Jean ontmoet ouma-grootjie

25 July 2010

 

Die nuus dat ouma-grootjie Botha (my ouma) nie Jean se doop sal kan maak in September nie (as gevolg van gesondheid redes) het ons besluit dat ’n trippie Oudtshoorn toe gedoen moet word. Die knaap moet darem een van sy groot groot ouers ontmoet.

Padwerke by Worcester het veroorsaak dat ek en M ‘n roete aanpak wat ons jare laas gery het – via Laingsburg en Ladismith. Ek weet die stukkie van Laingsburg na Ladismith is ’n grondpad en as ek reg kan onthou was dit maar ’n paar km...iets soos 5 of 10km...niks ernstig nie en M se swart gevaar sal dit maklik doen.

By Laingsburg aan gekom en ons neem die afdraai Ladismith toe. Na paar km draai ons regs Ladismith toe...50km! Ek dog M kry ’n hartaanval...

“Ek dog jy sê dit is so 5/10km? Dit is vir 50km en nou moet ons dit nog in die DONKER ook aanpak met ’n kar wat nie ’n jack of wheel spanner het nie!”

Was seker die langste 50km in my lewe...ek het later begin bid vir teer. Sal nie weer daai stukkie aanpak in ’n kar in die nag nie...

Kuiers by ouma is altyd soos ’n reset knoppie vir die siel. Ek is mal oor die dorp (Oudtshoorn) & distrik en as ek my sin kon kry, het ek al gister soontoe getrek.

Ouma lyk moeg en om eerlik te wees dit pla my baie, maar toe sy haar kleinseun sien was die oë vol trane.

Vir die wat die distrik ken sal weet as die wêreld hier koud word dan raak dit leeu koud en beide aande het ons nie teleurgestel nie.

Het ook die uitstappie gebruik om Jean te wys waar ma en pa getrou het 2 jaar gelede. Die knapie was nie baie impressed met De Opstal nie, maar dit het goeie herinneringe by ek en M wakker gemaak oor daai spesiale dag van 1 Maart 2008.

Alhoewel die trippie veels te kort was, het ouma-grootjie en Jean darem die tydjie saam geniet.
Kliek
Kliek
Kliek
Kliek
Kliek

lewer kommentaar

Kommentaar

Ag sus dit is geen moeite nie - ek love die kuiers by ouma. Kan nie meer wag vir julle om hom te ontmoet nie.

Gelewer deur : Henry - 26 July 2010
Shame ouboet ouma kon nie uitgepraat raak oor hoe oulik Jean is nie - dis was 'n beautil gebaar van julle om by haar 'n draai te gaan maak, op haar ouderdom is dit die dinge wat vir haar belangrik is. Love julle lots

Gelewer deur : Adri Steyn - 26 July 2010
Tuiste  |   Wie is ek?  |   Artikels  |   Fotos  |   Video clips  |   Gasteboek  |   Kontak
Kopiereg © Henry Jonker 2007. Alle regte voorbehou.