Rocketseed wegbreek naweek

18 July 2010

 

Vir enige maatskappy is dit kritiese dat elke individue / departement as een eenheid kan saam werk. Soms is mens so besig in jou dag-tot-dag se gejaag dat daar nie werklikwaar tyd is om te gaan sit, asem te haal en te kyk na die groter prentjie.

Dit is hoekom aktiwiteite soos ’n wegbreek & spanbou naweek belangrik is. Dit by gesê moet mens ’n goeie balanse he, want fokus jy te veel op te veel werks aktiwiteite doen jy meer skade as goed (net my persoonlike opinie) – die groep moet die geleentheid gegun word om op ’n sosiale vlak te “mingle”.

Dit is op hierdie onderwerp waar ek my hoed moet afhaal vir Johan (Rocketseed SA MD). Werk nou al +/- drie jaar saam met hom en het nog nooit saam met iemand gewerk wat so gefokus is op ’n “brand” nie. As hy nie saans tot 19h00 voor sy rekenaar sit en werk nie, word daar verder gewerk by die huis...dit stop net nooit nie. Die naweek se aktiwiteite was gefokus om die span nader aan mekaar te kry, maar om ook die doelwitte van ons SA eenheid weer te versterk. Welgedaan Johan & Gerrie...

Riebeek Valley Hotel is ’n vier ster hotel +/- ’n uur se ry van die Kaap en was die prefekte venue vir die naweek.

Die cherry op die koek was dat getroudes hulle partners kon saam neem en met Jean wat bietjie by ouma & oupa gekuier het, het ek en M elke oomblik gebruik om agterstallige slaap in te haal.

Baie dankie vir almal wat die naweek moontlik gemaak het...dit was werklikwaar ’n wenner gewees.
Kliek
Kliek
Kliek

lewer kommentaar

Kommentaar

Nice artikel...oulike website wat jy het.. :-)

Gelewer deur : Morgan Hendersson - 18 July 2010
Tuiste  |   Wie is ek?  |   Artikels  |   Fotos  |   Video clips  |   Gasteboek  |   Kontak
Kopiereg © Henry Jonker 2007. Alle regte voorbehou.