|
32 Bataljon - Die Buffel Struikel
|
|
12 Jan 2010
|
|
|
As jy my ’n week gelede gevra het of ek geweet het wie Big Daddy en sy manne was en wat hulle gedoen het in die destydse Bosoorlog, sou ek my skouers opgetrek het.
Die laaste week kon ek hierdie boek net nie neer sit nie. As ’n ou soldaat myself (in my vorige lewe) het ek wel nooit diens op die Grens gedoen nie (nog te jonk daarvoor), maar dit het my oë oop gemaak wat hierdie gevreesde bataljon vir Suid-Afrika gedoen het.
Vir die wat nog nooit van hulle gehoor het nie – 32 Bataljon was die meester plan van Jan Breytenbach (Carpenter) en het bestaan uit swart Angolese soldate (gehard en veg al jare lank) wat aangevoer was deur wit RSA soldate (bloedjonk +/- 18 jaar oud).
Eddie Viljoen (Big Daddy) was die man wat hierdie eenheid die mees gevreesde eenheid in die Bosoorlog gemaak het. ’n Eenheid waar wit en swart soldate langs mekaar geveg en gesterf het en wat op die ou end deur F.W. de Klerk verraai was.
Omrede 32 in die begin jare ’n geheime eenheid was, kon hulle nooit met en in SANDF toerusting veg nie. En so het die omstaan van die kamoefleerder baret gekom.
Hulle het operasies diep in Angola gedoen en het tot vandag toe nog die grootste “kill ratio” in enige kontak gehad.
Die ouens het nie kak gevat nie. Kommunikasie tussen die swart soldate (Portugees) en die wit sersante (Afrikaans & Engels) was maar moeilik en as daar kontak geslaan was, het dinge nie altyd verloop soos mens sou dink met ’n konvensionele weermag nie. Sommige soldate sal sommer net weg hardloop terwyl ander teen baie groter magte hulle man sal staan tot die vyand weg hardloop.
Louis Bothma (skrywer en ou 32 soldaat) vertel dit net soos dit was. Hy vertel wat hy ervaar het, met ’n sekere respek vir die teen wie hy geveg het.
Gedeeltes in die boek is skrikwekkend en het my sonder woorde gelos. Dit was wreed, hartseer, skokkend en geëindig met verraad van ons eie regering...
As jy iets van ons geskiedenis wil leer dan doen jouself ’n guns en kry jou hande op Louis Bothma se “Die Buffel Struikel”.
Louis baie dankie vir hierdie ongelooflike meesterstuk. Ek het dit baie geniet. |
|
lewer kommentaar |
 |
|
Kommentaar
|
 |
 |
| Die Buffalo kamp is so 200km van ons af - is mos nou 'n wild reservaat. Al die geboue is nog daar, maar vreeslik vervalle en afgebreek. Maar mens kan net imagine hoe dit was toe dit up en running was... |
Gelewer deur : Jana - 18 Jan 2010 |
 |
 |
 |
| Dankie vir die link Tommie. Sal bietjie aanstuur na my pa...thanks man |
Gelewer deur : Henry - 13 Jan 2010 |
 |
 |
 |
Hi,
vir die wat wel belangstel. Die ou troepe wat deel van 32 Battalion was, lewe vandag in Pomfret onder moeilike onstandighede.
Die regering wil juis nou hulle uit Pomfret verwyder en die 32 Battalion se manne wat in hulle kommittee dien is tans besig met 'n hofsaak om dit te verhoed.
Die nuwe bedeeling wil niks met hulle te doen hê nie en die ou bedeeling vir wie hulle geveg het kan nie help nie.
Dus is hulle afhanklik van donasies (ou klere, etc) van die wat saam hulle geveg het.
Sou enige iemand dalk belang gestel het om te help met 'n skenking of donasie van enige aard kan in kontak kom met die kommitee wat na die manne omsien.
Vir meer inligting gaan na (http://www.32battalion.net/32%20Battalion%20Pomfret%20SOS%20Wall.htm ) |
Gelewer deur : Tommie Lamprecht - 13 Jan 2010 |
 |
|