Blog

Kamp by Koningskop

Kamp by Koningskop

Net soos jy aan die bokant van die Piekenierskloof Pas kom draai jy links waar die bordjie Paleisheuwel sê . 18km (meeste grond pad) verder sal jy die bord aan jou regterkant kry vir Koningskop.

Die res van die spannetjie (Heinie, Valme, Paul, Marina & Tessa) was alreeds daar en die vure het sommer lekker hoog geloop.

Jean was so opgewonde en ek kon die kar nie vining genoeg stop sodat hy kon uit nie. Moes hom net eers keer om ’n kop lig aan te sit sodat ek en ma hom darem in die donkerte kan sien.

Kamp by Koningskop

Tessa (Paul se skaaphond) het kom saak kamp so toe meneer hom gewaar toe is dit net die cherry op die koek en die twee het onmiddellik stories, wat net hul verstaan, gedeel.

Die wêreld was koud en my mens daai Vrydagaand het ek my vroulief vasgehou soos nog nooit van te vore nie. Daar was komberse onder die matras en ’n vrag bo ons, maar koue se kind wou net nie weg nie…Ek het op ’n tyd gedog dit is dalk makliker om maar net te vrek as om so koud te kry.

Kamp by Koningskop

Volgende oggend was boeta vroeg wakker en aan die gang met die res kort op sy hake. Moeilik om in te lê as die knapie klaar die gras aan die brand speel buite.

Na ontbyt het ons ’n vinnige recce deur die kampterrein gedoen voor ons die 4×4 roete aangepak het. Eintlik ’n baie eenvoudige roete en daar is net die een gedeeltetjie waar jy nie sonder ’n diflock gaan uitkom nie. Die views van bo het my net weer laat besef hoe mooi ons land is.

Terug by die kampterrein was daar gou iets warms aangetrek want ons moes Kardoesie Padstal toe waar groot rugby (semifinal tussen Stormers vs Sharks) op ons gewag het. Die resultaat…nie wat ons gehoop het voor nie, maar Jean het dit terdeë geniet en die knape het selfs help gil…aai kêrels!

Kamp by Koningskop

Die res van die aand was die teleurstelling & koue maar weg gekuier!

Sondagoggend en Jean het weer sy kant gebring om almal vroeg uit die kooi te kry…Die res van die spannetjie het nog planne vir die res van die dag gehad, maar ons 3 moes huis se kant toe staan.

Koningskop is definitief die moeite werd, maar as jy van jou spasie hou as jy kamp dan gaan die staanplekke dalk effe te klein wees vir jou as hul 80%+ vol is. Bygesê hul het ’n bobaas lapa (was besig om nuwe dag op te sit toe ons nou daar was) en ek glo dinge kan lekker raak daar.

Kliek hier vir meer foto’s.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *