|
Eldred & Jan se birthday by Hok 11
|
|
22 Feb 2005
|
|
|
Moet asseblief net nie skrik nie, mense. Nee, dit was nou wraggies nie my eerste kuier vir 2005 nie, maar wel die eerste een wat ek op henry.co.za kon sit, want die res was onder die Willeklong naam gedoen (www.willeklong.co.za).
Ek kan nie glo dat dit weer sulke tyd is nie. Dit voel soos gister dat ons by Eldred se Trailer Trash party was. Daai een het my woes eina gemaak, en ek was so bietjie skrikkerig toe ek weer hierdie jaar n uitnodiging gekry het. Julle wonder seker hoekom. Wel, my mensies, daardie seuns kan kuier. Hulle drink brandewyn asof dit water is en daar is niks van stop nie. So dan kom ou Henry daar aan en probeer byhou, en voor ek my kan kry, dan praat ek in 12 tale met mense wat ek nie eens ken nie.
Hok 11 vas die venue - en watse stunning venue is dit nou nie. Nee, dit is nou nie die Edward Street stunning nie. Dit is een van daai plekke waar vriende lekker saam kan kuier en nuwe pals ontmoet. Hok 11 is net so buitekant Durbanville, en is op n plaas geleë. Soos ou Vicky sal sê, is dit nou wraggies n lekker Boskroeg. Met 9 honde wat oral op die plaas rondhol, voel n mens sommer baie maklik tuis. Daar is nie van dress code en al daai nonsens nie.
Die voggies het begin vloei, en dit was nie lank voor die geselsies lekkerder en harder begin raak het nie. Die girls het soos altyd die dansbaan oopgemaak, en ek het ook maar my lyf probeer tier hou en boude gaan wikkel. Daniel en Jan het maar net gekyk en gelag vir my. Jip, dit is nou wat jy pals noem, hey...hehehe.
Die aand was stunning. Ek het later maar weggeglip, want as ek daar gebly het, sou ek nie nou hier met julle gewees het nie, maters. Ek sou seker nog steeds daar gewees het, met n dop in die hand.
Ella en Jan, baie dankie vir n stunning aand, my maters. Dit het gerock, en ons gaan nog baie jare praat oor hierdie lekker kuiers van ons.
Weereens baie dankie. |
|
lewer kommentaar |
 |
|
Kommentaar
|
 |
 |
| Net vir die rekord.....die bliksemse barman het my van R60 verneuk!!!....maar 'n ordentlike meisie stry mos nie oor so iets nie |
Gelewer deur : Elizca - 24 Feb 2005 |
 |
 |
 |
Henry, as ek daai kiekkies so kyk was dit beslis een wat die moeite werd was!!
Ek is darem bly om te sien dat die nou nie jou eerste kuier vir die jaar is nie.. hehehe, en sekerlik ook nie jou laaste nie!!
WIKKEL DAAI BOUDE!!! |
Gelewer deur : Petunia - 22 Feb 2005 |
 |
|