|
Hier kom die pyn...
|
|
20 Feb 2010
|
|
|
Die se ding gaan mos: “Boys remain boys, it is just their toys that change....”
As ’n jong knaap het ek ’n vrag speelgoed gewere gehad – liewe hel ek het soveel gehad ek kon ‘n hele bleddie bataljon bewapen het...Daar was geskiet en “army” gespeel tot laataande. As ma my nie aan die ore beet het nie sou my gat skielik brand as pa by kom en dan is die aand se geveg vir eers klaar...maar more is daar weer ’n geleentheid om die bure se girls op hol te jaag met my Rambo gevegs gear...eish.
Nou is ek heelwat ouer en alhoewel ek 5 jaar in die Lugmag was, is die hunker nog daar om soos in die ou dae bietjie oorlog te speel. Die meeste van ons het al paintball gespeel en weet hoeveel pret dit kan wees. Vir die wat dit nog nie gespeel het nie...hehe...ons moet plan maak.
So paar weke het ek weer gespeel saam met vriende (by Wener se bachelors om meer spesifiek te wees) en toe ek die week daarna Oos-Londen toe is en ’n ou vriend raak geloop het wat by ’n gun shop werk het iets begin juk....en hierdie juk wou net nie weg kom nie...
Hierdie juk moet geblus word, het ek gereken. Het email aan al die brakke gestuur met die proposisie dat ons almal vir ons paintball gewere moet koop dan kan ons lekker ons eie games naweke reël. Die terugvoer was positief en ek het geweet ek moet myne gou kry anders brand die bliksems my by die volgende braai.
Saterdag en ek en Christo en die vroutjies is af Cape Sports toe. ’n Uur later en elk stap met ’n Tippmann Custom Pro, hopper, gas bottel en 500 paintballs uit.
Wag nou net vir die ander manne om hulle sin te kry en dan breuk alle hel los. As jy my bakkie sien moet asb. nie vir my toeter blaas nie, want ek mag dalk net jou kar in kleur met paintballs...hehe. |
|
lewer kommentaar |
 |
|