2 ure rit aanpak Scheppie Saus […]
Read More

Kamp by Die Mond & Cederberg Oasis

Dit is soms moeilik om vir iemand te verduidelik hoe mooi ʼn verlate & dorre landskap lyk. Dit is heel verstaanbaar dat die meerderheid mense neig na mooi natuurskoon gebiede, maar vir een of ander rede kry ek altyd aanklank na plekke waar die niks knie hoogte groei. Een so gebied, bietjie meer as ʼn […]
Read More

Kamp by Gecko Rock

Vrydagmiddag so duskant 2pm trek die 80 Series se neus by die hek het. Die tyd het aangebreek dat ek en die seuns vir ʼn naweek ontsnap van die dag-tot-dag se gejaag en geraas. Beste manier om jou kop skoon te kry is om in die natuur te kom – punt! By Touwsrivier draai ons […]
Read More

Jag by Mullersvlei

Met die dat ek uiteindelik my eie geweer (.270 Ruger) bekom het, was die skrif op die muur dat daar gejag gaan word die jaar. Paul het ook sy hande op ʼn 1942 .303 Lee Enfield gekry en die was self lus om bietjie lood te gooi. Paul se neef, Dirk van Rooyen, boer saam […]
Read More