Blog

Kamp by Suikerbossie

Kamp by Suikerbossie

As daar nou ʼn kamp was wat “way overdue” was, was dit die naweek se kamp.

Sedert Lian se koms (+/- 6 maande gelede) was ons maar aan die stil kant gewees aangaande kampe, want die tande sny is mos maar ʼn lelike avontuurtjie en om ʼn kampterrein 3am die oggend wakker te skreeu is nou nie op my top 5 goedjies wat ek enige persoon sal aanraai om aan te pak nie. As jy diskant doof is en nie omgee as die res van die mense in die distrik jou skeef aan koekeloer nie “then go for it”.

Alhoewel ek al begin ontrekkings simptome kry het van nie kamp nie, was Jean die groot rede vir hierdie kamp. Toe ek die woord KAMP noem kon ek sien hoe verhelder sy gesiggie en toe weet ek dit is tyd vir beplanning. Toe ek noem daar gaan maaitjies saam toe het ek probleme, want ek het so +/- ʼn maand en ʼn half terug al die kamp begin beplan so elke oggend & aand word daar gevra hoe lank nog en gaan maaitjie A, B, C… nog saam.

Gaan laai ek hom by die skooltjie af dan vra sy klas onderwyseressie my hoe lank nog, want hy praat die klas dood oor hierdie kamp. Ek het later die gevoel gekry sy bid ook al dat die kamp tog net kan kom. Met al hierdie “hype” was die presure daar om seker te maak dit gaan ʼn avontuurtjie wees wat hy nie gou sal vergeet nie.

Die aanvanklike spannetjie was groter, maar hoe nader die tyd gekom het hoe minder het dit geword. Die finale kamp groep het soos volg gelyk:

  1. Ek & Marli – Jean (4 jaar)
  2. Paul & Marina – Tessa (skaaphond)
  3. Petrus & Lisha – Peter-Alan (3 jaar)
  4. Christo & Rene – Ewan (2 jaar)
  5. Pannie & Candy – Lyla (4 jaar) & Kai (2 jaar)
  6. Ruan

11 groot mense + 5 kinders + 1 hond = kan mos net pret wees.

Ons TB vir die naweek was Suikerbossie in die Koue Bokkeveld. Van die foto’s en terugvoer op die webtuiste het dit gelyk na die presiese plek wat ons span benodig.

Vrydag laat middag en die tente het gestaan, vure was aangesteek, kinders het die plek plat gespeel en ma/pa was gewapen met ʼn koue verfrissinkie in die hand. Toe die son sy laaste strale gegooi het, was daar besluit om die jong span die donkerte in te vat op ʼn mini nagmars. Elk gewapen met ʼn flits of 2 en daar gaan die verkennings groepie. Bok spore en verhale is opgemaak en as daar na ʼn vals bok spoor verwys word is daar doodste stilte en aanskouing. Mens kan ʼn naald hoor val in die donkerte soos die jongklomp luister. Moeilik om te glo as jy ʼn ouer is, maar die waarheid – was self verstom gewees.

Terug by die kamp en die geselligheid om die kampvuur het lekker geloop. Later die aand het die kleinspan een vir een verdwyn in ʼn tent.

Saterdagoggend en dinge het sommer vroeg begin lewe kry. Na ontbyt is almal gesunblock van kop tot toon, gewapen met ʼn visstok en enige ding wat kan dryf is daar af beweeg na die jetty. Aanvanklik was daar tonne belangstelling in die visvang, totdat die eerste maaitjie die water tref toe neem die pa’s maar die stokke oor en die kinders jaag enige moontlike ding wat sou geleef het in daai rivier weg.

Laat middag het paar die kinders na die waterval poele geneem wat ʼn avontuur op sy eie was, maar definitief die moeitewerd. Terug by die kamp en die vure loop al hoog met Paul/Marina se wild spot wat al lekker vorm begin kry het. Christo/Rene het met hul pasta pot begin terwyl Pannie & Petrus vir paar amusante (sjoe dit is ʼn moerse groot woord) oomblikke gereël het.

Kinders het aangedring op ʼn tweede nagmars en hoe kan mens dan nou nee sê vir daai gesiggies.

Daar was geëet, gekuier, nog meer geëet en as jy dink jy kan nie meer nie dan word daar weer geëet. Lanklaas twee potte so baie geniet. Die dag se son en koue verfrissinkies het sy tol begin eis en almal het tente se kant toe gestaan.

Sondagoggend na ontbyt het almal stadig begin om tente af te slaan en voertuie te begin pak. Party het vir ʼn laaste keer die koue water gaan geniet voor daar blad geskud word en al die goodbyes begin het.

Weereens dankie vir ʼn great naweek julle. Sal sommer gou weer begin werk aan die volgende een.

Kliek hier vir meer foto’s.

8 Comments

  1. Christo

    Wat ‘n lekker naweek, dankie Jonker vir die reelings. Ewan het sommer al vroeg na ons teruggekom het gese hy is moeg en het vroeg uitgepas. Was dan n goed een!

    Hy het vanoggend by die skool ingestap en was net kamp stories, kon sien die arm oppassers gaan moeg wees na vandag se klomp stories van die naweek.

    Ons moet gou weer so maak en was lekker om ‘n paar lekker mense te ontmoet het die naweek.

  2. Marli Jonker

    Dit was soooo n lekker naweek gewees. Fantastiese geselskap en goeie kos! Kom ons maak weer so!

  3. Karin Hanekom

    Ai julle klomp oulike kampers!
    Dankie dat julle by ons kom kamp het. Dit was vir ons so lekker om te sien hoe julle jul kinders geniet. Julle het vir hulle ‘n klomp wonderlike memories gegee wat hulle die res van hulle lewe gaan onthou. Ons raak so opgewonde as ons sien dat gesinne die buitelewe geniet en saam kuier! Henry, oulik geskryf! Fotos pragtig! Lekker gewees om te kyk en te lees.
    Kom kuier gou weer en kom pluk saam met julle kinders vrugte in die boorde!
    Suikerbossie groete

    1. Henry Jonker

      Het die kuier by jul baie geniet Karin. Soos genoem was ons almal baie beindruk hoeveel energie jul in jul plekkie sit. Lanklaas n kampterrein met so mooi grasperk gesien. Welgedaan en sien jul sommer gou in die nabye toekoms.

  4. Skotvry

    Ai die foto’s is pragtig, en soos ek al voorheen vir jou genoem het, jy het ‘n talent vir skrywe. Klink sommer of mens saam kamp soos mens lees. Stuur nou maar volgende keer ‘n uitnodiging’tjie die kant toe ook ? Martin Scott – Skotvry Groete !!!

    1. Henry Jonker

      Haha, dankie Martin. Stem ons moet plan maak en ene saam aanpak. Jul kamp mos non-stop so sal definitief een saam met jul wil doen. Laat dit juig.

  5. Candy - Lee Pansegrauw

    Wat ‘n Awesome naweek , great plek, mense en kos. My kinders was in hulle element. Die kamp gogga het ons verseker gebyt. Dankie vir die oulike post Henry, die fotos is amazing.

    1. Henry Jonker

      Maar dan is ek bly. Sal sommer nou al begin dink aan paar kampe vir vroeg 2015. Ons sal net vir Pannie op ‘n tent-opslaan-kurses moet stuur…haha

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *