Namakwaland 4×4 Toer

ʼn Avontuur wat nie ontstaan om ʼn kampvuur nie, kan nie vertrou word nie – skryf dit neer as jy nie dit geweet het nie. Jy kan nie tuis sit en teug aan ʼn Rooibos tee en dink maggies dit sal nou lekker wees om die bakkies se neuse in die-en-daai rigting te stoot saam […]
Read More

Marli skiet haar 1st bok

Woensdag laat middag en ons draai weer by Thali Thali se hekke in net voor Langebaan. Net minder as ʼn week gelede het ons ʼn wonderlike familie kuiertjie daar beleef waar Jean (ons oudste) ook die geleentheid gehad het om sy 1st bok (Springbok) te skiet op sy 8st verjaarsdag by een van die buur […]
Read More

Jean skiet sy 1st bok op sy 8st verjaarsdag

7 April 2018 is ‘n datum wat ek en Marli nie gou sal vergeet nie. Dit is darem die datum toe ons groot seun, Jean, sy 1st Springbok op sy 8st verjaarsdag plat getrek het. Dit was nie net vir skiet gou ʼn bok nie…nee glad nie. Inteendeel die knaap het al van kleins af, […]
Read More

AfriCamp by Ingwe

Hoe gemaak as jy en die seuns wil gaan kamp vir Paasnaweek, maar die “beterhelfte” mooi vra dat ons vir ʼn slag iets meer geriefliker kies en vir ʼn slag nie in die bos/gramadoelas hoef te wees nie? Uhmmm. Met die dat ek nog altyd die seuns na die Adventure Land waterpark & olifant reservaat […]
Read More

10 Jaar Huweliks Herdenking

Laat ek nou vir jou ‘n ding of ses sê – as iemand vir jou noem dat die 1st 10 jaar van hulle huwelik sonskyn en rose was dan moet jy hom net daar ʼn “ligte” tik teen die ore gee, want dan praat hy wraggies louter twak. #SiesMan #MoetNieSoLiegNie Voor die ou tannies my […]
Read More

Kamp by Zevenputs

Die Weskus het ʼn bekoring van sy eie, begin ek al hoe meer agterkom. Hierdie dorre landskap met sy vars seelug en vriendelike Weskus mense, is maar net anders as die Ooskus se groen landskap en soms “ons-weet-van-beter” mense. Alhoewel die Karoo en woestyn, met al daai niks en groot vlaktes vol klip, my gunsteling […]
Read More

Ontsnap na die Sea Shack

Met die dat 2018 nie begin het soos ek gehoop het nie (eers Waterpokkies en toe die afsterwe van een van my kollegas), wou ek so gou moontlik weer aan die beweeg kom. Met “beweeg” bedoel ek dat ek daar buite in die wêreld moet wees en goed gaan beleef en verken. Met die dat […]
Read More

Zipzoom

Sondagmiddag net na kerk en die Boland se hitte is op sy stukke alweer. As ons nie vandag uit die dorp (Wellington) kom nie, gaan hierdie klein huishouding van vier mekaar waarlik vrek maak. Kinders word skreeuend in die kar gegooi (skuus, bedoel rustig geplaas) en ons skiet Durbanville se rigting in. Altydgedacht Landgoed om […]
Read More

Clikit Media spanbou @ Scootours

Dit was weer daai tyd van die jaar, waar ons span (Clikit Media) weer so bietjie stoom moes afblaas na ʼn baie interessante jaar. Soos altyd is hierdie geleentheid nie net gepaard met ʼn lekker ete & paar drankies nie, maar ook ʼn avontuur wat aangepak moet word. Almal het voorstelle vir Elzet (ons Hoof […]
Read More

Kamp by Sanddrif

Begin nou al soos ʼn tradisie raak om saam met hierdie lekker “mal” groep te kamp elke November. Lees gerus die vorige jare se artikels hier: 2015, 2016 en een vroeer die jaar. Alhoewel ons mekaar maar min in die jaar sien, is dit altyd een kamp waarna ek baie uit sien. Ek dink wat dit daai […]
Read More