Blog

Arangies Kop hike

Die Robertson distrik is nie net bekend vir sy voggies en kelders nie, maar ook vir sy natuurlike skoonheid. Een van hierdie natuurlike wonderwerke is die staproete oor Arangies Kop net anderkant Robertson.

Toe ek hoor dat hierdie Arangies Kop die klein Everest van Suid Afrika genoem word het ek gedog hulle maak ‘n grappie, maar Vrydagaand toe ek aan die voet van hierdie koppie staan toe besef ek hierdie gaan nie n klein uitstappie wees nie, maar n ernstige stap. Jy moet verstaan dat as ‘n mens op 400m bo seespieël begin, en eindig op 1600m bo seespieël, dan weet jy jy het geklim.

Vrydagaand het ons so bietjie gesellig verkeer – om ‘n vuurtjie en met voggies in die hand. Ons het dit probeer rustig vat want niemand wou die volgende oggend hierdie berg aanpak met ‘n klein kopseertjie nie. Maar soos my geluk nou maar is het ek die duiwel homself ontmoet. Sy naam was Colin, u edelagbare. Hierdie man het met ‘n doel gekom en ek het daarvan gehou. Sy mening was dat suffer gaan ons suffer op die trippie, maar gekuier gaan daar ook wees en dit is presies wat ons gedoen het. Na ‘n paar biertjies, ‘n bottel rooiwyn en ‘n bottel premix brandewyn-en-coke, het ek, Marius en Colin besluit dit is nou maar ‘n goeie tyd om die rustige ding te doen al was dit eers 03h00 Saterdagoggend.

Saterdagoggend was almal vroeg uit die vere en lus vir hierdie klein uitdaginkie. Ek onthou nog hoe vrolik almal was met die eerste stretch van die hike. In al die groepies was daar geselsies en jokes gemaak, maar hoe meer ons die berg opgegaan het, hoe stiller het dit begin raak. Die grappies het begin opdroog en die asems het begin woes blaas. Afdraendes was so skaars soos water in die woestyn en die bene moes maar hou. My arme wingman Colin het maar woes gesuffer, maar daar was nooit n teken van ek kan en wil nie meer nie. Altyd net hierdie groot smile wat jy kry as jy hom vra hoe voel jy.

Weereens was geluk aan my kant. Jy sien ek het saam met 4 jonge dames (Magda, Riana, Corrien en Lize) gestap en saam was ons The Big Five. Ek het maar die leierskap rol van hierdie Big Five aanvaar al het ek die heeltyd agter gestap. Girls moet nou nie befok raak nie, maar julle weet ek was die leier gewees…hehe. Jy sien ek doen alles met n doel. Agter stap is nie altyd so sleg soos almal dink dit is nie veral as jy die heeltyd na 4 oulike boudjies moet kyk nie. Daar was weereens aan my bewys dat girls ‘n groter deursettingsvermoe as ouens het. Tussen al die “Days of Our Lives” updates en skinderstories het hulle aanhou klim en stop was daar maar min. Ek het soveel data ingeneem in die kort tydtjie wat ek saam met hulle gestap het, dat ek geestelik ook moer toe was toe ek by die hut aankom. Shit ouens, ek het uitgevind dat girls ook poep, so Marius jy hoef nie sleg te voel nie. Jy sien data soos hierdie wil ouens nie weet nie. Dit is mos nou wraggies nie n onderwerp om oor te chat 1200m bo seespieël nie. Ek het maar dom gespeel en my bek toegehou, want pappa het gesê dat n stil bek n heel bek is.

Toe ek die hut sien vir die eerste keer het my kakebeen die grond getref. Dit was wraggies n awesome plek wees, en ek wou so graag een gehad het. Baie primitief, maar alles wat moeë stappers soek – n warm stort wat aangedryf work deur ‘n donkie, en ‘n sagte bed. Vir die van julle wat weet hoe hierdie donkie werk sal mos weet dat daar die heeltyd n vuurtjie moet wees anders sal die water nie warm bly nie. Kole gaan nie werk nie. Jy moet n vuurtjie hê. Shame, Riana en Magda het dit op die harde manier geleer. Toe hulle so halfpad deur hulle wassie is (+/- 45minute onder die shower) het die vuurtjie in die donkie begin vrek. Ek het probeer red, maar dit was tevergeefs.

Almal was aan die moeë kant maar niemand meer as ou Colin nie. Julle onthou dat ek aan die begin genoem het dat Colin met die doel gekom het om te kuier. Wel, toe ek sien wat hy die heeltyd in sy sak gedra het, het ek geweet hier gaan mense sneuwel vanaand. Hy het 2 bottels OBS, n bottel Sours en n 1.5 liter bottel rooiwyn saam met hom gedra. Net daar het ek vir die man groot respek gekry. Die voggies het begin woes vloei en so ook het die grappies en geselsies begin meer raak. Die lam bene was iets van die verlede en daar was meer fokus geplaas om seker te maak dat jou beker nie leeg word nie. Toe die voggies nou goed begin vloei het ek tot die skokkende gevolgtrekkig gekom dat hierdie girls die vroulike weergawe van ou Colin is. Fok, die een, Corrien, is ‘n wynmaker, en drink asof dit die laaste dag op aarde is. Ware kuiergatte nes ek en ou Colin. Rooiwyn + vriende + vuurtjie wat lekker brand + koue windjie wat buite waai + lekker grappies = een moerse cool tyd. Toe al die magies vol was en al die Mafias dood is (is ‘n game wat ons gespeel het) is die rustige ding weereens gedoen.

Sondagoggend is ons verwelkom met snerpende koue. Dit was woes koud en ek kon nie myself sien om in hierdie weer te stap nie. Toe die meeste van die mis opgeklaar het, het ons die pad huis toe aangepak. Nou as ‘n mens dink dat af is makliker is as op dan maak jy n moerse fout. Toe die mis finaal weg is was dit ‘n stunning dag. Ons kon vir niks meer gevra het nie.

By die einde aangekom het ons soentjies en drukkies uitgedeel en die pad terug Kaap toe aangepak. Vir die 2 MM’s (Marius & Marthe Malan) wil ek net sê: Dit was great julle en ek hoop jy het jou B-day geniet Marthé!

Arangies Kop is n moet vir almal. Dit is wraggies beeldskoon en jy kan die mag van die berg voel. Onthou om net baie voggies saam te bring vir die aande want dit raak vrek koud daar op die berg. Vir almal wat saam was, vriende en nuwe vriende wil ek net dankie sê vir ‘n bokbefokte naweek.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *